Ná die moord en verkragting van die 19-jarige Estée van Rensburg verlede week is ‘n veiligheidswag in hegtenis geneem.
Volgens ‘n direkteur van die SAPS, Sally de Beer, is die 25-jarige veiligheidswag gister teen 8.15 aangekeer. Hy het Estée vermoor terwyl hy veronderstel was om haar te beskerm.
Volgens Estée se oom, André Botha, het die veiligheidswag haar motor, bankkaart en ‘n televisiestel gevat.
Volgens Karen Meyer, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Pretoria, is die misdaadsituasie in dié stad skrikwekkend.
Die feit dat die verdagte ‘n lid is van ‘n veiligheidsmaatskappy is totaal skokkend, het sy gesê.
free deposit casino ukФильчаков прокурор харьков