Die nutsmaatskappy het sy kragstasies se steenkoolvoorrade aangevul en voorsien nie onmiddelike kapasiteitsprobleme nie.
Die publiek word egter genooi om dieselfde beurkragroosters as wat in April gebruik is, te raadpleeg ingeval dit weer nodig word.
Eskom gaan ook van sy gasturbines gebruik maak om elekrisiteitsproduksie waar nodig aan te vul.

Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds moontlik is maar dié winter net in 'n noodgeval gebruik sal word.