Swazi’s wil nie meer boer nie

Hoewel die Verenigde Nasies se Voedselprogram skat dat 407 000 mense in Swaziland teen dié tyd voedselhulp sou nodig hê, benodig 665 000 Swazi’s uit ‘n totale bevolking van 953 000 nou sulke hulp.

Goeie reënval sedert die aanvang van die plantseisoen in November het die hoop laat opvlam dat daar minder afhanklikes van voedselhulp sal wees, maar Swazi’s ly toenemend honger.

Die internasionale gemeenskap het verlede jaar ingegryp om Swaziland vanweë ‘n droogte by te staan.

Ongelukkig, sê Charles Dlamini, het die mense die les geleer dat hulle nie oor oeste hoef te bekommer nie. Hulle sal kos gratis ontvang. Daar sal vir hulle gesorg word. Hierdie luiheid het tot afhanklikheid gelei en dit is waarom baie lande nie vanjaar geploeg is nie.

сауныФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae