Die verkiesingskommissie het vanmiddag die aankondiging gemaak.
Die jongste uitslae gee die Beweging vir Demokratiese Verandering 105 setels in die Parlement. Met net nog ‘n handjievol uitslae uitstaande beteken dit dat Zanu-PF 93 setels ingepalm het.
Mugabe se vorige inligtingsministerJonthan Moyo wat as onafhanklike kandidaat gestaan het, het sy setel in die 210-setelkamer behou.
