Israel deel gasmaskers uit

Israeli owerhede sal volgende jaar gasmaskers aan burgelikes uitdeel. Dié stap is aangekondig om die bevolking voor te berei op ‘n moontlike nie-konvensionele aanval.
Die hoof van Israel se nooddienste het in uitsending van die openbare uitsaaier gesê dat daar geen rede tot paniek is nie omdat daar nie agteruitgang in die veiligheidsituasie is nie.

Gasmaskers is tydens die eerste Golfoorlog in 1991 uitgedeel. Die maskers is weer teruggeneem aan die einde van 2006 om dit na te gaan vir foute.

Israelse media het bekend gemaak dat ‘n uitgebreide burgerlike weerbaarheidsoefening binnekort sal plaasvind.

ландшафтное освещение участка фотоАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae