Die aangeleentheid is uiters dringend aangesien landbou onmoontlik geraak het as gevolg van die misdaadsituasie wat daagliks agteruitgaan.
Vrystaat Landbou dreig die regering al die afgelope drie jaar met ‘n hofgeding.
Landbougrond langs die grens is niks meer werd nie omdat wetteloosheid bly heers.
Die organisasie het sy regsmense opdrag gegee om voort te gaan om hofstukke teen nege staatsdepartemente op te stel in ‘n poging om ‘n gesonde samelewing te herskep.
