Volgens die JSE se mees onlangse jaarverslag het buitelandse aandeelhouers 45% van die JSE se uitgereikte aandele aan die einde van 2007 besit. ‘n Jaar vroeër het buitelandse aandeelhouding net 18,9% verteenwoordig.
Die twee grootste aandeelhouers in die JSE is SSB & Trust met 5,13 miljoen aandele, oftewel 6%, asook Northern Trust Company – Fidelity Funds wat insgelyks 5,13 miljoen aandele of 6% besit.
Die bestuur van die JSE is nie bekommerd oor die verwikkeling nie en meen buitelanse beleggers sien genoteerde aandelebeurse as laerisikobeleggings wat ook heelwat kontant voortbring.
