SA aandelebeurs behoort aan buitelanders

Buitelanders het reeds byna die helfte van JSE Beperk, die genoteerde maatskappy wat die Johannesburgse Aandelebeurs besit, opgekoop.
Volgens die JSE se mees onlangse jaarverslag het buitelandse aandeelhouers 45% van die JSE se uitgereikte aandele aan die einde van 2007 besit. ‘n Jaar vroeër het buitelandse aandeelhouding net 18,9% verteenwoordig.

Die twee grootste aandeelhouers in die JSE is SSB & Trust met 5,13 miljoen aandele, oftewel 6%, asook Northern Trust Company – Fidelity Funds wat insgelyks 5,13 miljoen aandele of 6% besit.

Die bestuur van die JSE is nie bekommerd oor die verwikkeling nie en meen buitelanse beleggers sien genoteerde aandelebeurse as laerisikobeleggings wat ook heelwat kontant voortbring.

насосное оборудование в москвелобановский александр игоревич