Konstabel Sally Skosana sê die vergadering is vir gistermiddag belê omdat die Ekangalagebied – naby Bronkhorstspruit – vir twee weke nog geen elektrisiteit gehad het nie.
Die vergadering is vir vyfuur geskeduleer maar toe die Eskom-man nie opdaag nie, het hulle woedend geraak. Nada hy teen sesuur aangekom het, is die krag nog tydens die vergadering aangeskakel.
Intussen word ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging aan die voertuig ondersoek.
