Die joernalis, Barry Bearak, word daarvan beskuldig dat hy in Zimbabwe sonder amptelike akkreditasie as joernalis opgetree het.
Volgens die uitvoerende redakteur van die New York Times, Bill Keller, weet hulle nie waar hy aangehou word en of hy reeds aangekla is nie. Volgens Keller wend hulle alle moontlike pogings aan om sy welstand vas te stel, seker te maak dat hy veilig is en om sy spoedige vrylating te bewerkstellig.
Zimbabwe pas streng beheer oor die buitelandse media toe, maar ‘n aantal buitelandse joernaliste waag dit tans om onder dekking verslag te doen.
