Aziz Pahad,adjunkminister van Buitelandse Sake, het aan verslaggewers tydens ‘n byeenkoms met verteenwoordigers van die DRK gesê dat Suid-Afrika hulself ten doel stel om konkrete stappe te neem om bande te verstewig.
Die Veiligheidsraaddebat sal ‘n geleentheid bied om sake soos die ingewikkelde aard van huidige konflikte in Afrika te bespreek, asook post-rekonstruksie ontwikkeling en hoe om die verhouding tussen die VN en AU maksimaal aan te wend.
Die doelwit van beter samewerking met die VN word as Suid-Afrika se hooftema vir die volgende twee jaar in die voorsitterstoel van die Veiligheidsraad beskou.
