Unisa gaan fundamenteel transformeer

Die Universiteit van Suid-Afrika, andersins bekend as Unisa, gaan ‘n anti-rassismebeleid aanvaar waardeur blankes by dié instelling verminder sal word.

Volgens ‘n woordvoerder, Doreen Gough, sal die universiteit ook ontwikkelingsprogramme instel wat opleiding in rassismebewustheid sal bevat.

Die rektor, Barney Pityana, het verlede week verklaar dat die hernuwing van Unisa moet geskied deur middel van ‘n personeelkorps wat ten volle rasverteenwoordigend sal wees.

Tans verteenwoordig swart personeel slegs 42,2 persent van die totaal terwyl swartes 79,6 persent van die bevolking uitmaak. Unisa se transformasieplan gaan die rasse- en geslagsdemografie, asook die institusionele kultuur van die universiteit, fundamenteel verander.

интернет магазин для младенцевлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae