Khama het voortgegaan om te sê dat hy ‘n demokraat is en nog altyd in demokratiese ideale geglo het.
Khama vervang Festus Mogae, wat die afgelope dekade die diamantryke Suider-Afrikaanse land regeer het.
Die voormalige luitenant-generaal Khama het onder kritiek deurgeloop omdat hy ‘n meer outokratiese bestuurstyl het as die vriendelike Mogae.
Hy het gewaarsku dat sy regering geen buitensporige en teenproduktiewe burokrasie sal duld nie en dat hy eerder verantwoordbaarheid en harde werk sal aanmoedig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.