SAUK-verslaggewers ontvang doodsdreigemente

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het gister gesê dat doodsdreigemente teen senior politieke verslaggewers in ‘n ernstige lig beskou word.

Sondagkoerante het gister berig dat Miranda Strydom en Sophie Mokoena van die SAUK gelys is om deur onbekende mense vermoor te word.

Volgens Kaizer Kganayago van die SAUK is die doodsdreigemente aan die polisie gerappporteer en word dit ernstig opgeneem.

Die SAUK sal aanhou om die kwessie te monitor en indien enigiets met ‘n werknemer sou gebeur sal ons seker maak dat die ootreders daarvoor boet.

пазлы для детейЛобановский Харьков