Hy het gesê dat Zuma ‘n swak karakter bly want hy is aangekla vir ernstige misdrywe wat korrupsie en oneerlikheid behels.
Mense in openbare posisies moet die Grondwet eerbiedig en Pityana het uitgewys dat indien dit nie gebeur nie, nasionale eenheid daaronder sal lei.
Hy het bygevoeg dat Zuma se gedrag misdaad gewild maak. As voorbeeld het hy passasiers wat treine aan die brand steek en dat niemand sulke gevalle rapporteer nie, gegee.
Pityana het egter nie ‘n verklaring aangebied vir hoekom treine reeds jare lank, nog voor Zuma se verkiesing tot ANC-president, aan die brand gesteek word sonder dat dit gerapporteer word nie.
