Hoewel FIFA voortdurend oor Suid-Afrika se misdaadprobleem bekommerd was, het die land se elektrisiteitsprobleem die deurslag gegee by die neem van die besluit om die toernooi elders aan te bied.
Volgens Blatter was dit ‘n treurige stap om te neem, maar FIFA kon nie die risiko neem om in 2010 donker stadions op die wêreld se televisieskerms te vertoon nie. FIFA het sy spyt teenoor Suid-Afrika uitgespreek en die land genooi om weer aansoek te doen sodra ons elektrisiteits- en misdaadprobleme opgelos is.
