Omdat Paasnaweek dié jaar in Maart geval het, het dit bygedra tot minder verkoopsdae, het die assosiasie verklaar.
Vir Maart 2008 staan nuwe motorverkope op 27 724 eenhede wat ‘n aansienlike daling van 8 314, of 23,1%, motors beteken, in vergelyking met 36 038 nuwe motors wat gedurende Maart verlede jaar verkoop is.
Aanvraag in die nuwe motormark het heelwat verswak in die afgelope paar maande, volgens Naamsa, as gevolg van die kumulatiewe effek van rentekoersverhogings en druk op besteebare inkomste vanweë stygende energie-, voedsel- en brandstofpryse.
