‘n Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is.
‘n Woordvoerder vir Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel nadat hulle skote by die The Bridge-winkelsentrum in die middestad gehoor het.
Mamonyane het gesê drie rowers het ʼn juwelierswarewinkel beroof en ʼn veiligheidswag geskiet en gewond.
“‘n Skietery het tussen die polisie en die rowers uitgebreek en een van die beamptes is raakgeskiet.”
Dit is nog nie duidelik of van die rowers ook gewond is nie.
Die verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – Sapa
Die koplose lyk van ‘n man is in ‘n veld in Klerksdorp gevind, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê.
Kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die lyk, wat tekens van ontbinding getoon het, is Sondag deur ‘n verbyganger in die Oudorp-township gevind.
‘n Laerskoolhoof van Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier laat vermoor het.
Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die ontvoering en moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was ook haar buurman.
Magalefa was die skoolhoof van die Nkotolane-laerskool in Mmametlhake naby KwaMhlanga.
“Toe sy van die werk af teruggekeer het, het sy besef daar is by haar huis ingebreek en dat juweliersware en R800 gesteel is,” het sers. Hastings Chaane, polisiewoordvoerder, Maandag aan die African Eye News Service gesê.
“Sy was vas onder die indruk dat die oorledene betrokke was by die inbraak en het drie mans gehuur om hom op te spoor.”
Chaane het gesê die drie mans het Moseta in Pretoria, sowat 80 km buite Mmametlhake, gevind.
“Hulle het sy hande en voete met ‘n tou vasgebind en teruggekeer na Mmametlhake. Daar het hulle, op instruksie van Magalefa, hom die bosse ingeneem en hom doodgeslaan.”
Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle Moseta se lyk in ‘n plas bloed gevind.
Regter Festus Gura het in sy uitspraak gesê dit was duidelik dat Magalefa beplan het om Moseta te vermoor.
Die drie mans wat Magalefa gehuur het om Moseta op te spoor, is onskuldig bevind en Gura het gesê daar is geen bewyse dat hulle betrokke was by die moord nie.
Magalefa is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en drie jaar vir ontvoering. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. – Sapa
Die DemokratieseAlliansie (DA) het begin metdie tweede fase vandieparty se “Ken JouDA“-veldtoginJohannesburg.
Die eerste fasehet erge omstredenheid veroorsaakomdat die partydie verhaal vanhoe hulle eintlik in die stryd teenapartheid gevoer het, probeer monopoliseer het.
Ditsluit ookdievrystelling van ‘npamflet in waarvoormalige presidentNelsonMandelaen aktivisHelenSuzmanomhelsmetdie bewoording:“Ons hetons deel gedoen om apartheid teen te staan”.
Die ANChet woedend op dieveldtog gereageer en dit as ‘n “sinieseenopportunistieseoefeninginpropaganda” afgemaak.
DieDAsePremierskandidaat virGautengMmusiMaimanehet gesê die partywil hê dat‘n Suid-Afrika moet bou aan môre.“Ons wou onsondersteuningvir ‘n breë-gebaseerdeswart ekonomiese bemagtiging bevestig,asook na die kwessievangrondhervorming.Ons het ookgekyk naons ondersteuningvir maatskaplike toelaesen ons wil seker maakdat onsin die historieseerfenis [van ongelykheid] aanspreek ten einde ‘ntoekomsvoor te bereiwaaralle Suid-Afrikanersingesluit word.“
Hy het bygevoeg:“Ons teenstandersdikwelssê dat indien dieDAaan bewindkom sal ons mense semaatskaplike toelaes wegneem en apartheid terugbring watabsoluteonsin is,” sêMaimane. – Sapa
Duitsland het nou hard en duidelik sy stem gevoeg by die Europese Unie (EU) se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat onlangs skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU.
Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit blyk dat Suid-Afrika se strewe om transformasie bo goeie betrekkinge met sy handelsvennote te stel, een van die hoofredes is dat hy toenemend nie beleggingsbeskermingskontrakte as deel van sy ooreenkomste met EU-lidlande wil hernieu nie.
Suid-Afrika het vroeër vanjaar reeds handelsooreenkomste met België en Spanje verbreek.
Volgens adv. Alberts is Duitsland duidelik ‘rusteloos’ omdat Suid-Afrika moontlik nie ‘n nuwe ooreenkoms met hom gaan sluit nie.
“Duitsland is ‘n belangrike deel van die EU, en indien sy kontrak nie hernieu word nie, gaan Suid-Afrika toenemend handelsprobleme ondervind met die EU-lande.
“Dis ook duidelik dat die ANC-regering sluik-onteiening in die vooruitsig stel waardeur hy regte wegneem op so ‘n wyse dat dit nie aan die formele definisie van onteiening voldoen nie, soos met mineraleregte.
“Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne bepaal in ‘n neutedop dat alle onontginde minerale- en petroleumprodukte die gemeenskaplike erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika is met die staat wat dit in trust hou namens die publiek.
“Indien die staat nie regte self toeëien nie, maar dit eensydig wegneem ter wille van die openbare belang, kan bykans enigiets eensydig vervreem word. ‘n Toetssaak hieroor in die Grondwethof het reeds ten gunste van die staat beslis.
“Die ANC wil juis nie beleggingsooreenkomste hê nie aangesien dit steeds voorsiening sal maak vir vergoeding waar sluik-onteiening plaasvind. Sonder die ooreenkomste kan die regering nie deur ander state gedwing word om vergoeding te betaal vir vervreemde bates nie,” sê adv. Alberts.
Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, het in ‘n toespraak verlede week daarop klem gelê dat enige belegging riskant is, en dat dit ononderhandelbaar vir voornemende beleggers is om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.
Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.
Volgens adv. Alberts is dr. Freitag se versoeke dat die Suid-Afrikaanse regering ‘openlik, eerlik en deursigtig’ oor handelsbetrekkinge moet wees, ‘n duidelike bewys daarvan dat Duitsland meen dit is tans nie die geval nie.
SasolburgsegemeenskapsradiostasieKaraboFMisafgebrandin‘n oënskynlikebrandstigtingsaanval, het direksievoorsitter,SamMkhwanazigesê.
“Twee gewapende manswathul gesigte verberg het, het indie ateljeeingekom met 25literpetrol.Hullehet ditSaterdagnagoral uitgegooi endaarna dieplekaan die brand gesteek,” het hygesê.
Hy het gesê dietweehet beveel dat dieaanbieder in die ateljee die gebou verlaat voordat hulle dit aan die brand gesteek het om 21:00.
“Onsweet nie hoekomdie stasie [af]gebrand is nie.Diehele gebouis vernietig en ons harde werkvan vyf jaar is vernietig binnetweeminute...“
Hy het gesêdie stasiehet ‘nnormale verhoudingmet die inwonersinSasolburgenhy kannieverstaan hoekom menseverkies het om ditaf te brand nie.
“Mensewas lief vir diestasie, dit is ‘n grootverlies vir ons,” het hygesê.
Vrystaat se polisie wasnie dadelik beskikbaarvir kommentaar nie. – Sapa
Waarnemende hoof van misdaadintelligensie Chris Ngcobo het nie sy pos verlaat nie, het die SAPD gesê.
“Hy is nog steeds in sy pos, hy het nie uit die posisie getree nie,” het ‘n woordvoerder lt.genl Solomon Makgale gesê.
City Press het berig dat Ncgobo uit sy posisie getree het as ‘n gevolg van ondermyning deur ‘n pro-Richard Mdluli-faksie.
Volgens die koerant is Ncgobo amper ‘n maand gelede uit misdaadintelligensie se hoofkantoor na die veiligheids- en beskermingsdienste .
Ncgobo woon glo nie vergaderings by nie en het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega en die toppolisiebestuur ingelig dat hy nie sal terugkeer na sy pos nie.
Ncgobo het oorgeneem nadat Mdluli verlede jaar geskors is te midde van aanklagte van bedrog en korrupsie, asook die moord op sy voormalige vriendin se man .
‘n Geregtelike doodsondersoek het hom van enige betrokkenheid by die dood van sy voormalige vriendin se man onthef. Die aanklagte van bedrog en korrupsie is later almal ook teruggetrek .
Hy is later egter weer geskors in 2012 na sy heraanstelling, in afwagting van ‘n hofaansoek deur die drukgroep Freedom Under Law (FUL) om die onttrekking van die kriminele en dissiplinêre aanklagte teen hom te hersien.
DieMdluli–gevalis ‘n belangriketoetsvir dieDemokratiese Alliansie se poging omdiehoweteen president Zumate gebruik.
Die party voer aan dat die Zuma-administrasiedie weg gebaanhet virverpolitiseerdeaanstellings, insluitend dié vanMdluli,van diewaarnemendenasionaledirekteur van openbare vervolging, advNomgcoboJiba,endie hoof van diegespesialiseerdehandelsmisdaadeenheid, advLawrenceMrwebi. – Sapa
Bekroonde vrouemotorjoernalisMelindaFergusonhet‘n rareR3.2 miljoenFerrariCalifornia verongeluk, terwyl sy besig was om die motor te toets–bestuur.
Volgens die SundayTimes,het die voorvalverlede week inJohannesburg gebeur toeFergusongebots hetmet ‘nMitsubishiPajero.
Die blits van ‘n V8 GT, wat338kWsekrag lewer is tansby die Italiaanse Viglietti-motorhandelaarinJohannesburgomgeëvalueer te word.
Fergusonis die skrywervan ‘n memoir oorhaar strydmetdwelmverslawing,enTheKellyKhumaloStory.Sy is motor-redakteur bydie tydskrif True Loveen bedryf dieGirlTorque–blog.
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê duisende van sy lede in die motorbedryf begin vandag staak. Dit sluit petroljoggies en vakbondlede by onderdelehandelaars, paneelkloppers en motorwerkswinkels in.
Motoriste is gewaarsku om seker te maak dat hulle brandstof het voordat petroljoggies Maandag ophou werk.
Die vakbond NUMSA het bevestig dat samesprekings met werkgewers vasgeval het.
Die woordvoerder van die vakbond, Karl Cloete, het gesê die staking sal in Gauteng begin, terwyl die ander provinsies Woensdag en Donderdag by die arbeidsoptrede sal aansluit.
Optogte word Maandag in Randburg en Kaapstad beplan.
NUMSA eis ‘n verhoging van R30 per uur in alle sektore vir werkers wat meer as R6 000 verdien. Hulle eis ook ‘n nagskoftoelaag van 20 persent van die normale loon, en ‘n middagskoftoelaag van 15 persent.
Cloete sê Numsa verteenwoordig sowat 70 000 werkers in dié sektor.
Die mynwerkersvakbond AMCU sal na verwagting dié week ook begin staak nadat die ander vakbond – die NUM – sy staking by goudmyne verlede week opgeskort het.
Lede van AMCU het by ‘n massavergadering op Carletonville aan die verre Wes-Rand ten gunste van ‘n staking gestem nadat hulle ‘n salarisaanbod van agt persent van die hand gewys het.
AMCU eis R12 500 vir werkers op intreevlak, maar goudprodusente sê die verhogings is onrealisties in ‘n sukkelende ekonomiese klimaat.