Die DA – ‘n party vir Sjinese?

Die Volksrepubliek van Sjina, wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe aktief steun en ook in Angola besig is om groot invloed uit te oefen, het so pas 'n nuwe bondgenoot in die vorm van die DA verkry.
Volgens DA-woordvoerder Anchen Dreyer "het Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring". Die feit dat Sjina besig is met 'n geopolitieke spel in Suider-Afrika en dat Sjinese ook by allerlei onwettige bedrywighede in Suid-Afrika betrokke is, gaan blykbaar aan die party verby.

Oor hoeveel Sjinese kiesers beskik die DA? wil mens vra. Terwyl die DA uit sy pad gaan om Sjinese belange te verdedig, swyg die party gewoonlik soos die graf as Afrikanerbelange ter sprake is. Nietemin verteenwoordig Afrikaners ten minste vyftig persent van die DA se kiesers.

'n Ander aspek van die DA se uitsprake is dat die party die ANC die loef probeer afsteek as dit by politieke korrektheid kom. Ook in die huidige geval word die ANC daarvan beskuldig dat hy "rassisties" teenoor Sjinese optree. Dit wil voorkom asof die DA wil toon dat hy 'n beter ANC kan wees as die ANC self – weereens terwyl sy eie kiesers en ondersteuners se belange versaak word.

Die Afrikanerkieser is moeg vir sogenaamde opposisiepartye wat hard skree oor ideologiese kwessies soos rassisme, terwyl grondhervorming, misdaad en korrupsie nie aangespreek word nie of baie min aandag kry.

светодиодный линейный светильник geniledлобановский александр дети

Om revolusiegod te behaag sal Mbeki honger bring

Vandeesweek is daar ‘n internasionale spitsberaad oor voedselsekerheid in Rome gehou. Oor die afgelope vyf jaar het die wêreld naamlik meer voedsel verbruik as wat hy geproduseer het en sodoende opgehoopte oorskotte uit die verlede begin opgebruik.

Terwyl daar toenemende internasionale kommer heers oor stygende voedselpryse wat ook negatief deur die hemelhoë olieprys beïnvloed word, is die ANC-regering besig om die landbou as ‘n proefkonyn te sien vir kwasi-kommunistiese eksperimente in kollektiewe eienaarskap en “sosiale geregtigheid”.

Ongeag die mislukking van “grondhervorming” in Zimbabwe, gaan dié beleid in Suid-Afrika toegepas word met die summiere onteiening van landbougrond wat deur die nuwe onteieningswet moontlik gemaak word.

Suid-Afrikaanse voedselpryse styg reeds vinniger as die algemene inflasiekoers met vele boere wat bankrot speel vanweë stygende insetkoste. Die winsaandeel van supermarkte in die voedselketting is egter besig om te styg terwyl dié van die produsente daal.

In sy onverantwoordelike omgang met een van die mees basiese behoeftes van enige land en sy bevolking – voedselsekerheid – toon die ANC dat hy steeds vasklou aan sy Afro-revolusionêre beginsels en dat die gematigde politieke masker wat hy aan die media en aan die buiteland voorhou, net oëverblindery is. Mbeki is van dieselfde stoffasie as ‘n Mugabe, ‘n Mengistu of ‘n Machel gemaak en sal sy eie bevolking laat verhonger ten einde sy revolusiegod te behaag.

Soos ons reeds voorheen in dié ruimte geargumenteer het, sal die Afrikaner sy eie noodplan moet opstel om ons mense te kan kos gee indien regeringsbeleid tot sy onvermydelike resultaat van grootskaalse voedseltekorte en -inflasie lei.

Soveel Afrikaners is steeds besig om met gevoude hande die naderende krisis gade te slaan. Nou, meer as ooit, is dit die tyd vir besielende leierskap, om ons mense in dié krisisuur bymekaar te bring en te mobiliseer om die bedreiging van voedseltekorte die hoof te bied. Om nie te praat van die onstabiliteit wat gaan volg as die honger massas van Afrika wat oor die afgelope tien jaar rondom ons stede versamel is, ook ten alle koste gaan poog om ‘n volgende ete in die hande te kry nie.

воздушный компрессор безлобановский александр харьков

Sirkus rondom Hlope takel regstelsel af

Die huidige sirkus rondom John Hlope, die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof, is maar die jongste in 'n hele reeks sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Hlope was al herhaaldelik in die nuus omdat hy blanke advokate van rassisme beskuldig het.

Hy het hom ook al teen die gebruik van Afrikaans as hoftaal uitgespreek. Hlope is 'n nar wat nie bekwaam is om 'n regter – laat staan nog 'n hoofregter – te wees nie.

Blykbaar het Hlope onlangs gepoog om die Grondwethof te beïnvloed om 'n gunstige uitspraak in een van die Zuma-sake te lewer. Die feit dat die Grondwethof Hlope se poging verwerp het, sê minder oor die onpartydigheid van dié instelling as wat dit aandui dat daardie hof waarskynlik tot die Mbeki-kamp behoort.

Die Grondwethof self is gelaai met oorwegend linkse, anti-Afrikaanse regters wat blote marionette van die ANC-bewind is. Noudat daar 'n faksiegeveg binne die ANC heers, baklei die regters ook onder mekaar.

Die Suid-Afrikaanse regbank het 'n trotse geskiedenis van onafhanklikheid wat deur sowel die ou Boererepublieke as die Britse koloniale administrasies in Natal en die Kaapprovinsie gevestig is. Die manier waarop die regbank sedert 1994 die speelbal van politici geword het, verteenwoordig 'n aspek van Suid-Afrika se toenemende verval in misdaad en wanorde.

 

free pokerЛобановский

Immigrante: moet ons die wet verontagsaam?

Die aanvalle op vreemdelinge wat die afgelope weke op buitelanders binne Suid-Afrika se landsgrense plaasgevind het, word allerweë aan “xenofobie” of vreemdelingehaat toegeskryf. Maar onderliggend aan die probleem is die feit dat die ANC-regering sy eie wette oor grensbeheer verontagsaam.

Indien daar nie in die eerste plek miljoene onwettiges oor ons grense gestroom het nie, sou die huidige etniese konflik tussen buitelanders en die plaaslike swart bevolking nie ontstaan het nie.

Soos vele internasionale kenners al aangetoon het, lei bevolkingsverskuiwings met gepaardgaande chaotiese verstedeliking vanself tot wrywing en geweld. Soos gewoonlik probeer die linkse koerante en meningsvormers ons oortuig dat dit hier gaan om ‘n morele probleem rondom “xenofobie”.

Inteendeel, dit het niks met moraliteit te make nie, maar met die wetlike orde rondom grensbeheer wat in Suid-Afrika besig is om te verval. In Europa bestaan daar streng immigrasiebeheer. Daar is selfs ‘n organisasie gestig, Frontex, wat veronderstel is om onwettiges te keer nog voordat hulle hul lande van herkoms verlaat. Die kus van Senegal en ander Afrikalande word gepatrolleer om te sorg dat onwettiges nie sulke lande mag verlaat nie.

Onwettige immigrasie is die grootste enkele probleem wat Suid-Afrika in die gesig staar. In Afrika suid van die Sahara woon 600 miljoen van die armste mense ter wêreld op wie die helder liggies van Johannesburg en Pretoria ‘n magnetiese aantrekkingskrag uitoefen. Indien grensbeheer so laks plaasvind soos tans, gaan die menslike golf wat op ons toesak net groter word en gaan die huidige stamgevegte tussen buitelanders en plaaslike swartes net verhewig.

Afrikaners sal ook dringend moet besin oor hoe ons in die huidige omstandighede gaan oorleef. Ons sal móét konsolideer binne ‘n kleiner gebied waar wette gehandhaaf en grensbeheer behoorlik toegepas kan word.

bride to be necklaceДанильченео

Zuma, ANC speel met vuur

Jacob Zuma se populistiese oproep om vinniger grondhervorming is kommerwekkend, om die minste te sê. Die wêreld staar ’n voedselkrisis in die gesig, met tekorte aan graan, melk, vleis en ander stapelvoedselsoorte.

In Suid-Afrika bestaan daar drie faktore wat voedselsekerheid nadeling beïnvloed: die styging in energiepryse, sowel diesel as elektrisiteit; die ineenstorting van die Landbank weens onbekwaamheid en korrupsie; asook les bes, die ANC se onbesonne grondhervormingsbeleid.

Elders op hierdie blad berig ons oor die debakel in die Limpopoprovinsie waar R300 miljoen op besproeiingskemas bestee is, maar waarvan slegs 2 uit 100 van die skemas gewerk het. Gruverhale oor welvarende plase wat tot silstand kom na “grondhervorming” is legio en dié soort vermorsing deur die provinsiale landboudepartement verbaas dus geensins nie.

Dit wil voorkom asof Suid-Afrika geen les uit die ervaring in Zimabwe geleer het nie. Om ideologiese en rassistiese redes (want wat is "grondhervorming" anders as bedekte rassisme teen blanke boere?) gaan die land dalk binnekort in hongersnood gedompel word terwyl wêreldvoedselvoorrade die laagste sedert 1980 is.

Afrikaners is in die gelukkige posisie dat ons steeds familie en vriende het wat boer. In ’n noodgeval sal ons waarskynlik vanaf die platteland voedselvoorrade kan bekom.

Gegewe die onsekerheid rondom voedselsekerheid in die land, sal verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies en landbou-unies vroegtydig noodplanne moet saamstel indien kos in die land skaars sou raak. Dat geweld onder sulke omstandighede sal uitbreek soos wat miljoene honger mense poog om hulself ten alle koste te voed, spreek vanself.

Net soos in Zimbabwe, skep grondhervorming in Suid-Afrika ’n onsekere toestand wat die voortbestaan van die Afrikanervolk in die gedrang mag bring.

сделать мед справкуФільчаков Олександр Васильович

Vryheidsdag sonder vryheid

ʼn Johannesburgse Engelstalige koerantgroep het oor die lang naweek ʼn meningsopname oor Vryheidsdag op hul webwerf geloop. Die vraag was: Het jy vry gevoel op Vryheidsdag?

Meer as die helfte (58%) het “nee” geantwoord, terwyl 31% se reaksie was: “wie gee om?” Slegs 11% van respondente het “ja” geantwoord.

Dié menings verskaf ʼn aanduiding van hoe min Suid-Afrika se mengelmoes inwoners omgee vir die dag wat by gebrek aan enige ander datum as nasionale dag beskou word. Veral in die Afrikanergemeenskap word die sogenaamde Vryheidsdag met onverskilligheid, sinisme en selfs vyandigheid bejeën.

Vryheid sonder inhoud is geen vryheid nie. Hoewel Suid-Afrika oor ʼn liberaal-demokratiese grondwet beskik, word feitlik alle regte daarin daagliks geskend. Die reg op lewe, vryheid van assosiasie, vryheid van spraak, die reg om mens se eie taal en kultuur te gebruik, vryheid van diskriminasie op grond van ras of afkoms, dit alles bestaan net gedeeltelik of glad nie in die huidige Suid-Afrika nie.

Dat die inwoners van Suid-Afrika so afsydig staan teenoor hul veronderstelde nasionale dag, is daarom nie verbasend nie.

Dit sou meer sin maak om die dag geheel en al af te skaf en die verskillende volkere, nasies en etniese groepe wat die land bewoon toe te laat om hul eie nasionale dae te vier.

Vele Afrikaners voel steeds patrioties oor 31 Mei, die dag toe die Vrede van Vereeniging gesluit is, maar ook die datum waarop die Derde Republiek in 1961 uitgeroep is. Afrikaners behoort op dié dag bymekaar te kom om oor hul verlede en toekoms te besin. Dit kan selfs internasionaal deur Afrikaners wat tans regoor die aardbol versprei is, gevier word.

Terwyl Vryheidsdag in die vergetelheid versink as net nog ʼn dag van lae produktiwiteit in Suid-Afrika, kan die glorie van Republiekdag onder ons mense herleef.

самовыравнивающиеся смеси купитьЛобановский

Omskep vernedering in eer

Die ANC se president, Jacob Zuma, het verlede week op versoek van die vakbond Solidariteit ‘n verarmde blanke gemeenskap besoek.

Maar vir menige volksgenoot wat oor die kykkassie se nuus gekyk het na dié besoek, was dit in wese vernederend om te sien hoe ‘n Afrikanervrou haar gebroke Engels moet uithaal om by ‘n nie-Afrikaans verstanende Jacob Zuma te pleit dat hy tog elektrisiteit moet gee.  Dit was hartverskeurend enersyds, maar vernederend andersyds om te sien hoe dié vrou byna huilend vertel dat hulle geen elektrisiteit het nie, en of Zuma tog nie maar iets daaraan kan doen nie.  Dit, terwyl Zuma se lyftaal nie besondere simpatie getoon het nie toe hy aandagtig die lug bespied het en slegs kon sê: “Ek is geskok, ek is geskok”.  In Engels natuurlik.

Wat ‘n tragiese dag dat ons eie mense by volksvreemdes moet soebat en pleit om aalmoese.

Ja, natuurlik kan ons die regering met sy affirmative action, swart bevoordeling en blanke haat daarvoor blameer.  En ons doen dit daagliks.

Maar as ons moet sien en toelaat dat ons selfs maatskaplike heil by volksvreemdes moet gaan soek, is daar ‘n geweldige aanklag teen onsself en teen ons kerke.  Waarom is ons as Afrikanergemeenskap nie betrokke by die mense nie?  Waarom het niemand dan al ‘n kragopwekkertjie vir noodgevalle aan die mense voorsien nie?  Natuurlik is dit pragtig om te sien hoedat ‘n bejaarde vrou, wat eers in ‘n watertenk gebly het, nou in ‘n netjiese houthuisie haar intrek kon neem.  Maar die nood is veel groter as dit.

Mense wat werk en inkomste het, kla al dat brandstof- en voedselpryse onbetaalbaar word.  Hoeveel te meer moet dit nie ons verarmde volksgenote raak nie?

Inderdaad is daar ongelukkig ook diegene wat nie belangstel in werk nie, of dit wat hulle kry, verkwansel om voorsiening te maak vir die plesiertjies en sondes van die lewe.  Maar dat armoede ‘n al groter kruipende effek op ons volksgenote het, is waar, en ons sal meer betrokke moet raak en meer innoverend moet dink oor hoe ONS die saak gaan hanteer, want dit mag eenvoudig nooit weer gebeur dat ons verarmde volksgenote by ‘n volksvreemde voor die oë van die wêreld vernederend moet smeek vir aalmoese nie.

Die verarmde volksgenote sal egter ook moet besef dat hulle self die vis moet leer vang, in plaas daarvan om te wag dat die vis elke dag afgelewer word.  Juis met die steeds stygende voedselpryse, en die toenemende skaarsheid van sekere vars produkte, kan dit geleenthede skep vir die vestiging van ‘n soort kibboets-stelsel, waar elkeen sy of haar bydraetjie kan maak om selfversorgend te word, en selfs ekstra te produseer vir die aankoop van ander noodsaaklikhede.

Maar netso belangrik is die rol van ons volkseie welsynsorganisasies.  Dié instellings kan op ‘n tydstip soos dié nie self welsynsgevalle wees nie.  Hulle moet gerat word, bemagtig, om dan die modewoord te gebruik, om volledige diens te lewer.  As ‘n boer ‘n vrag aartappels vir hulpbehoewendes beskikbaar stel, moet daar nie van hom verwag word om dit nog te kom aflewer ook nie.  As iemand ‘n yskas wil skenk, moet die afwesigheid van ‘n bakkie om dit te gaan haal, nie in die pad staan van moontlike verligting wat in ‘n huishouding gebring kan word nie.

En laastens sal veral kinders en kleinkinders weer moet besin oor die Skriftuurlike opdrag om na sy bejaardes en armes om te sien.  Dit bly ons plig, ons s’n alleen, om na ons ou en arm volksgenote om te sien.  Nie Jacob Zuma s’n nie.  Dan kan ons vernedering in eer omskep, want almal weet tog hoe lekker dit is om te kan deel en te kan uitdeel, en sodoende ook ons oumense en armes ‘n eervolle en waardige bestaan gee.

архитектурная подсветка и освещение зданийлобановский депутат

Minderjariges behoort nie eed te sweer

Die Christelike etos bepaal dat die aflegging van ’n eed by hoë uitsondering en onder baie spesiale omstandighede mag geskied omdat dit ’n vaste onderneming teenoor God en bindend op die gewete is.

Daar is heelparty kerkgenootskappe wat die aflegging van ’n eed geheel en al afkeur en selfs verbied. 

Die belydenis van geloof, wat gelowiges by elke erediens aflê, is nie ’n eed nie, maar ’n belydenis. Tog word dit as ’n baie ernstige geestelike onderneming bejeen.

In die Romeins-Hollandse reg word die neem van die eed “dat die waarheid en niks anders as die waarheid” in getuienis gelewer sal word, nie onverbiddelik afgedwing nie. ’n Getuie kry byvoorbeeld die keuse om dit aan die hof te stel dat hy of sy bevestig dat hy of sy die waarheid en niks anders as die waarheid in sy of haar getuienis sal praat.

Wanneer ’n getuie dan hierdie eed of bevestiging verbreek deur onwaarhede tydens die lewering van getuienis te verkondig, en daardie doelbewuste onwaarhede kan bewys word, word die getuie ingevolge wetgewing van meineed aangekla en by skuldigbevinding in ’n hof swaar gestraf.

Op die hoogste vlak van ’n georganiseerde samelewing van die hoogste orde is die neem van ’n eed deur ’n landsburger dus opsioneel en word ’n baie hoë premie op daardie keuse geplaas. Die aflegging van ’n eed is dus iets baie buitengewoons en behoort nooit ligtelik gedoen te word nie.

Van kinders wat nie mondig is nie en ook nie stemreg het nie­ ­- en dus by implikasie nie die gewigtigheid van die neem van ’n eed ten volle kan besef nie – kan nie verwag word om ’n eed binne ’n openbare opvoedingsopset  af te lê omdat die betrokke onderwysdepartement dit voorskryf nie.

для компрессораФильчаков

Maas is ‘n ploert sonder talent

ImageTim du Plessis het vir Deon Maas die trekpas gegee nav sy omstrede "rubriek" oor Satanisme. In laasgenoemde verband vlei ek die snert wat Maas soos gewoonlik kwytgeraak het met die term rubriek. Goedkoop sensasiesoekery wat deur ‘n skooldogtertjie uitgedink kon wees, sou ‘n veel beter beskrywing wees van dit wat hy geskryf het.

Ongelukkig is bostaande besluit om die verkeerde redes geneem, naamlik omdat Du Plessis bang was vir die inkomste wat hy kon verloor agv die boikot waarmee Rapport gedreig is.

Die regte rede sou gewees het omdat Maas nooit daar moes gewees het nie. Hy is ‘n onbenullige dog verwaande klein ploert met hoegenaamd niks om te sê nie, ‘n persoon sonder enige opsigtelike talent. Sy skrywes skiet op bykans alle terreine tekort: ingeligtheid, pittigheid, insig en intelligensie.

Die ware skandaal is nie dat Maas goedkoop sensasie gesoek het met ‘n deursigtige poging om Christene te provokeer nie. Dit is eerder dat Naspers sy eie lesers so erg onderskat en minag deur Maas se soort op hulle los te laat.

Terwyl Du Plessis klaarblyklik op die oorlogspad is en besig is om van die dooie hout in sy publikasie ontslae te raak, stel ek voor hy lê die byl in met die ander onderpresteerders wie se gegriffel ons Sondag op Sondag verveel. Begin gerus met Heinrich Wyngaard, Jacob Rooi en die ander regstellende-aksie-aanstellings.

live cassinoФильчаков прокуратура харьков

Geen Bokondersteuners in Soweto

Verlede week het die Engelse media ‘n bykans histeriese veldtog geloods om druk te plaas op die Springbokke om ook na Soweto te gaan. Koerantopskrifte in publikasies soos The Star en Pretoria News het ten hemele geprotesteer oor die besluit om die optog deur Soweto te skrap.

Die Springbokke sou glo ‘n "gulde geleentheid vir nasiebou" misgeloop het deur nie deur Soweto te ry nie. Visioene is geskep van 99.8% van Soweto se bevolking, selfs oues van dae en diegene op krukke, wat die paaie sou bestrooi met palmtakke in hul ongelooflike entoesiasme om hul helde te sien.

Die SAUK berig egter vanoggend dat die optog deur Soweto kwalik enige belangstelling ontlok het. Die bus het dit nie eens nodig gevind om stil te hou nie, en is stilletjies, indien nie druipstert nie, na Houghton. Daar was volgens die SAUK glo slegs "enkele" belangstellendes. In Houghton het die Springbokke met walglike politieke korrektheid dit nodig gevind om ‘n "Black Power" saluut – ‘n gebalde vuis – saam met ‘n kens ou terroris te gee.

Volgens die SAUK is die reën moontlik te blameer vir die inwoners van Soweto se volslae gebrek aan entoesiasme. Van die feit dat dit ook in Pretoria gereën het tydens die optog, en dat daar desnieteenstaande wel groot belangstelling in Pretoria was, word egter geen woord gerep nie.

Die Engelse media wat so te velde getrek het teen die besluit om die optog af te las, het Maandag geen woord gerep oor die totale mislukking wat die optog in Soweto was nie. Hieroor hoef ons nie verbaas te wees nie, gegewe dat die gewaande swart entoesiasme vir rugby en warm gevoelens van sogenaamde nasionale samehorigheid, blote verbeeldingsvlugte van propagandasaaiende, Engelse joernaliste is.

картаФильчаков прокурор харькова

Naspers se PK-vlagskip sneuwel

Insig, Naspers se mees linkse en polities korrekte tydskrif, het aangekondig dat hy ná twintig jaar publikasie gaan staak. In die onlangse tyd het die tydskrif verskeie redaktrises gehad, maar het konstant sirkulasie verloor en kon nie die mas opkom nie.

Oor die algemeen beleef Afrikaanse tydskrifte ’n bloeityd, soos nismarktydskrifte in die trant van Weg, Visi en ander bewys het. Daarom kan die vraag seker gevra word waarom Insig, met die grootste persgroep in die land agter hom, nie kon slaag nie.

Die rede is myns insiens nie ver te soek nie: Insig het deur sy volgehoue politieke korrektheid, linkse inslag met die bedekte of openlike propagering van rasgemengde verhoudings, kritiek op heteroseksueliteit, asook die stelselmatige verguising van die Afrikaneridentiteit, sy eie lesers van hom vervreem.

Wat met Insig gebeur het, kan egter met elkeen van Naspers se publikasies gebeur. Ek was op ’n keer aan tafel met ’n redakteur van so ’n publikasie wat aan my vertel het dat daar ’n algemene strategie bestaan om die ideologiese inhoud te druk in die rigting van Afrikaner-assimilasie, asook die aanvaarding van meer en meer inhoud oor swart of bruin figure en die vermindering van ruimte wat aan Afrikaners bestee word.

Soos dit aan my gestel is, “Ons is altyd bekommerd dat ons te vinnig vir die volk beweeg. Ons móét voor die volk bly, maar as hulle te ver agter raak, werk dit ook nie.”

Waarheen Naspers presies met ons op pad is, is ’n goeie vraag. As mens egter na die uitsprake van hul kommentators soos Hein Willemse, Jakes Gerwel, Max du Preez, Jonathan Jansen en ander luister, dan behels dit ’n plek waar daar nie meer Afrikaners gaan wees nie en waar mense in die vorm gegiet sal wees waarin die ANC in sy totalitêre waansin wil hê ons gegiet moet word.

Insig was, benewens sy boekeblad wat deur belangstellendes in die Afrikaanse letterkunde gelees is, by uitstek propagandablad. Max du Preez en ander het gereeld hul sedelessies oor apartheidskuld gelewer en elke patriotiese of lojale Afrikaner wat hetsy by die taalstryd betrokke is, hetsy kritiek op ons oorheersing lewer, dikwels in die kruste terme denkbaar as ’n Nazi, rassis of ver-regse uitgekryt op ’n manier wat aan die verstokte taal van die Bresjnef-Andropof-tydvak in die Sowjetunie herinner.

Die mislukking van Insig stuur daarom ’n belangrike sein uit dat die volk en veral sy lesers nou besig is om al “verder agter te raak” in die Naspers-idioom. Waarskynlik sal die persgroep self die laaste wees om die skrif aan die muur te lees, maar hopelik verskyn daar binnekort publikasies wat Afrikaners sal gee wat hulle wil lees en nie wat die PK-bende in Heerengracht 40 of die regime dink ons behóórt te lees nie.

оборудование россияАлександр Фильчаков Васильевич

Grondhervorming laat voedselpryse styg

ImageVolgens die Financial Mail, vind daar tans ‘n dramatiese styging in voedsel-, en spesifiek mieliepryse, plaas.
 
Dis arm mense wat die ergste getref word hierdeur. Volgens die berig maak voedsel meer as 50% van arm (swart) huishoudings se totale  uitgawes uit.
 
Suid-Afrika se landbou is in ‘n toestand van terminale verval, as ‘n  regstreekse gevolg van die regime se obsessie daarmee om blanke boere  van hul grond te verjaag. Binne die tien jaar sedert 1994 het die aantal plase met 25% gekrimp.
Boere wil nie meer investeer in grond of toerusting nie, as gevolg van onsekerheid wat deur die regime se ideologiese waansin veroorsaak word. Die regime weier ook om te begryp dat landbou uiters sensitief vir skaal-ekonomie is. Moderne, lewensvatbare plase is beide groot en word as kapitaalintensiewe nywerhede bedryf. Bestaansboerdery sonder kundigheid of kapitaal op klein lappies grond wat deur grondhervorming veroorsaak word, waarborg slegs ‘n sukkelbestaan vir enkeles. Binne ‘n paar jaar abandoneer die begunstigdes uit grondhervorming dikwels enige pogings om te boer.

Die spiraal na ‘n Zimbabwe-situasie begin dus reeds in SA posvat. Voedselpryse styg omdat die regime uit hoofde van sy rassehaat blanke boere teiken. Die swart armes ly egter die meeste daaronder. Die platteland verval en ontvolk. Hongeres stroom na die stede wat reeds tot barstens toe vol plakkerskampe is. Daar is slegs 50 000 blanke boere, maar die swart stemvee wat vir die ANC stem is die groot gros slagoffers van grondhervorming.

Behoort ons die honger armes te bejammer? Mense kry die regering wat hulle verdien. Die armes het die demografiese mag om van ‘n regime ontslae te raak wat veel meer vir
anti-blanke ideologie omgee as vir die welstand en vol mae van sy kiesers. As die swart stemvee kies om eerder te krepeer as om vir ‘n ander party te stem, wie se skuld is dit as hulle honger ly?

casino sign up bonus no depositтопкарго развод

Pandor praat die taal van etniese konflik

Veeltalige samelewings wat dit nie regkry om ‘n balans te vind tussen die behoeftes van verskillende sprekers nie is bestem om te misluk.

In 1956 het die Sinhalese meerderheid in Sri Lanka die Sinhalese Only Act gepromulgeer waarmee die Tamoelminderheid se taal van amptelike status uitgesluit is. Sulke taalimperialisme het ‘n burgeroorlog ontketen wat tot vandag toe duur.

Toe ek ‘n Amerikaanse vriend oor die afdwing van Engels op Ermelo-hoërskool vertel, was sy reaksie: “Dis kulturele uitwissing.”

Die waarheid is dat Afrikaans nie sonder eentalige opvoedingsinstellings kan oorleef in ‘n omgewing waar Engels die de facto-taal van die staat, die sakewêreld en die meeste media is nie.

Indien die 30 miljoen Engelssprekende Kanadese Engels op Franstalige minderheidskole Québec sou afdwing, sou dié provinsie vir seker afskei. Belgiese regerings het al tot ‘n val gekom oor minder as onderwysminister Naledi Pandor se blatante magspolitiek.

Ermelo is die laaste Afrikaanse hoërskool in die hele provinsie en vervul ‘n belangrike rol om Afrikaans lewend in die Oos-Transvaal (tans Mpumalanga) te hou. Dit is nou “oopgebeur” in ‘n tweeminute-uitspraak deur regter Bernard Ngoepe, waarna dit verswelg gaan word deur diegene wat op Engels aandring, waaronder die kinders van Suid-Afrika se 10 miljoen onwettige immigrante.

Volgens die eienaardige rasselogika van die ANC beskik die kind van ‘n onwettige immigrant oor meer regte as ‘n inheemse Afrikanerkind wie se ouers belasting, tyd en skoolfooie bygedra het om ‘n uitnemende instelling soos Ermelo te skep.

Pandor pas demokrasie op die Zimbabwe-manier toe, waarmee sy groot frustrasie en woede onder Afrikaners skep. Waarom herstel sy nie al haar disfunksionele skole nie – waar boeke nie bestel of versprei word nie en waar onderwysers beswaarlik skoolhou – pleks daarvan om Ermelo te teister?

Indien SA in etniese konflik verval, sal Pandor ‘n vername rol gespeel het om dit teweeg te bring.

игры ла ла лупсиФильчаков Александр Васильевич

Mbeki druk ‘n mes in publiek se gesig

In ‘n koue tegnokratiese toespraak wat weereens sinspeel op “die lelike en afstootlike verlede” het Thabo Mbeki vandag ‘n mes in die publiek se gesig gedruk. Verwagtinge dat hy oplaas die erns van die misdaadsituasie in die land sal besef, is wreed teleurgestel.

Al wat Mbeki kon aanbied, was beloftes dat nog 30 000 polisiemanne oor die volgende drie jaar aangestel gaan word om hul geledere op 180 000 te staan te bring. Gegewe die korrupsie, onbekwaamheid en misdaadgeneigdheid (25% van alle polisiemanne beskik oor misdaadrekords) wat in die polisie heers, gaan dit kwalik enige effek op misdaadvlakke uitoefen.

Mbeki het nie die boodskap gekry nie. Die smeekbedes van die sakesektor, die koerantredakteurs, burgerlike aktiviste, maar bowenal die pyn van die derduisende misdaadslagoffers, het nie tot hom deurgedring nie.

Net gisteraand het die BBC se Newswatch ‘n program oor misdaad in Hillbrow en ander stedelike gebiede aangebied. Suid-Afrikaanse misdaad is besig om berugter as apartheid te raak. Terwyl die anti-apartheidspropaganda ruimskoots van hiperbool gebruik gemaak het, word die misdaadvlak in die land tans grotendeels onderskat.

Ons leef in anargie en ly elke dag onder die aanslag van moord- en roofbendes.

Soos min ander presidente voor hom, het Mbeki in sy amp gefaal.

хамам этодепутат лобановский