Pandor praat die taal van etniese konflik

Veeltalige samelewings wat dit nie regkry om ‘n balans te vind tussen die behoeftes van verskillende sprekers nie is bestem om te misluk.

In 1956 het die Sinhalese meerderheid in Sri Lanka die Sinhalese Only Act gepromulgeer waarmee die Tamoelminderheid se taal van amptelike status uitgesluit is. Sulke taalimperialisme het ‘n burgeroorlog ontketen wat tot vandag toe duur.

Toe ek ‘n Amerikaanse vriend oor die afdwing van Engels op Ermelo-hoërskool vertel, was sy reaksie: “Dis kulturele uitwissing.”

Die waarheid is dat Afrikaans nie sonder eentalige opvoedingsinstellings kan oorleef in ‘n omgewing waar Engels die de facto-taal van die staat, die sakewêreld en die meeste media is nie.

Indien die 30 miljoen Engelssprekende Kanadese Engels op Franstalige minderheidskole Québec sou afdwing, sou dié provinsie vir seker afskei. Belgiese regerings het al tot ‘n val gekom oor minder as onderwysminister Naledi Pandor se blatante magspolitiek.

Ermelo is die laaste Afrikaanse hoërskool in die hele provinsie en vervul ‘n belangrike rol om Afrikaans lewend in die Oos-Transvaal (tans Mpumalanga) te hou. Dit is nou “oopgebeur” in ‘n tweeminute-uitspraak deur regter Bernard Ngoepe, waarna dit verswelg gaan word deur diegene wat op Engels aandring, waaronder die kinders van Suid-Afrika se 10 miljoen onwettige immigrante.

Volgens die eienaardige rasselogika van die ANC beskik die kind van ‘n onwettige immigrant oor meer regte as ‘n inheemse Afrikanerkind wie se ouers belasting, tyd en skoolfooie bygedra het om ‘n uitnemende instelling soos Ermelo te skep.

Pandor pas demokrasie op die Zimbabwe-manier toe, waarmee sy groot frustrasie en woede onder Afrikaners skep. Waarom herstel sy nie al haar disfunksionele skole nie – waar boeke nie bestel of versprei word nie en waar onderwysers beswaarlik skoolhou – pleks daarvan om Ermelo te teister?

Indien SA in etniese konflik verval, sal Pandor ‘n vername rol gespeel het om dit teweeg te bring.

игры ла ла лупсиФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae