Die DA – ‘n party vir Sjinese?

Die Volksrepubliek van Sjina, wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe aktief steun en ook in Angola besig is om groot invloed uit te oefen, het so pas 'n nuwe bondgenoot in die vorm van die DA verkry.
Volgens DA-woordvoerder Anchen Dreyer "het Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring". Die feit dat Sjina besig is met 'n geopolitieke spel in Suider-Afrika en dat Sjinese ook by allerlei onwettige bedrywighede in Suid-Afrika betrokke is, gaan blykbaar aan die party verby.

Oor hoeveel Sjinese kiesers beskik die DA? wil mens vra. Terwyl die DA uit sy pad gaan om Sjinese belange te verdedig, swyg die party gewoonlik soos die graf as Afrikanerbelange ter sprake is. Nietemin verteenwoordig Afrikaners ten minste vyftig persent van die DA se kiesers.

'n Ander aspek van die DA se uitsprake is dat die party die ANC die loef probeer afsteek as dit by politieke korrektheid kom. Ook in die huidige geval word die ANC daarvan beskuldig dat hy "rassisties" teenoor Sjinese optree. Dit wil voorkom asof die DA wil toon dat hy 'n beter ANC kan wees as die ANC self – weereens terwyl sy eie kiesers en ondersteuners se belange versaak word.

Die Afrikanerkieser is moeg vir sogenaamde opposisiepartye wat hard skree oor ideologiese kwessies soos rassisme, terwyl grondhervorming, misdaad en korrupsie nie aangespreek word nie of baie min aandag kry.

светодиодный линейный светильник geniledлобановский александр дети