In Suid-Afrika bestaan daar drie faktore wat voedselsekerheid nadeling beïnvloed: die styging in energiepryse, sowel diesel as elektrisiteit; die ineenstorting van die Landbank weens onbekwaamheid en korrupsie; asook les bes, die ANC se onbesonne grondhervormingsbeleid.
Elders op hierdie blad berig ons oor die debakel in die Limpopoprovinsie waar R300 miljoen op besproeiingskemas bestee is, maar waarvan slegs 2 uit 100 van die skemas gewerk het. Gruverhale oor welvarende plase wat tot silstand kom na “grondhervorming” is legio en dié soort vermorsing deur die provinsiale landboudepartement verbaas dus geensins nie.
Dit wil voorkom asof Suid-Afrika geen les uit die ervaring in Zimabwe geleer het nie. Om ideologiese en rassistiese redes (want wat is "grondhervorming" anders as bedekte rassisme teen blanke boere?) gaan die land dalk binnekort in hongersnood gedompel word terwyl wêreldvoedselvoorrade die laagste sedert 1980 is.
Afrikaners is in die gelukkige posisie dat ons steeds familie en vriende het wat boer. In ’n noodgeval sal ons waarskynlik vanaf die platteland voedselvoorrade kan bekom.
Gegewe die onsekerheid rondom voedselsekerheid in die land, sal verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies en landbou-unies vroegtydig noodplanne moet saamstel indien kos in die land skaars sou raak. Dat geweld onder sulke omstandighede sal uitbreek soos wat miljoene honger mense poog om hulself ten alle koste te voed, spreek vanself.
Net soos in Zimbabwe, skep grondhervorming in Suid-Afrika ’n onsekere toestand wat die voortbestaan van die Afrikanervolk in die gedrang mag bring.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.