Werkers regoor die w?reld verenig teen ho?r voedselpryse

In Turkye, die Filippyne en Indonesië het werkers byeengekom om te protesteer teen skerpstygende voedselpryse op Werkersdag wat wêreldwyd gevier is. Die groeiende aanvraag na rys, die stapelvoedsel van Asië, het heelwat regerings bekommerd.

Polisie moes traangas en waterkanonne inspan om werkers in Istanbul uitmekaar te jaag, terwyl skares in Manilla en Jakarta die strate ingevaar het om beskostigbare kos te eis.

Die byeenkomste is deur ‘n aansienlike polisieteenwoordigheid gekenmerk. In Jakarta is 10 000 polisiebeamptes ontplooi en 50 000 is op gereedheidsgrondslag ontbied om regeringsgeboue te bewaak.

Betogings is ook in Tokio, Singapoer en Bangkok gehou. Die Asiese Ontwikkelingsbank sê dat meer as een miljard mense in Asië nou ernstig geraak word deur hemelhoë voedselpryse.

perfect blackjackлобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae