Ongelukkig is bostaande besluit om die verkeerde redes geneem, naamlik omdat Du Plessis bang was vir die inkomste wat hy kon verloor agv die boikot waarmee Rapport gedreig is.
Die regte rede sou gewees het omdat Maas nooit daar moes gewees het nie. Hy is ‘n onbenullige dog verwaande klein ploert met hoegenaamd niks om te sê nie, ‘n persoon sonder enige opsigtelike talent. Sy skrywes skiet op bykans alle terreine tekort: ingeligtheid, pittigheid, insig en intelligensie.
Die ware skandaal is nie dat Maas goedkoop sensasie gesoek het met ‘n deursigtige poging om Christene te provokeer nie. Dit is eerder dat Naspers sy eie lesers so erg onderskat en minag deur Maas se soort op hulle los te laat.
Terwyl Du Plessis klaarblyklik op die oorlogspad is en besig is om van die dooie hout in sy publikasie ontslae te raak, stel ek voor hy lê die byl in met die ander onderpresteerders wie se gegriffel ons Sondag op Sondag verveel. Begin gerus met Heinrich Wyngaard, Jacob Rooi en die ander regstellende-aksie-aanstellings.
