
Volgens die
Financial Mail, vind daar tans ‘n dramatiese styging in voedsel-, en spesifiek mieliepryse, plaas.
Dis arm mense wat die ergste getref word hierdeur. Volgens die berig maak voedsel meer as 50% van arm (swart) huishoudings se totale uitgawes uit.
Suid-Afrika se landbou is in ‘n toestand van terminale verval, as ‘n regstreekse gevolg van die regime se obsessie daarmee om blanke boere van hul grond te verjaag. Binne die tien jaar sedert 1994 het die aantal plase met 25% gekrimp.
Boere wil nie meer investeer in grond of toerusting nie, as gevolg van onsekerheid wat deur die regime se ideologiese waansin veroorsaak word. Die regime weier ook om te begryp dat landbou uiters sensitief vir skaal-ekonomie is. Moderne, lewensvatbare plase is beide groot en word as kapitaalintensiewe nywerhede bedryf. Bestaansboerdery sonder kundigheid of kapitaal op klein lappies grond wat deur grondhervorming veroorsaak word, waarborg slegs ‘n sukkelbestaan vir enkeles. Binne ‘n paar jaar abandoneer die begunstigdes uit grondhervorming dikwels enige pogings om te boer.
Die spiraal na ‘n Zimbabwe-situasie begin dus reeds in SA posvat. Voedselpryse styg omdat die regime uit hoofde van sy rassehaat blanke boere teiken. Die swart armes ly egter die meeste daaronder. Die platteland verval en ontvolk. Hongeres stroom na die stede wat reeds tot barstens toe vol plakkerskampe is. Daar is slegs 50 000 blanke boere, maar die swart stemvee wat vir die ANC stem is die groot gros slagoffers van grondhervorming.
Behoort ons die honger armes te bejammer? Mense kry die regering wat hulle verdien. Die armes het die demografiese mag om van ‘n regime ontslae te raak wat veel meer vir
anti-blanke ideologie omgee as vir die welstand en vol mae van sy kiesers. As die swart stemvee kies om eerder te krepeer as om vir ‘n ander party te stem, wie se skuld is dit as hulle honger ly?
casino sign up bonus no depositтопкарго развод