Fifa-euforie moet regmaak wat krom is

‘n Groot triomf met die loting vir aanstaande jaar se Fifa-Wêreldbeker in Suid-Afrika…

Aan die ander kant van die munt is finaal afskeid geneem van Chris Louw, is nog ‘n plaasmoord gepleeg, was daar munisipale onrus en was daar geweld by ‘n vergadering van die opposisieleier, Helen Zille.

Suid-Afrika was nog altyd ‘n land van kontraste, en is gereeld bemark as ‘n land waarin woestyne en reënwoude met alles tussenin voorkom.

Die land het ook ‘n lang fase van liberale idealisme beleef met verskeie digters – of soos hulle dit graag gestel het – die gewete van die volk, wat in selfopgelegde ballingskap oorsee gaan woon en skryf het.

Ander het hier te lande hul penne in ink, en soms gal, gedoop om gestalte aan ‘n idealisme te gee.

Toe daar in die oorgangstydperk ‘n oplewing in misdaad en onstabiliteit was, is verklaar dat dit ‘n tipiese kenmerk van ‘n oorgang is na van ‘n onderdrukkende bedeling wegbeweeg is.

Toe die misdaadtoneel nie mettertyd verdamp nie, en die leiers van die nuwe bedeling die soustrein op allerlei maniere begin bestyg, het die idealisme vir ontnugtering plek begin maak, en het die Boetman-generasie die bliksem in geword. Om te paai is die mees fantastiese oggend- en aandpraatjies gemaak.

Intussen vestig ‘n sindroom dat die Fifa-toernooi ‘n kitskuur gaan bied, en hierdie proses word vanuit verskeie oorde soos koerant-hoofartikels gevoed.

Om euforie op te blaas is goed en wel, maar slegs ‘n baie sterk ballon sonder swakplekke kan groot opgeblaas word sonder dat dit in stukke bars. Om pleisters oor skeurtjies in ‘n ballon te plak help ook nie.

Die probleme onderliggend aan Suid-Afrika soos die groot inkomstegaping, armoede, aanslag op die onafhanklikheid van die regbank, geweldsmisdaad, rommelstrooi en die gees van viktimonologie onder baie mense – ook onder die Boetman-generasie – is te diepliggend om met ‘n enkele toernooi van die tafel te vee. Dit is nie ‘n bitterbek kommentator wat die somber prentjie skets nie, dit word geskets deur Suid-Afrika se dalende trajek op die korrupsiepersepsieindeks, die VN se sogenaamde piesangrepubliekindeks en koerslose gedobber op beleggersvertroueindekse en ander saakmakende indekse.

Harde, visioenêre werk lê voor.

kids modaФильчаков прокуратура харьков

Die geval Malema – al weer

Die beste medisyne vir Malemasitus is om dit te ignoreer – ook deur die media.

Hierdie advies word kort-kort gegee, maar om verskeie redes werk dit nie alte lekker nie.

As dit kom by die steel van die kollig is Malema ‘n kleptomaan. Boonop word hy nie net vrye teuels gegee nie, maar die middele om sy omstredenheid die wêreld in te dra.

In ‘n onlangse artikel op ANC Today laat waai hy behoorlik. Hy maak ‘n paar geldige standpunte soos dat rassisme landswyd hoogty vier. Waar die gemiddelde mens van hom sou verskil, is sy skynbare aanname dat rassisme net deur wit mense gepleeg kan word – ‘n houding wat in sy wese juis die kroon op rassisme plaas.

“Blanke mans,” skryf hy, “is geteel en gekultureer onder institusionele rassisme en is nie in staat om te waardeer en te verstaan dat swart mense, Bantoes in besonder, ook menslike wesens is en dat hulle in staat is, of meer in staat is, as wit mense om die werk wat gedoen moet word, te verrig nie.”

Hy sê miljoene plaasarbeiders en huishoudwerkers lewe met brutale rassisme op ‘n daaglikse basis, maar hul stemme word nie gehoor nie.

Malema beskuldig wit kinders voorts dat hulle swartes as sub-menslik sien. Dit, aldus ‘n Afrikaanse weergawe van die artikel soos op Praag se webwerf verskyn.

Mag stellings soos hierdie wat in die ANC se amptelike mondstuk verskyn en aanlyn wêreldwyd gelees kan word bloot geïgnoreer word?

Om bloot reg te help, help duidelik nie, want die regte feite is al tot vervelens toe opgediep, bloot om weer iewers, selfs van kabinetsvlak af, as feite opgedis te word.

Dit sal Bitterbang Bibberbeentjies Malema loon om in gedagte te hou dat sy uitsprake persepsies voed. ‘n Skootbrakkie kan immers nie mense aan die hakskene hap sonder om die reputasie van ‘n hakskeenhapper te kry nie. Mense wat Malema se uitsprake stilswyend kondoneer moet dan ook nie ander mense van rassisme beskuldig as hulle self die rassisme aangeblaas het nie.

In hierdie geval gaan dit egter verder as blote stilswyende kondonering. Dit was nie maar net ‘n losbek-uitspraak van ‘n verhoog nie, maar op ANC Today. Selfs al sou die ANC aandui dat hierdie uitsprake nie noodwendig die mening van die ANC verteenwoordig nie, maak die causale verband dit uiters moeilik om op enige ander wyse te vertolk. Afgesien van ANC Today se status, is Malema die ANC se Jeugliga-president, en het pres. Jacob Zuma hom onlangs as ‘n waardige, toekomstige president van die land gesalf.

Vandag is die oë van die wêreld op Suid-Afrika met die Fifa-trekking wat in Kaapstad plaasvind. Alles dui daarop dat sake in hierdie opposisievesting goed gaan verloop en dat die Moederstad Suid-Afrika se buitelandse beeld ‘n reuse hupstoot gaan gee.

En elders in die land? In die Wes-Vrystaat is oproer oor swak munisipale dienslewering, die Vrystaatse Hooggeregshof het verskeie tenders, onder meer vir die herstel van paaie, op die ys geplaas weens vermeende tendergeknoei, Eskom jaag die bloeddruk saam met die pryse op, die Tswane-metroraad verloor ‘n onwenbare saak in die Grondwethof, en dan is daar nog Malema ook.

Gaan Malema dit werklik duld dat Kaapstad, al is dit net vir ‘n dag, sy donderweer steel?

 

apk gratisДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Goudkoors

Die rekordvlakke wat die goudprys nou aandurf laat goudkoors wêreldwyd opvlam.

‘n Mooi demonstrasie is die planne van ‘n maatskappy om goud betreklik diep vir Amerikaanse standaarde, met ‘n horisontale skag onder ‘n berg by Butte, Montana, te delf. Groot kostes word aangegaan om die verwagte half miljoen onse goud te win.

Hierdie spesifieke projek roep baie nostalgie op, aangesien dit die sentrum van ‘n delwery was wat sowat ‘n eeu gelede doodgebloei het. Nou word ‘n ou ertsmeule weer opgeknap om weer erts hierheen te vervoer.

Die impak wat goud op die geskiedenis van Butte gehad het, blyk daaruit dat die plaaslike professionele voetbalspan steeds as die Ore Diggers bekend staan.

Die ontdekking van goud en die uitbreek van goudkoors het nie net in Suid-Afrika tot kits-nedersettings gelei nie, maar wêreldwyd. Dit het grootliks tot die ontwikkeling van Kalifornië en Australië bygedra. Goud was van die hoofoorwegings waarom indrukwekkende ryke soos dié van die Asteke en die Inkas verwoes is, terwyl daar aanduidings is dat minstens een Fenisiese ekspedisie in opdrag van ‘n Egiptiese farao om nuwe goudbronne te vind eeue gelede reeds om die suidpunt van Afrika gevaar het.

Dat Suid-Afrika, as die wêreld se vierde grootste goudprodusent en die wêreld se grootste platinum-produsent heelwat baat by die Midaslopie en selfs blinker platinumlopie sal baat is voor die hand liggend.

Die vraag is hoe die land met hierdie verhoogde inkomste te werk sal gaan. ‘n Onoordeelkundige stropersmentaliteit beteken dat die omgewing waar dit gedelf is naderhand in armoede kan steier, of selfs ‘n spookdorp word, terwyl magnate oorsee die dollars tel.

Die stropersmentaliteit word goed gedemonstreer deur die finansieringsmodelle waarmee Eskom vorendag kom, en die reuse meevaller waardeur die SAUK weer op dreef gekry word. Terwyl Eskom kliphard brom dat die 35 % verhoging per jaar te min is, is die kragreus taamlik stil oor besuinigingsmaatreëls soos die bevriesing van bonusse, die stroomlyn – verskoon die woordspeling – van bedryfsuitgawes om elke beskikbare rand so ver as moontlik te rek.

Solidariteit se konferensie oor ‘n finansieringsmodel vir Eskom sal na verwagting ook aan die lig bring of daar ander opsies is as om die resessievoos publiek met dreigemente van flikkerende kerse in plaas van elektriese lig in die tonnel met reuse verhogings gyselaar te hou.

‘n Krisis wat Eskom, en nie die publiek nie, veroorsaak het.

 

wedding combs forДанильченко Харьков

Kopenhagen – Nie net opofferings maar ook geleenthede

Die oë van die wêreld word algaande op Kopenhagen gerig waar wêreldleiers volgende week koppe bymekaar gaan sit oor hoe om die aarde se klimaat so veel as wat menslik moontlik is, te stabiliseer.

Dié keer kom die VSA, die wêreld se kampioen-atmosferiese besoedelaar, volgens aanduidings met konkrete voorstelle. Soos in die verlede kry ‘n welmenende president teenkanting van kongreslede en nyweraars wat bekommerd is oor die impak wat die voorgestelde skedule vir die vermindering van koolstof-vrystellings op die ekonomie en die Amerikaanse huishoudings gaan hê.

Selfs die opkomende reus, China, maak geluide dat dié land sy kant gaan bring. China skaar hom egter saam met Brasilië en Suid-Afrika by die ontwikkelende lande wat aanvoer dat die ontwikkelende wêreld se eiesoortige omstandighede om hul honger massas te voed in gedagte gehou moet word.

Omgewingsbewustes gebruik allerlei maniere om die algemene publiek se simpatie te win, soos plakkate van ysbere wat op stukke ys dryf en waarvan die getalle ernstig bedreig word, of natuurlewe-rolprente wat wys hoe sub-Antarktiese eilande se ekosisteme bedreig word.

Dit is egter op die kommersiële vlak waar dit werklik saak maak. Slegs geringe gemiddelde temparatuurstygings kan soveel poolys laat smelt dat die seevlak betreklik beduidend kan styg, en die woon- en werkplekke van ongeveer 90 % van die wêreld se verstedelikte bevolking onder water laat. Sekere saaigebiede kan woestyne word.

Die Vrystaat het onlangs ‘n bestuursplan gekry wat juis op die veranderende klimaat afgestem is, iets wat broodnoodsaaklik is omdat dit aantoon waar nuwe bevolkingsuitbreidings kan kom, en waar nie, omdat dit baie duur is om water oor lang afstande te neem as die reënvalstreke verskuif.

Daar is ook lande wat voordeel trek uit klimaatsverandering. Nadat die Vikings bykans ‘n duisend jaar gelede hul kolonies in Groenland moes ontruim, en die Noord-Amerikaanse nedersettings dus buite bereik geword het omdat die klimaat te koud geword het, het dit nou so verwarm dat die Groenlanders groter outonomie kon kry, en kan kyk na olie-ontginning in gebiede wat onlangs nog weens dik en bewegende yslae nie moontlik was nie. Selfs die plant van aartappels word nou in die vooruitsig gestel.

Aardverwarmingsgasse wat deur menslike aktiwiteite vrygestel word, is egter nie al wat ‘n kweekhuiseffek tot gevolg het nie. Metaangas doen dit ook, en die sondaars wat dit betref is enigiets van Australië se rysmiere tot Europa se beeskuddes.

Waaraan die mens absoluut niks kan doen nie, is die sonaktiwiteite wat tot die ontstaan van ‘n nuwe vakrigting, kosmoklimatologie, gelei het, wat met paleoklimatoloë saamspan om ooreenkomste tussen tye van hoër of minder sonaktiwiteite in die verlede en warm tydperke, en selfs ystydperke, te vind. Ook die huidige stygende temperatuur hou met die fase van sonaktiwiteit verband, maar die kosmoklimatoloë beklemtoon dat dit net ‘n bydraende faktor is.

Die belangrike is dat die klimaatskrisis ook geleenthede bied wat andersins waarskynlik nie gou aan die bod sou kom nie. Kort na die huidige wêreldekonomiese krisis sy ding begin doen het, het verskeie state hul herstelkprogramme minstens ten dele gekoppel aan die ontwikkeling en uitbouing van skoon energie, soos windkragterbunes, elektriese en hibriede motors, die opwekking van krag uit golfwerking met die sogenaamde Anaconda-tegnologie, en die gebruik van moderne tru-osmosestelsels om drinkwater uit soutwater te herwin.

In Nederland word kragstasies opgerig wat die metaangas van beesmis verbrand, en dan metaanvrye bemesting as neweproduk oplewer.

In hierdie stadium is die ontwikkeling van die alternatiewe, selfs met die beste tegnologie, bykans deurgaans net daardie tikkie duurder as steenkool- en aardgas-kragopwekking, wat lande wat sy industrie op hierdie effens goedkoper krag bou, net daardie klein treetjie voor gee met internasionale mededinging.

Dit gaan nie veel dwarstrekkers kos om die goue planne wat vir Kopenhagen beraam word, soos domino’s te laat kantel nie.

 

портал для камина из гипсокартона фотолобановский александр игоревич харьков

Vigs

Vandag is dit wêreldvigsdag, en ook in Suid-Afrika word baie aandag aan dié siekte gegee. Die hooftema in Suid-Afrika, is dat Thabo Mbeki die skuld moet dra vir die vigs-pandemie, en dat hy moet verskoning vra vir sy beleid teenoor vigs.

Dit is egter nie net Thabo Mbeki wat die vigs verkeerd hanteer het nie. Die hele wêreld hanteer dié siekte waarskynlik verkeerd, en dit is waarom dit besig is om hand-uit te ruk. Tot welke mate die siekte reeds versprei het, weet niemand werklik nie. Die werklike vigssyfers sien daar waarskynlik heel anders uit as wat die statistieke beweer, en syfers oor vigssterftes is net so onbetroubaar, aangesien mense sterf aan vigsverwante siektes, en nie vigs self nie. Mense wat die MI-virus onder lede het, se immuniteit word aangetas, en daarom is sterftes vir tuberkulose, longontsteking en griep heelwat hoër.

Intussen wil dit tog voorkom of die wêreld bang is om die ware feite oor vigs te verbloem, want die optrede wat vereis sou word as die volle prentjie geskets word, kan dalk net te erg wees om aan te dink. Reeds in die laat jare tagtigs is ‘n verslag van wetenskaplikes oor vigs aan die Britse laerhuis voorgelê, en die betrokke verslag is aanvaar – en netso weggebêre en nooit weer te voorskyn gehaal nie. In dié verslag is onder meer aangetoon dat die MI-virus nie net deur seksuele omgang en bloedbesmetting oorgedra kan word nie, maar net soos enige virus, ook deur ander vorme van kontak, soos wanneer ‘n vigsbesmette persoon sou nies. Weliswaar is die kanse om op dié wyse besmet te word, uiters gering, maar dit is tog moontlik. Heelwat ander belangrike bevindings is ook in daardie verslag gemaak, maar die verslag is net so vinnig in die laai gedruk as wat hy wel aanvaar is.

Intussen blyk dit dat vigs skielik geweldig toeneem onder die blanke bevolking in Suid-Afrika. Syfers in dié verband wys byna ‘n verdubbeling onder MIV-positiewe blankes, veral onder die jonger geslag, en onder die rykes. Dit is juis daardie groepe wat toenemend aan integrasie, hetsy gedwonge of vrywillig, blootgestel word. Gedwonge integrasie vind plaas op die skole en in die universiteite, en dit is juis daardie ouderdomsgroepe, ook onder die blankes, wat nou skielik met ‘n vigs-ontploffing te doen kry. Kinders wat nie die vaste Christelike waardes, en die waardes van volkswees stewig genoeg gevestig kry in hulle ouerhuise nie, is geneig om te eksperimenteer met oor die kleurgrens-verhoudings, met die vigs-risiko’s daaraan verbonde. Wanneer daardie verhouding uiteindelik nie maanskyn en rose skyn te wees nie, word verhoudings weer met die volkseie mense aangegaan, en sodoende word die virus al hoe vinniger in volksgeledere ingedra.

Dit is die gevaar waarmee ons tans in Suid-Afrika te doen het. Daarom is dit, ter wille van selfbehoud, noodsaaklik dat ons kinders steeds meer en steeds ernstiger, opgevoed word in die Christelike en volkseie beginselraamwerk, en dat waardes van kuisheid weer eens deeglik ingeskerp word onder ons volk se kinders. Die onwenslikheid van integrasie, met ander woorde die liefde vir die eie volk, moet ingeskerp word, nie net ter wille van uiteindelike volksbehoud nie, maar ook ter wille van elkeen se eie gesondheid.

As die wêreld ernstig sou wees om vigs aan bande te lê, behoort vigs ‘n aanmeldbare siekte gemaak te word, en behoort mense in sekere gevalle verplig te word om vigstoetse te ondergaan, sodat die werklike omvang bepaal kan word. Net soos mense met melaatsheid en tering, vroeër in afsondering gehou is, behoort vigspasiënte ook in afsondering gehou te word om te verhoed dat die siekte versprei en sy vernietigingswerk voortsit.

Hierdie uitdaging is egter nie aanvaarbaar vir die wêreld nie, want dan Afrika waarskynlik een groot vigs-kamp word, met ‘n klompie homoseksueles onder hulle. Dit klink dalk kru, maar dit is tans die realiteit van die vigsverspreiding, dat die grootste verspreiding in Afrika voorkom, en onder die homoseksuele gemeenskap. Die integrasie met beide groepe, bespoedig egter die verspreiding na ander groepe ook.

Die enigste oplossing van vigs, is apartheid – afgesonderdheid. Vigs-lyers moet afgesonder word. Maar ons moet onsself ook toenemend afgesonderd hou van die vigs-risiko-groepe. Hierdie boodskap moet veral aan ons jeug gegee word, en ons moet ‘n soort gemeenskap-sanksie instel teen diegene wat hulleself meng met die hoë risiko groepe, sodat ons die siekte uit ons volk kan weer. Laat die wêreld doen wat hy wil, maar laat ons optree volgens die lig wat ons het.

 

картины из шпаклевкиДанильченко Харьков

SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek

In die aanloop en na afloop van die Konfedereasiebekertoernooi was die polisie duidelik ongemaklik oor die persepsie wat die publiek en besoekers oor die misdaadsituasie in die land sou ontwikkel. Veral die polisie in gasheerstede vir volgende jaar se Sokkerwêreldbekereindtoernooi is met ‘n vergrootglas dopgehou.

Boonop het dit in dieselfde tyd aan die lig gekom dat verskeie polisiestasies met hul misdaadsyfers gepeuter het om sake beter te laat lyk, en is ondersoeke gelas en is selfs opgetree.

Dat van die stasiekommissarisse onder die druk sou swaarkry was te wagte. In Bloemfontein is ‘n vrou wat ‘n rooftog gerapporteer het wat toe die koerant gehaal het, deur die stasiekommissaris gebel en erg uitgetrap omdat sy, soos dit gestel is, “petty crime” gerapporteer het. Volgens hom word “petty crime” nie gerapporteer nie want dit werp ‘n swak indruk op die polisie.

Die vrou het dit bloot ter wille van ‘n versekeringseis gerapporteer omdat sy in ieder geval te min vertroue in die polisie se vermoë om die skuldige aan te keer.

In nog ‘n geval, wat net die buitelandse media en IOL gehaal het, is ‘n Brit wat in dieselfde tyd die wedstryd tussen die Britse en Ierse Leeus en die Cheetahs bygewoon het, naby die gastehuis waar hy tuisgegaan het met ‘n harde voorwerp oor die kop geslaan en beroof. Die man, Midge Fergusson, het aan IOL vertel dat hy deur ‘n senior polisieman besoek is terwyl hy in intensiewe sorg gelê het, en die indruk gekry het die polisieman is erg bekommerd oor die impak van slegte publisiteit oor die voorval, en minder bekommerd oor die voorval self.

Kort hierna het die provinsiale polisiekommissaris alle kommunikasie met Volksblad en sy 13 tuiskoerante opgeskort. ‘n Klag is ook hierna by die Persombudsman gelê.

Dit het geblyk dat die SAPD ongelukkig was oor twee berigte, wat in hoofsaak impliseer dat die provinsiale kommissaris se vriende bevoordeel word. In die een geval het dit gehandel oor ‘n polisieman wat ‘n kollega so erg aangerand het dat hy rekonstruktiewe chirurgie moes ondergaan. Die beweerde aanrander is eers na heelwat gemeenskapsdruk geskors, maar die skorsing is later opgehef, en die man boonop terugwerkend bevorder.

Die mediaboikot teen Volksblad is mettertyd opgehef, en nou het die SAPD ook die klag by die Persombudsman teruggetrek voor die saak bereg kon word.

Op papier het Suid-Afrika, in internasionale terme, buitengewone persvryheid en word dit onder meer pertinent in die grondwet verskans. Die grondwet bevat ook bepalings oor die reg op toegang tot inligting wat die persoon se regte raak.

In die praktyk kom daar egter dadels van as die staat eenvoudig inligting weerhou soos in die geval van Staatsdieskommissie se ondersoek na die nuwe Openbare Vervolger, Menzi Simelane se geskiktheid. Selfs die grondwet vereis dat ‘n persoon geskik vir aanstelling in ‘n staatsgefinansierde pos moet wees.

Dr. Essop Pahad, destydse minister in die presidensie, se dreigement dat die staat advertensies van sekere media kan weerhou, was niks minder nie as ‘n vinger in die oog druk van persvryheid.

Wat die polisie betref, is daar net een manier om nie negatiewe publisiteit te kry nie, en dit is om so ver moontlik niks verkeerd te doen nie, en om genadeloos en sigbaar teen vrot appels in eie geledere op te tree. Vrot appels, soos die polisie wat versuim het om meer as ‘n dosyn hofbevele wat teen ‘n spesifieke persoon verkry is, uit te voer.

Die koestering van vrot appels hou implikasies in soos om die stygende aantal sterftes van mense in polisieselle te verduidelik.

 

сауна в жулебинолобановский александр игоревич харьков

Trias politica bly onder druk

Teen die agtergrond dat Suid-Afrika tot gevaarlik na-aan die onderpunt van die VN se sogenaamde piesangreplubliek-indeks beweeg het, kom die nuus dat pres. Jacob Zuma adv. Menzi Simelane as die nuwe direkteur van Openbare Vervolging aangestel het.

Kritiek op Simelane is veral gebou rondom bevindings van die Ginwala-kommissie van ondersoek, en ‘n voortspruitende ondersoek deur die Staatsdienskommissie na die optrede en bekwaamheid van Simelane. In breë trekke word hy deur opposisiepartye daarvan beskuldig dat hy nie die onafhanklikheid van die regbank verstaan nie, en dus by implikasie nie verstaan hoe die demokrasie in ‘n moderne regstaat funksioneer nie.

In eenvoudiger taal gestel – hy word daarvan beskuldig dat ‘n marionet van die regerende party is.

Die ironie is dat hy adv. Vusi Pikoli vervang wat weliswaar as direkteur van Openbare Vervolging so onafhanklik opgetree het dat hy eers die trekpas en toe ‘n vrypas en skikking van meer as R7 miljoen ontvang het, maar as direkteur-generaal van Justisie ‘n duik in aansien op die lyf geloop het.

In daardie geval het ‘n adjunk-direkteur-generaal, M.M. Tshishonga, by Pikoli as direkteur-generaal gekla dat die destydse minister van Justisie, dr. Penuell Maduna onregmatig by die Meesterskantoor inmeng om lonende kontrakte vir ‘n vriend te bekom. Nadat Pikoli versuim het om iets aan die saak te doen, het Tshishoga hom na dr. Essop Pahad, minister in die presidensie gewend. Ook hier het hy ‘n bloutjie geloop. Hy het vervolgens ‘n mediakonferensie belê en met die sak patats vorendag gekom. Tshishonga het hom op die arbeidshof beroep toe teen hom opgetree is, met Maduna as eerste verweerder, en Pikoli as tweede. Tshishonga het die saak gewen omdat Maduna en Pikoli hom geen alternatief gelaat het as om hom op die media te beroep nie.

Dit was Maduna se einde, maar nié Pikoli s’n nie. Politieke gedienstigheid, selfs om ‘n korrupte saak te dien, is blykbaar geen sonde nie, maar toe hy wel onafhanklik optree soos om met die teenkanting van Simelane, toe DG van Justisie, teen Jackie Selebi op te tree, was dit afdankingswaardig.

Selfs al sou slegs die simboliek van Simelane se aanstelling ten hemele skreeu, kan die feit nie weggeredeneer word dat hierdie aanstelling skadelik vir die land en vir pres. Jacob Zuma se internasionale aansien is nie.

Dit staan boonop in die skadu van adv. Lauwrence Mushwana, afgetrede Openbare Beskermer, se herontplooiing as voorsitter van die Menseregtekommissie. Boonop het Mushwana ‘n afskeidsgeskenk van R7 miljoen ontvang toe sy termyn by die Openbare Beskermer afgeloop het, na die Openbare Beskermer op sy wagbeurt minstens twee hofsake – die een oor die Staatsteaterondersoek en die ander oor die Petro SA – Invume –aangeleentheid, verloor het. Veral laasgenoemde het die vraagtekens oor sy politieke onafhanklikheid geplaas. Hy is immers as ANC-LP as Openbare Beskermer ontplooi.

Die ironie is dat die hof gister self ‘n boodskap van onafhanklikheid en juridiese suiwerheid uitgestuur het toe die SAPD aangesê is om binne twee dae uitvoering te gee aan altesaam 15 geïgnoreerde hofbevele teen ‘n sakeman, wat volgens sy eie aansprake hoë konneksies en dus onaantasbaar is. Die hof het klem gelê op die impak wat die SAPD se optrede op die funksionering van die regstaat het.

Dit bly egter ‘n hartseer saak dat die skeiding van magte, soos in die trias politica ‘n demokratiese konvensie geword het, en die onafhanklikheid van die regbank, so diep in die 21ste eeu in Suid-Afrika steeds sukkel om die babasokkies af te skud.

Hoe ver agter Suid-Afrika geraak het blyk uit die skorsing van ‘n Belgiese regter omdat sy glo ‘n sakeman sou bevoordeel het in ‘n saak wat ooreenkomste toon met dele van die Hlope-debakel. Ten spyte daarvan dat dit gou aangespreek is, het die Belgiese premier steeds verklaar dat die insident die demokrasie self bedreig het.

Hierdie premier het pas die eerste president van die Europese Raad geword.

 

справка 082уданильченко юрій броніславович

Vreemdelinghaat vlam weer op

Die jongste gebeure by De Doorns in die Wes-Kaap, waar geweld teen vreemdelinge uitgebreek het, is simptomaties van ‘n sweer vlak onder die oppervlak.

Met Suid-Afrika se werkloosheidskoers, gevoed deur hemelhoë verwagtinge danksy verkiesingsbeloftes, verwag die breë gemeenskap vooruitgang en beter salarisse. Nie om te sien hoe buitelanders bereid is om vir die minimum lone baie hard te werk nie.

Dit is dan ook van die buitelanders se belangrikste verwere: hulle sę Suid-Afrikaners verstaan nie werksetiek nie, en die spaza-bedryf teen wie baie meeding, verstaan nie die konsep van groter wins uit hoër omset nie. Suid-Afrikaners wil glo vinnig ryk word deur maksimale wins per item deur onderlinge prysvaspennings. Dit kom neer op die uitbuiting van die publiek.

Baie buitelanders, veral die Somali’s op die Kaapse Vlakte, leer baie gou Afrikaans aan, anders as die aankomelinge uit die ou Trans- en Ciskei, en doen daarom makliker sake met die honderde duisende Afrikaanssprekendes daar.

Die reaksie van Suid-Afrikaners is dikwels nie om selfondersoek te doen nie, maar om die bakhand- en uitbuitingsindroom te wil verskans – met geweld indien nodig.

Die verdere ironie is dat baie van die vlugtelinge in die land is weens die een of ander vorm van versuim van die regering. By De Doorns is baie van die vlugtelinge Zimbabwiërs, ‘n tragiese gevolg van Suid-Afrika se versuim om in dié rampspoedige potensieel skatryk buurland in te gryp.

Die 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns het na bewering almal werkspermitte – hoe hulle dit reggekry het, is duister.

Talle het in die land gekom deur uiters gebrekkige grensbeveiliging wat hoegenaamd nie tred hou met die omvang van die bedreiging daarvan nie.

Dit is ook nie net vlugtelinge wat die land inkom nie. Uiters gewelddadige Pakistanse misdaadsindikate, Nigeriese dwelm- en prostitusiebase, en vele meer haal gereeld die nuus.

Dit is moeilik om te bepaal hoeveel mense die land onwettig binnegekom het. Selfoonverkoopsyfers dui aan dat heelwat meer selfone besit en gebruik word as die aantal mense wat amptelik in die land woon en normaalweg toegang daartoe behoort te hę. Syfers van etlike miljoen instromelinge word gereeld genoem, heelwat meer as die amptelike werkloosheidskoers.

Ervaring in die verlede leer dat geweld in een gemeenskap dikwels ‘n domino-effek deur die land het. Die land hou nou asem op.

Om bloot vir die bevolking te preek om nie vreemdelinge te haat nie, beteken dadels. Selfs protesoptredes teen ander sake soos swak dienslewering wat in geweld ontaard, is potensieel gevaarlik vir buitelanders in die omgewing. Hulle word in redelose woede geteiken.

Die vraag is, wanneer gaan witmense ook die teiken van daardie geweld word. Ten minste is dit broers wat uit Zimbabwe kom – baie nader familie as wit Afrikaanssprekendes wat nou nog die skuld kry vir alles wat verkeerd gaan. Politici se uitlatings, beleid soos regstellende aksie, verandering van name, miskenning van Afrikaans… al die dinge maak van ons vreemdelinge in ons eie land. Hoe lank gaan dit wees voor die visier van vreemdelingehaat na witmense draai?

Dit is net die regering wat die kultuur kan verander.

5 pound freeФильчаков прокурор отзывы

Kitsdoodstraf

Dit sal ‘n skrikwekkende gedagte wees dat iemand wat net ‘n basiese opleiding agter die rug het en geleer skiet het, die mag gegee word om te besluit oor lewe en dood. Maar is dit nie wat gebeur nie?

Die koerante is die afgelope paar dae volgeskryf oor die polisie wat deur politici en bevelhebbers aangepraat word om te skiet om dood te skiet. Vir ‘n misdaadvoos publiek is dit moontlik welkome woorde – vir die eerste keer word daar hard gepraat teen misdaad en dit lyk ook of daar hard opgetree word.

Daar is waarskynlik maar min mense wat lang trane huil oor die 17 transito-rowers wat die laaste twee maande doodgeskiet is in drie verskillende voorvalle. Die meeste van hulle was geharde misdadigers wat self nie sou stuit om ‘n lewe te neem nie.

Na die ongelukkige voorval waarin ‘n drie-jarige seuntjie per ongeluk doodgeskiet is en die uitlating van die onverantwoordelike adjunk-minister van polisie, Fikile Mbalula, dat onskuldige mense in die kruisvuur gaan sterf, was die polisie gou om daarop te wys dat geen lid van die publiek in die transito voorvalle gewond is nie.

Van die 17 rowers was minstens 15 uit op borgtog en verhoorafwagtend en almal het ‘n misdaadgeskiedenis gehad. ‘n Paar was op die polisie se soeklys.

Die nasionale woordvoerder van die polisie, senior superintendent Lindela Mashigo het gesê die polisie is trots op sy lede wat die booswigte platgeskiet het, want hulle bedreig ons vryheid en veiligheid.

Verseker het almal wat hulleself agter hoë tralieheinings wegsluit, rede om saam te juig, want minstens is daar ‘n paar minder geweldenaars op straat. Maar maak dit ons meer vry en veilig?

Die hele prentjie moet in oënskou geneem word. Hierdie misdadigers wat geskiet is, moes nooit op straat gewees het nie. Waarom was hulle uit op borgtog? Hoe kan dit wees dat ‘n groep van hulle vantevore in die hof onskuldig bevind is? Was dit ‘n geval dat die sake nie goed voorberei was nie? Is dit die oorvol tronke wat maak dat geregtigheid nie seëvier nie? En die belangrike vraag: Hoeveel transitorooftogte moet ‘n persoon pleeg voor ‘n konstabel hom in die visier kry en besluit dat ‘n kits doodsvonnis die beste oplossing is?

Natuurlik gun ons elke polisieman om homself te verdedig net soos ons dit aan elke lid van die publiek gun, maar om met die houding na ‘n toneel te gaan dat jy maar mag skiet om dood te skiet, gaan nie die gebreke in die totale regstelsel toeverf nie.

Regters wat in howe die doodsvonnis uitspreek het jare lank studeer, moet baie ondervinding hê en kan rustig al die kante van die saak aanhoor voor hulle ‘n beslissing gee en nog steeds het Radio Pretoria twyfel oor die vermoë van die regbank om in ons skeefgetrekte ideologiese bestel werklik die Bybelse opdrag uit te voer.

Soveel te meer twyfel ons aan die onderskeidingsvermoë wat iemand wat maar enkele maande lank opgelei is. Ons het al dikwels berig oor byvoorbeeld metro-polisielede wat mense wat vir ‘n vermeende verkeersoortreding afgetrek word, aanrand en rassisties beledig. Wie gaan die streep trek om te sê hulle mag nie ook sommer skiet nie?

 

ukladka-parketaАлександр Фильчаков Васильевич

Eishkom

Jippie! Jacob Maroga is uit. Nee, hy’s in. Nee, hy is weer uit. Maar Bobby Godsell is definitief uit. Maar sal hy terugkom as Maroga uit is?

Die vrae en gerugte en stories oor wie nou eintlik aan die stuur van sake staan by Eskom, het gister die nuustoneel oorheers. Van onverwagse oorde het daar ook vreemde uitsprake gekom – soos die swart vakbonde wat vir ‘n verandering meen rassisme het niks met die ding te doen nie.

Daar is ANC-ministers wat bang is vir die invloed wat die gebeure op buitelandse beleggings kan hê. En dan is daar ‘n direksie wat skielik uit ‘n diep slaap ontwaak en agterkom dat die bestuurder wat hulle aangestel het ‘n verslag waarin die kragkrisis voorspel word, van die tafel gevee het, omdat die vrou wat dit opgestel het, wit is. Daar word ook ernstige debatte gevoer oor die nodigheid van regeringsingryping en die fyn lyn tussen bestuur en politieke inmenging.

Die hele geveg oor wie die trein dryf, is besig om die aandag van die werklike krisis af te lei en dit is dat die spoor reeds oor die afgrond verdwyn het.

Natuurlik is dit belangrik dat mense pa moet staan vir die besluite wat hulle geneem het en is dit ook belangrik wie aan die stuur van sake staan. Maar terwyl dit alles aan die gang is, praat niemand meer oor die Eskom-aansoek om kragpryse dramaties te verhoog nie. Die regering wil ingryp in die bestuur van Eskom, maar wil nog steeds hê dat die belastingbetalers die rekening moet betaal.

Mense vergeet ook dat die regering nog glad nie ‘n plan vir alternatiewe energiebronne het nie en dat die druk op ons natuurlike hulpbronne om aan stygende kragvereistes te voldoen, besig is om die land te verwoes.

Ons land se kragnetwerk was ‘n reuse bate toe die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie die land oorgeneem het.

Dit was nog ‘n geskenkie wat in die skoot van hierdie mense geval het, net soos al die ander stelsels en strukture wat op Eerste Wêreld-standaard opgerig is.

Daar word nou oral laslappieplakwerk gedoen om net die dinge aanmekaar te hou, veral met die oog op volgende jaar se sokkertoernooi.

As dit verby is wat gaan dan word van die ambisieuse projekte soos die Gautrein, bouwerk aan stadions en die instandhouding van paaie? Gaan alles dan maar net weer verder verval en sal ons maar voortleef met ewige beurtkrag?

Dit was die politieke klimaat en politieke beleid wat veroorsaak het dat instansies soos Eskom hulle trots en trotse werkerskorps verloor het. Dit sal eers weer regkom as die politieke bestel verander. Daar kan maar hoeveel Bobby Godsell’s in direksies sit – as hy gedwing word om die regering se beleid van swart bemagtiging en affirmative action toe te pas, gaan hy sukkel om iemand te kry wat weet waarom daar ‘n blou, groen en bruin draadjie in ‘n prop moet wees…

 

прожектор светодиодный ip65Фильчаков прокурор

Die onkruid woeker voort

Elke volk het sy kwota lae karakters en sy oomblikke van skande. Een van die swartste dae in ons volk se geskiedenis was 7 November 1901, toe die National Scouts-korps in Transvaal gestig is.

Hierdie skandebende se lede was verraaiers uit volksgeledere. Aanvanklik het die Britse militêre owerheid hensoppers en floukoppe nie-amptelik as gidse, spioene en verkenners teen die getroue, vegtende Boere gebruik.

In Desember 1900 het invloedryke hensoppers, soos oud-generaals APJ Cronjé en Piet de Wet, sogenaamde Burgervredekomitees gestig. Aanvanklik was hulle redelik passief, maar teen September 1901 het hulle aangebied om hensoppers in eenhede te organiseer om aan Britse kant teen hulle eie mense te veg.

Dit het gelei tot die stigting van die National Scouts in Transvaal en later ook die Orange River Colony Volunteers in die Vrystaat.

Die Britte het nie eintlik die Scouts gerespekteer of vertrou nie. Hulle het gesorg dat elke afdeling van 50 tot 100 lede onder die bevel van Britse offisiere staan, bygestaan deur een of twee verraaier-offisiere.

Aanvanklik sou die Scouts se vergoeding bestaan uit ‘n deel van die buit wat hulle van die Boereplase sou roof, maar later is ‘n Judasloon van vyf sjieling per dag vir manskappe en 15 sjielings per dag vir offisiere vasgestel. Die Scouts is ook voorkeurbehandeling in die konsentrasiekampe en na die oorlog belowe.

In ruil hiervoor het hulle hul Britse base as gidse en spioene gedien. Hulle het ook saam met swart Britsgesindes Boereplase afgebrand en vroue en kinders na konsentrasiekampe weggevoer.

Die National Scouts het strykdeur hatiger teen die Boere opgetree as die Engelse.

Die getroue bittereinder-generaal, Christiaan de Wet, het van die National Scouts gesê: “Verrader, monster, vloek der aarde, vernederd schepsel der natuur”. Tot vandag is National Scout ‘n skandnaam wat die grootste veragting uitlok.

Maar elke geslag het sy stryd en vandag moet ons ook elkeen hand diep in eie boesem steek om te bepaal of ons eie gedrag dié van troue bittereinders is of dié van National Scouts.

• Die National Scout het beloftes van voorkeurbehandeling, ‘n deel van die buit en later ‘n paar sikkels per dag vir sy verraad ontvang. Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat die vyand dien deur sy vals plek- en straatname domgedwee na te praat?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie taal verraai met woorde soos stunning en awesome en seedee en deeveedee?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie kinders vrywillig oorlewer aan die konsentrasiekamp van die vyand se skole, waar hulle mislei, verneder en vernietig word en selfs die prooi word van aanranding, verkragting en skêrmoord?

• Wat ontvang die Afrkaner van vandag vir wie dit te veel moeite is om hom by die Volksverkiesingskommissie te registreer en sy stem vir sy volk uit te bring?

Daar was maar eenduisend-vierhonderd-en-tagtig National Scouts en minder as vyfhonderd Orange River Colony Volunteers, maar hulle nagedagtenis word tot vandag met veragting bejeen.

Hoe wil ons hê moet ons nageslag ons onthou?

 

клей шпаклевкаФильчаков Харьков

Nie alle swartes ondersteun ANC-bestel

Die rubriek uit die pen van Meshack Mabogoane wat tans op die voorblad van praag.co.za verskyn, ootree feitlik elke reël van politieke korrektheid. Nie net beweer Mabogoane dat ANC-beleid swartes se menswaardigheid meer skend as wat enige Reitz-video sou kon doen nie, maar hy lewer ook ‘n pleidooi vir politieke en maatskaplike verandering in Suid-Afrika.

Soos ons al meermale te kenne gegee het, het die Afrikaner sedert hy die binneland ingetrek het nog altyd oor swart bondgenote beskik. By al die gruwelike foute wat FW de Klerk en die voormalige Broederbondelite van destyds begaan het, was verraad jeens die Afrikaner se destydse swart bondgenote ‘n vernietigende element. Roelf Meyer het op ‘n stadium vir Buthelezi met wapengeweld gedreig indien hy op federalisme en ‘n outonome Kwazulu sou aandring.

Terwyl Afrikanervryheid binne ‘n eie gebied of volkstaat vir PRAAG ononderhandelbaar is, wil ons graag in geprek tree met swart denkers en leiers wat nie die huidige korrupte multikulturele pseudo-demokrasie met sy Anglo-Amerikaanse ideologie en kultuur ondersteun nie. Mabogoane is ‘n aktivis wat sowel federalisme as selfbeskikking ondersteun en meen dat die Afrikaner op Afrikaanse universiteite en selfs blanke koshuise geregtig is.

Terwyl die Afrikaner bowenal homself van verdrukking moet bevry, moet die grondslag van goeie verhoudinge met die omliggende Afrika-lande en -volkere nou al gelê word.

Soos ‘n spreker by die Vegkopvergadering enkele weke gelede gesê het, is die ANC “bloot die swart handskoen oor die wit Britse vuis”. Die moderne ANC was grootliks ‘n skepping van Brittanje en natuurlik die Anglikaanse kerk wat onder Trevor Huddleston die beweging befonds het en die propagandaoorlog namens hom gevoer het terwyl Mandela rustig in die tronk gewag het om eendag te kan regeer.

Deel van die Britse strategie in Suider-Afrika, benewens die verdrywing van alle blankes uit Zimbabwe wat met Mugabe se hulp verwesenlik is, is om die Afrikaner te isoleer en van alle invloed of bande met omliggende Afrikastate en -volkere te ontneem.

Dit is nodig dat die Afrikaner uit hierdie isolasie wat die Britse regering en sy plaaslike marionette aan ons opgedring het, breek en die land met alternatiewe denkbeelde bevrug wat ‘n radikaal ander bestel moontlik sal maak.

Тепловойданильченко юрий брониславович прокурор

Afrikanerminderheid moet SAUK-belasting verwerp

Die SAUK is lankal reeds deel van die ANC se soustrein waar amptenare rojale salarisse verdien en geld op partytjies en statussimbole verkwis word. Hierbenewens saai die korporasie hoofsaaklik in die meerderheidstaal, Engels, uit. Ook die politiek, kultuur en sienings van die meerderheid word deur die SAUK in ons kele afgedruk.

Afrikaans word reeds geruime tyd gruwelik deur die SAUK verwaarloos. Waar Afrikaans nog in TV-programme gebruik word, word dit saam met Engels gebesig. Kreoolse programme soos Sewendelaan is nie net ‘n belediging vir die intelligensie van die Afrikanerkyker nie, maar verteenwoordig insgelyks ‘n aanval op Standaardafrikaans wat vir die SAUK ‘n steen des aanstoots is.

Die uitspraak en taalgebruik van radio-omroepers is, op enkele uisonderinge na, ewe beroerd en selfs die eenvoudigste Afrikaanse woorde word verkeerd uitgespreek. Hierteenoor word  die woordeskat van Britse Engels met gewyde eerbied deur die SAUK gerespekteer.

Omdat die SAUK hoegenaamd geen erkenning aan ons taal en kultuur verleen nie, moet die Afrikanerminderheid van die voorgestelde nuwe belasting wat die uitsaaier sou finansier, kwytgeskeld word. Indien nie, moet Afrikaners weier om sodanige ekstra belasting of heffing te betaal.

Aan die ander kant, sou dit sin maak om oor die algemeen belasting van die ANC-bewind te weerhou, aangesien sulke belasting ten bate van die meerderheid en gewoonlik ten nadele van die Afrikanerminderheid gebruik word.

Hoe gouer ons tot ‘n algemene belastingboikot teen hierdie korrupte en spandabele bewind oorgaan, hoe beter. Die nuwe SAUK-belasting sou ‘n goeie begin wees.

мой домик для барбиОлександр Фільчаков прокурор

‘n Sosialistiese hoofstuk begin

Die mediumtermynbegroting wat die ANC se nuutaangestelde minister van finansies, Pravin Gordhan, ingedien het, is maar net die eerste reëls van die volgende hoofstuk van die bewind se sosialistiese beleid.

Behalwe vir die beplande sosialistiese nasionale gesondheidstelsel, wat weens geldtekort eers agterweë gaan bly, is daar weer ruimskoots geld gegooi in oënskynlike diep, bodemlose putte, maar wat instansies is wat die ANC regop moet probeer hou. Hieronder tel die SAUK, wat gebuk gaan onder voortdurende wanbestuur en wat in ‘n normale kapitalistiese omgewing lankal die pad van sekere Amerikaanse banke sou geloop het en bankrot verklaar sou gewees het.

Ook die nuwe, groter kabinet met die méér staatsdepartemente, slurp groot hoeveelhede geld op: vyf honderd nege en tagtig miljoen rand. Die sukkelende en korrupsie-verlamde Landbank word tot hernude lewe beweeg deur ‘n miljard-rand inspuiting. Nog geld word gepomp in die tegniese bankrot Eskom, in Transnet, en Denel se bestelling van Airbus-vragvliegtuie sal ook deur die staat betaal word. En natuurlik moet landelike ontwikkeling, wat die mooi nuwe Zuma-uitgedinkte naam vir grondroof is, en sy sogenaamde opkomende boere, ook ruimskoots befonds word.

Kortom, die belastingbetaler wat reeds noustrop trek, word weer getap om vrot bestuurde en in sommige gevalle bankrot ondernemings aan die gang te hou.

Intussen het die regering nie eens die geld vir sy sosialistiese mislukkende eksperimente of om die openbare ondernemings mee te finansier nie. Nou word daar gepraat van ‘n lening van sewentig miljard rand wat iewers in ‘n netso resessie-geraakte wêreld geleen moet word. Daardie lening gaan waarskynlik ‘n redelike hoë rente aan die uitlener moet oplewer, gesien die minder gunstige graderings wat Suid-Afrika deesdae kry.

Die regering word wel aangespoor om sewe en twintig miljard rand te bespaar. Maar dis redelik mosterd na die maal as regerings op hulle verskillende vlakke reeds geld gemors het op buitengewoon duur motors, as ministers reeds ten duurste in luukse hotelle tuisgegaan het, en as stadsrade reeds hulle geld gemors het op buitensporige partytjies van allerhande aard. Die minister het versuim om sy kabinetskollegas persoonlik aan te spreek oor hulle vermorsing en verkwisting. Maar om te praat van ‘n besparing terwyl die vergrootte kabinet en departemente tog méér geld opslurp, kom op ‘n teenstrydigheid neer wat die netto-effek van ‘n zero-besparing aan regeringskant tot gevolg gaan hê.

Aan die ander kant moet inkomste verhoog word. Omdat die resessie hard slaan, is daar ‘n verkleining van 1,9 persent in die ekonomie. Dit beteken dat die regering minder inkomste kry uit belastings. En die dreigement word reeds voorgehou dat belastings verhoog sal moet word. Daardie volle skok, sal ons waarskynlik vroeg volgende jaar in die hoofbegroting tref.

Die sogenaamde armes betaal natuurlik geen belasting nie. Ook nie die informele sakesektor op die sypaadjies van die stede, of by die taxi-staanplekke nie. Tereg wys VF+ daarop dat sewe miljoen belastingbetalers nie die sosialistiese dienste vir vyftig miljoen mense kan dra nie.

Hierdie begroting is weer eens ‘n kruissubsidiëring van die werkende bevolking, waarvan ons volk die grootste komponent uitmaak, van ‘n parasiterende massa. Ons betaal al hoe meer, terwyl ons al hoe minder terugkry – ‘n uiteindelik onhoudbare situasie wat net kan verander as ons ons eie ekonomie skep as eerste stap om weer ook oor onsself te kan besluit oor alle sake.

 

лосины девочки описаниемалександр лобановский супермаркет класс