SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek

In die aanloop en na afloop van die Konfedereasiebekertoernooi was die polisie duidelik ongemaklik oor die persepsie wat die publiek en besoekers oor die misdaadsituasie in die land sou ontwikkel. Veral die polisie in gasheerstede vir volgende jaar se Sokkerwêreldbekereindtoernooi is met ‘n vergrootglas dopgehou.

Boonop het dit in dieselfde tyd aan die lig gekom dat verskeie polisiestasies met hul misdaadsyfers gepeuter het om sake beter te laat lyk, en is ondersoeke gelas en is selfs opgetree.

Dat van die stasiekommissarisse onder die druk sou swaarkry was te wagte. In Bloemfontein is ‘n vrou wat ‘n rooftog gerapporteer het wat toe die koerant gehaal het, deur die stasiekommissaris gebel en erg uitgetrap omdat sy, soos dit gestel is, “petty crime” gerapporteer het. Volgens hom word “petty crime” nie gerapporteer nie want dit werp ‘n swak indruk op die polisie.

Die vrou het dit bloot ter wille van ‘n versekeringseis gerapporteer omdat sy in ieder geval te min vertroue in die polisie se vermoë om die skuldige aan te keer.

In nog ‘n geval, wat net die buitelandse media en IOL gehaal het, is ‘n Brit wat in dieselfde tyd die wedstryd tussen die Britse en Ierse Leeus en die Cheetahs bygewoon het, naby die gastehuis waar hy tuisgegaan het met ‘n harde voorwerp oor die kop geslaan en beroof. Die man, Midge Fergusson, het aan IOL vertel dat hy deur ‘n senior polisieman besoek is terwyl hy in intensiewe sorg gelê het, en die indruk gekry het die polisieman is erg bekommerd oor die impak van slegte publisiteit oor die voorval, en minder bekommerd oor die voorval self.

Kort hierna het die provinsiale polisiekommissaris alle kommunikasie met Volksblad en sy 13 tuiskoerante opgeskort. ‘n Klag is ook hierna by die Persombudsman gelê.

Dit het geblyk dat die SAPD ongelukkig was oor twee berigte, wat in hoofsaak impliseer dat die provinsiale kommissaris se vriende bevoordeel word. In die een geval het dit gehandel oor ‘n polisieman wat ‘n kollega so erg aangerand het dat hy rekonstruktiewe chirurgie moes ondergaan. Die beweerde aanrander is eers na heelwat gemeenskapsdruk geskors, maar die skorsing is later opgehef, en die man boonop terugwerkend bevorder.

Die mediaboikot teen Volksblad is mettertyd opgehef, en nou het die SAPD ook die klag by die Persombudsman teruggetrek voor die saak bereg kon word.

Op papier het Suid-Afrika, in internasionale terme, buitengewone persvryheid en word dit onder meer pertinent in die grondwet verskans. Die grondwet bevat ook bepalings oor die reg op toegang tot inligting wat die persoon se regte raak.

In die praktyk kom daar egter dadels van as die staat eenvoudig inligting weerhou soos in die geval van Staatsdieskommissie se ondersoek na die nuwe Openbare Vervolger, Menzi Simelane se geskiktheid. Selfs die grondwet vereis dat ‘n persoon geskik vir aanstelling in ‘n staatsgefinansierde pos moet wees.

Dr. Essop Pahad, destydse minister in die presidensie, se dreigement dat die staat advertensies van sekere media kan weerhou, was niks minder nie as ‘n vinger in die oog druk van persvryheid.

Wat die polisie betref, is daar net een manier om nie negatiewe publisiteit te kry nie, en dit is om so ver moontlik niks verkeerd te doen nie, en om genadeloos en sigbaar teen vrot appels in eie geledere op te tree. Vrot appels, soos die polisie wat versuim het om meer as ‘n dosyn hofbevele wat teen ‘n spesifieke persoon verkry is, uit te voer.

Die koestering van vrot appels hou implikasies in soos om die stygende aantal sterftes van mense in polisieselle te verduidelik.

 

сауна в жулебинолобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae