Die Afrika-ontwikkelingsbank, AfDB, het Donderdag ’n lening ter waarde van €1.86 biljoen, oftewel R21 miljard, aan Eskom toegestaan om ’n kragprojek te finansier wat Suid-Afrika en die streek se energievoorsieningskapasiteit ’n aansienlike hupstoot sal gee.
“Suid-Afrika se kragkrisis was tot dusver ‘n groot struikelblok vir Afrika se ekonomie,” het Donald Kaberuka, die president van AfDB Donderdag in‘n verklaring gesê.
“Die bank is bly om by die projek betrokke te wees.”
“Die stap moet gesien word as deel van die bank se volgehoue pogings om Afrika te help om die gaping in die infrastruktuur van die land te oorbrug,” het hy gesê.
Die Medupikragtasie in Limpopo, sal na verwagting teen 2012 begin krag lewer.
Behalwe Medupi, is Eskom besig met talle ander herwinbare energieprogramme.
In totaal beloop die koste van die projek sowat R 126 miljard.
Dit sal grootliks deur ekwiteitskapitaal van 53% gedra word en nagenoeg 47% sal deur lenings gefinansier word.
