praag.co.za

Die onkruid woeker voort

Written by

in

Elke volk het sy kwota lae karakters en sy oomblikke van skande. Een van die swartste dae in ons volk se geskiedenis was 7 November 1901, toe die National Scouts-korps in Transvaal gestig is.

Hierdie skandebende se lede was verraaiers uit volksgeledere. Aanvanklik het die Britse militêre owerheid hensoppers en floukoppe nie-amptelik as gidse, spioene en verkenners teen die getroue, vegtende Boere gebruik.

In Desember 1900 het invloedryke hensoppers, soos oud-generaals APJ Cronjé en Piet de Wet, sogenaamde Burgervredekomitees gestig. Aanvanklik was hulle redelik passief, maar teen September 1901 het hulle aangebied om hensoppers in eenhede te organiseer om aan Britse kant teen hulle eie mense te veg.

Dit het gelei tot die stigting van die National Scouts in Transvaal en later ook die Orange River Colony Volunteers in die Vrystaat.

Die Britte het nie eintlik die Scouts gerespekteer of vertrou nie. Hulle het gesorg dat elke afdeling van 50 tot 100 lede onder die bevel van Britse offisiere staan, bygestaan deur een of twee verraaier-offisiere.

Aanvanklik sou die Scouts se vergoeding bestaan uit ‘n deel van die buit wat hulle van die Boereplase sou roof, maar later is ‘n Judasloon van vyf sjieling per dag vir manskappe en 15 sjielings per dag vir offisiere vasgestel. Die Scouts is ook voorkeurbehandeling in die konsentrasiekampe en na die oorlog belowe.

In ruil hiervoor het hulle hul Britse base as gidse en spioene gedien. Hulle het ook saam met swart Britsgesindes Boereplase afgebrand en vroue en kinders na konsentrasiekampe weggevoer.

Die National Scouts het strykdeur hatiger teen die Boere opgetree as die Engelse.

Die getroue bittereinder-generaal, Christiaan de Wet, het van die National Scouts gesê: “Verrader, monster, vloek der aarde, vernederd schepsel der natuur”. Tot vandag is National Scout ‘n skandnaam wat die grootste veragting uitlok.

Maar elke geslag het sy stryd en vandag moet ons ook elkeen hand diep in eie boesem steek om te bepaal of ons eie gedrag dié van troue bittereinders is of dié van National Scouts.

• Die National Scout het beloftes van voorkeurbehandeling, ‘n deel van die buit en later ‘n paar sikkels per dag vir sy verraad ontvang. Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat die vyand dien deur sy vals plek- en straatname domgedwee na te praat?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie taal verraai met woorde soos stunning en awesome en seedee en deeveedee?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie kinders vrywillig oorlewer aan die konsentrasiekamp van die vyand se skole, waar hulle mislei, verneder en vernietig word en selfs die prooi word van aanranding, verkragting en skêrmoord?

• Wat ontvang die Afrkaner van vandag vir wie dit te veel moeite is om hom by die Volksverkiesingskommissie te registreer en sy stem vir sy volk uit te bring?

Daar was maar eenduisend-vierhonderd-en-tagtig National Scouts en minder as vyfhonderd Orange River Colony Volunteers, maar hulle nagedagtenis word tot vandag met veragting bejeen.

Hoe wil ons hê moet ons nageslag ons onthou?

 

клей шпаклевкаФильчаков Харьков

Comments

Leave a Reply