Belgi? bly sonder ‘n regering n? koalisievorming misluk

Image

Yves Leterme… misluk

BRUSSEL – Die poging van Yves Leterme om ‘n nuwe Belgiese regering saam te stel, het misluk. Ná 40 dae van onderhandelinge tussen die verskillende politieke partye, het hy vir die eerste keer in 40 jaar die Belgiese koning in kennis gestel dat hy geen regering kon saamstel nie. Die koning moes eers uit Frankryk gehaal word waar hy vermoedelik met vakansie was.

België het ‘n swetterjoel partye wat boonop tussen Nederlandstalige Vlaminge en Franstalige Wale verdeel is. Leterme het gepoog om steun rondom die Christen-Demokratiese party te monster en sodoende ‘n meerderheid te kry om ‘n kabinet saam te stel.

Die eerste poging om ‘n regering te vorm, het reeds op 10 Junie – 75 dae gelede – misluk. Vanaf daardie datum het die Franstalige partye teeneise teenoor die Vlaamse partye begin instel, in reaksie op Vlaamse eise van vóór 10 Junie. Hierdie teeneise was vir die Vlaamse partye heeltemal onaanvaarbaar. Vlaminge verteenwoordig 60% van die Belgiese bevolking, maar betaal tagtig persent van die land se belastings. Hulle glo dat hulle deur hul Franstalige medeburgers uitgebuit word wat op die welvaartstaat teer en sodoende van Vlaamse geld leef.

Woesdagaand het die Vlaamse partye van die Franstaliges geëis dat hulle moet verklaar of hulle ernstig is om ‘n nuwe staatsvorming deur te voer. Hulle het egter geen bevredigende antwoord ontvang nie. Tot diep in die nag is gepoog om ‘n kompromis te bereik. Teen middagete gister was dit egter duidelik dat daar ‘n dooiepunt in die onderhandelinge tussen Vlaamse en Franstalige partye bereik is en het Yves Leterme besluit om die koning, die simboliese staatshoof van België, in kennis te stel.

Die Franstalige partye blameer die Vlaamse partye vir die mislukking omdat hulle te veel mag en outonomie wil opeis, asook die regeringsvormer wat volgens hulle nie ‘n goeie werkswyse aan die dag gelê het nie.

Die Vlaamse partye CD&V/N-VA en Open VLD vorm ‘n hegte gemeenskapsfront en verwyt die Franstalige partye, veral die CDH, vir die mislukking. Volgens hulle bly die Franstalige partye die debat ontwyk en "hoor nie" wat die Vlaamse partye bedoel met hul vraag na ‘n "ernstige" staatshervorming wat op groter Vlaamse outonomie moet uitloop nie.

Die leier van die nasionalistiese Vlaams Belang, Filip Dewinter, het reeds te kenne gegee dat die Vlaamse Parlement tot ‘n referendum oor Vlaamse onafhanklikheid behoort oor te gaan. Daar bestaan altesaam sewe parlemente in België, sowel geografiese streeksparlemente as parlemente wat die drie taalgemeenskappe (Nederlands, Frans en Duits) bedien.

Die MR, ‘n Franstalige party, kon die Vlaamse partye nog ‘n ooreenkoms bereik wat die kulturele en sosio-ekonomiese geskille sou bylê, maar nie met die CDH waarvan die leidster, Joëlle Milquet, volstrek nee gesê het. Die CDH het nie goed gedoen in die verkiesing in Mei nie en het gehoop op ‘n koalisieregering met die Sosialistiese Party. Op die huidige sentrum-regse koalisie was die party glad nie voorbereid nie. Boonop sou deelname aan so ‘n koalisie die CDH verbind tot federale hervormings en groter magte vir die taalgemeenskappe waaroor hy aan sy kiesers belowe het dat dit "nooit" sou deurgaan nie.

Die Belgiese koning het gisteraand sy raadpleginge begin en het al die MR-voorsitter Reynders ontvang. Die verwagting is nou dat die koning gou ‘n skakelbeampte of bemiddelaar sal aanstel wat waarskynlik Franstalig sal wees.

Die skakelbeampte of bemiddelaar kan poog om nuwe koalisiekombinasies te vind, of kan terugval op diegene wat die eerste koninklike bemiddelaar, Jean-Luc Dehaene, "die enigste realisties moontlike koalisie" noem. In die laaste geval moet hy of sy poog om ‘n keuse van koalisievennote te vind wat die Vlaamse partye tot koalisievorming kan verlei. Daar is geen ander manier nie. ‘n Regering sonder die sentrum-regse Vlaamse party, die CD&V/N-VA is onmoontlik. En Open VLD sal met geen ander koalisievenoot saamwerk nie.

Dit is ironies dat twee taalgemeenskappe wat ‘n hoofstad, Brussel, met die Europese Unie van 25 lande deel, nie in staat is om mekaar te vind as dit by die samestelling van die Belgiese regering kom nie.

signup bonusОлександр Фільчаков прокурор

Alles wel in Zimbabwe…

President Robert Mugabe se regering het gister ’n wetsontwerp aan die parlement voorgelê ingevolge waarvan Zimbabwiërs die meerderheidsaandeel in buitelandse maatskappye gaan bekom.

Volgens ekonomiese kenners kan hierdie wetgewing die ekonomiese krisis in die land aansienlik vererger. Dit sal aan die regering ongekende magte verleen om te besluit hoe buitelandse firmas, ook in die mynbedryf, moet funksioneer.

Mugabe is vas van plan om die wetsontwerp goedgekeur te kry. Sy ZANU-PF-party het immers die meerderheid setels in die parlement. Die nuutste poging van die regering om sy greep op die land se ekonomie te verstewig, kom net ná ’n aankondiging dat die land se inflasiekoers nou op 7 634% staan.

Chroniese tekorte aan petrol, kos en buitelandse valuta is toenemend aan die orde van die dag. Die nuwe inflasiekoers volg op die regering se onlangse besluit dat alle prysverhogings gestaak moet word, wat winkelrakke leeg gelaat en tekorte vererger het. Sowat 80% van die bevolking is tans werkloos.

Intussen het die Suid-Afrikaanse regering Donderdag sy tevredenheid uitgespreek oor die moontlikheid van vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe. Die kabinet het ’n verslag van president Thabo Mbeki aanvaar waarin beweer word dat die president se pogings om ’n ooreenkoms tussen ZANU-PF en die MDC-opposisie te beding “volgens plan verloop.”

Volgens Themba Maseko, regeringswoordvoerder, word vertroue in die verslag uitgespreek dat “hierdie samesprekings tot ’n ooreenkoms sal lei wat die fondament vir vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe sal lê.“

Dit volg op verlede week se SAOG-byeenkoms in Lusaka, waar leiers van suidelike Afrika saamgestem het dat die probleme in Zimbabwe “oordryf word.“

 

gambling websites ukЛобановский Харьков

Guinee ge?nteresseerd in kernkrag

Nadat uraan vroeër vandeesmaand in Guinee ontdek is, wil die land nou in gesprek tree met die Internasionale Atoomenergie-agentskap in Wene. Hulle is op soek na ’n kernkragoplossing vir Guinee se kragprobleme.

Uraan is aan die begin van Augustus deur die Australiese mynmaatskappy, Murchison United, sowat 600 km oos van die hoofstad Conakry ontdek. Volgens ’n regeringsegsman stel Guinee nie net belang in kernkrag nie, maar sal die land ook uraan wil aanwend vir landbou-, medisyne- en nywerheidsdoeleindes.

Uraanpryse het oor die afgelope twee jaar viervoudig toegeneem. Al meer lande wend hulle naamlik na kernkrag te midde van toenemende besorgdheid oor die gevare wat besoedeling vir die omgewing inhou.

Lansana Conte, ’n kettingroker wat Guinee al sedert 1984 regeer, toe hy tydens ’n militêre staatsgreep aan bewind gekom het, het ook ontginningspermitte vir uraan aan twee ander maatskappye, Nova Energy en Contico, toegestaan. Die mineraalryke land het vroeër vanjaar gewelddadige betogings teen die huidige regering beleef. Sowat ’n derde van die wêreld se bouksiet (wat in aluminium gebruik word) word hier aangetref.

’n Hele paar Afrikalande het die afgelope tyd belangstelling getoon in kernkrag as ’n oplossing vir hul kragprobleme. In Junie vanjaar het president Museweni van Oeganda (waar uraan ook onlangs ontdek is) by die G8-byeenkoms klem gelê op die belangrikheid van kernkrag. Suid-Afrika is egter tans die enigste Afrikaland suid van die Sahara waar kernkrag geproduseer word. Op die oomblik maak kernkrag 6% uit van die land se totale kragopwekking en daar word beplan om dit na 15% te verhoog.

In Noord-Afrika het Algerië onlangs ’n kernsamewerkingsooreenkoms met die VSA onderteken. Libië het verlede maand ’n soortgelyke ooreenkoms met Frankryk aangegaan. Abdoulaye Wade van Senegal het op sy beurt aangekondig dat  hy voor die einde van sy ampstermyn ’n kernreaktor wil laat bou.

Afrika was sowat 30 jaar gelede die wêreld se belangrikste uitvoerder van uraan. Tans is die vasteland maar vir 20% van totale produksie verantwoordelik. Australië is nou die belangrikste uraanproduseerder ter wêreld.

 

динамо центрДанильченко Юрий Брониславович Харьков

R2,6 miljoen vir politici se veiligheid

Image

Playfair Morule

Belastingsbetalers moes sowat R2,6 miljoen hoes vir veiligheidsmaatreëls by die private wonings van vier Vrystaatse provinsiale ministers, het die Demokratiese Alliansie (DA) Maandag bekendgemaak. Die party se Vrystaatse leier, Roy Jankielsohn, meen die bedrag is buitensporig en dat die ANC-ministers moet verduidelik waarvoor hulle so bang is.

“Verder behoort veiligheid nie ’n probleem vir die ANC se verteenwoordigers te wees nie, want die nasionale minister van veiligheid (Charles Nqakula) beskou misdaad mos as onder beheer,” het Jankielsohn gesê. Volgens hom is nagenoeg R728 000 spandeer om veiligheid by die huis van die plaaslike minister van openbare werke, paaie en vervoer te verbeter.

Neo Masithela, minister van toerisme, omgewingsake en ekonomiese aangeleenthede, het R730 000 se verbeteringe ontvang, terwyl die huis van die voormalige minister vir veilligheid, Playfair Morule, teen die bedrag van R728 000 beveilig is. ’n Verdere bedrag van R495 000 is uitgegee op die huis van Susan Mnumzana, die plaaslike minister van landbou.

Veiligheidsmaatreëls het die oprigting van hoë mure, die installering van elektroniese heinings bo-op mure, veiligheidskameras, spesiale beligting, alarmstelsels en veiligheidshekke ingesluit. Jankielsohn meen die regering se belangrikste taak is om sy burgers te beskerm en nie net politici nie.

сауны своимиДанильченко Юрий отзывы

Frontex hou Afrikane uit die EU

Image

Onwettige immigrantejag

Honderd-agt-en-tagtig onwettige immigrante is Dinsdag in die kuswater van Gambië aangekeer deur Afrikane wat vir die EU se Frontex-organisasie diens doen aan die weskus van Afrika. Dit bring die syfer op 300 onwettige immigrante binne drie dae in dieselfde gebied.

‘n Senegalese polisiewoordvoerder wat namens Frontex optree, het bevestig dat die onwettige immigrante op ‘n houtskuitjie na Europese grondgebied onderweg was toe hulle deur ‘n Spaans-Senegalese patrollie aangekeer is.

"Tussen hulle is 118 Senegalese, 61 uit Guinee-Bissau en 9 Guineërs. Hulle het vanaf Casamance (die suide van Senegal) vertrek minder as twee dae gelede," het die woordvoerder gesê. Die onwettige immigrante is na Dakar geneem waar hulle aan ‘n internasionale organisasie oorhandig is. Die vier Senegalese mensesmokkelaars sal, na wat verneem word, nie aangekla word nie en is reeds vrygelaat.

Senegal is een van die grootste uitvoerders van onwettige immigrante wat vanaf dié land probeer om Spanje se Kanariese Eilande te haal om sodoende toegang tot die vleispotte van Europa te verkry. ‘n Soortgelyke operasie het op 18 Augustus byna ‘n honderd onwettige immigrante opgelewer, volgens die Senegalese polisie.

Frontex, wat sedert 2006 in samewerking met Wes-Afrika probeer om die Spaanse kus vir onwettige immigrante ontoeganklik te maak deur patrollies, meen dat hulle sukses behaal en Dakar en Madrid het aangekondig dat hulle hul gemeenskaplike poging sal verleng tot Julie 2008. Die hoofkwartier van die Frontex-organisasie is in Warskou en dit is in die lewe geroep om te probeer om die onwettige immigrasiestroom af te sny sodat swart Afrikane Europa nie per see of lug kan bereik nie.

Tans is twee patrolliebote, ‘n vliegtuig en Spaanse helikopter, asook ‘n Italiaanse vliegtuig ter beskikking gestel om Senegal se kus te bewaak en te keer dat onwettige immigrante Europa bereik. Verlede jaar is meer as 31 000 klandestiene reisigers geregistreer. Danksy verskerpte maatreëls is die aantal onwettige immigrante vir die eerste kwartaal egter laer as verlede jaar.

юбки для девочекФильчаков прокурор отзывы

Twee derdes van Nederland ten gunste van eenwording

AMSTERDAM – Twee derde van de Nederlanders ziet een samenvoeging van Nederland en Vlaanderen wel zitten. Ruim 85 procent is voor intensievere samenwerking met de Belgen. Dat blijkt dinsdag uit een onderzoek dat TNS Nipo in opdracht van RTL heeft uitgevoerd.

In België woedt een politieke discussie over het hervormen van Vlaanderen en Wallonië.

Meer dan 60 procent van de ondervraagden denkt dat beide landen beter worden van een fusie. Een op de vijf Nederlanders denkt dat Nederland en Vlaanderen na samenvoeging geleid moeten worden door de Oranjes.

Afschaffing van beide koningshuizen is volgens 16 procent de beste optie. 17 Procent denkt dat beide landen hun eigen koninklijke familie moeten behouden.
Zelfstandig

Ongeveer vijf van de zes respondenten (83 procent) denkt dat België zelfstandig blijft voortbestaan. Ongeveer 14 procent denkt dat dit niet het geval is. Een kwart van de Nederlanders denkt dat Vlaanderen en Wallonië gescheiden moeten worden.

тамбов иклобановский депутат

Re?nmakerery in Senegal

Senegal eksperimenteer sedert 2005 met reën op aanvraag. Dié program word ondersteun deur Marokko om die onvoorspelbaarheid van buie te probeer oorkom, maar navorsers en boere bly skepties oor die werklike impak.

Nadat Senegal ‘n 2002 ‘n slegte seisoen beleef het, "het president Abdoulaye Wade aan Marokko gevra om te help met reën op aanvraag," verduidelik Chérif Diop, hoof van weerkundige navorsing. Die program heet "Bawaan" wat "nuttige reën" in Wolof, die grootste taal in Senegal, beteken.

Dit is daarop gemik om voedselsekuriteit in Senegal te bevorder omdat weersomstandighede in die land nie altyd geskik is vir landbou nie. Senegal se ekonomie bestaan hoofsaaklik uit landbou en voedsel moet ingevoer word om aan die aanvraag te voldoen.

Reën word gemaak deur wolke mbv vliegtuie in die lug of generators op die grond te "bombardeer". ‘n Radar in die noorde by Linguère "wat feitlik die hele land dek met ‘n reikafstand van 480km" volgens Diop, bepaal die chemiese en fisiese eienskappe van wolke, hul ewolusie en die hoeveelheid water.

Die reënmakerprogram, wat deur 8 van die 11 lande in die streek van stapel gestuur is, het 23 operasies tussen Julie en Augustus onderneem teenoor die 35 in dieselfde tyd verlede jaar. Die sones in die noordelike dele wat baat by geïnduseerde reën se reënvalsyfers is bogemiddeld terwyl droogte die suide teister.

"Ons dink bogemiddelde reënval in die noorde en die sentrum is verwant aan operasies in dié gebied," verseker Diop sy gehoor. Volgens kenners is dit nietemin nie so voorspelbaar nie, want dit is nooit heeltemal seker of dit wel na afloop van ‘n operasie sal reën nie.

Vir die sekretaris-generaal van die Nasionale Raad vir Landelike Oorlegpleging (CNCR), Baba Ngom, is reënmakery nie "realisties" nie en wil hy niks daarmee te make hê nie. Watervore is volgens hom die antwoord en moet ‘n mens "die Senegalrivier aanwend want miljoene kubieke meter water vloei jaarliks in die see weg."

Senegal het reeds in die sestigerjare met reënmakery geëksperimenteer sonder sukses. Ten spyte daarvan glo weerkundige direkteur Matra Ndiaye, dat die werklike impak van die nuwe eksperiment wat in 2005 begin is, eers in 2010 gemeet sal kan word.

Hy het egter toegegee dat die VSA, Israel, Frankryk en Spanje al enorme bedrae op reënmakery bestee het sonder dat dit veel opgelewer het en "sonder dat die nut daarvan bewys is."

"Die grootste uitdaging is om die impak wat verkry kan word deur wolke te teiken te begryp. Sou die wolke sonder ingryping dieselfde resultate gelewer het?" wonder Ndiaye hardop.
 

free football bet no deposit requiredФильчаков прокурор харькова

Duitse kermisgangers verdryf Indi?rs

Image

Welkom in M?geln…

‘n Kermis in die dorpie Mügeln, naby Leipzig in die ooste van Duitsland, het Saterdag vir agt Indiërs in ‘n nagmerrie verander. Nieu-Delhi het die Duitse regering intussen amptelik oor die insident genader en by monde van die Indiese ambassadrise Meera Shankar gevra om "maatreëls in te stel […] om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed." Berlyn het geen besonderhede rakende die versoek bekendgemaak nie.

Die burgemeester van Mügeln, Gotthard Deuse, het die Indiërs uitgenooi om deel te neem aan die kermis. Hulle is almal vlugtelinge of handelaars en bedryf glo ‘n klerestalletjie by die weeklikse mark. Vyftig Duitsers het na bewering op ‘n agttal Indiërs toegesak nadat ‘n onderonsie ná middernag by een van die kermisfeestente buite beheer geraak het.

 
Die Indiërs is met bottels en vuiste uit die dorpie met sy sowat 4 700 inwoners verdryf. Dit het 70 polisieamptenare gekos om die 50 Duitsers tot bedaring te bring. Een Duitser en een Indiër is in die hospitaal opgeneem en talle beseer. ‘n Skare kermisgangers het die geveg met belangstelling gevolg en volgens die koerant, die Leipziger Volkszeitung, allerlei anti-vreemdeling krete van hulle laat hoor.

Die Indiërs het eers in ‘n Pizzeria gaan skuiling soek. Die Pizzeria behoort aan ‘n Indiër wat ‘n goeie vriend van die burgemeester is. Die groepie woedende plaaslike inwoners het egter die deur afgeskop en die vlugtendes agterna gesit. Hulle het ook die eienaar se motor beskadig. Twee Duitsers, een van 21 en die ander van 23, is ondervra maar is weer vrygelaat.

Sakse is die deelstaat waar die meeste soortgelyke insidente gerapporteer word ten spyte van die klein aantal buitelanders wat daar woon. Uwe Karsten Heye, voorsitter van die organisasie Gesicht zeigen! [Gesig wys!], wat opslae gemaak het omdat hy voor die Sokkerwêrldbeker na ‘no-go’ areas vir buitelanders met ‘n donker huidkleur verwys het, sê hy is weer eens reg bewys.

Die verregse party, die NPD, het in 2004 tydens die streekverkiesings in Sakse 9% behaal, die hoogste in Duitsland. Die burgemeester het egter benadruk dat daar geen regse groeperinge in sy dorpie is nie en dat naburige dorpe dalk betrokke kan wees. Een van die slagoffers, Singh Gorvinda, het ook bevestig dat hy nog nooit voorheen ‘n probleem in die dorpie teëgekom het nie.

yeella.comФильчаков прокурор

‘Vlaams Parlement moet onafhankelijkheid afkondigen’

Vlaams Belangfractieleider Filip Dewinter wil dat het Vlaams Parlement, zonder nog te wachten op federale onderhandelingen, zelf zijn autonoom statuut afkondigt en in een referendum aan de Vlaamse bevolking voorlegt. «Het Catalaans Parlement heeft dat gedaan en de Spaanse federale overheid heeft er zich achteraf bij neergelegd. Ik vraag vandaag aan voorzitter Marleen Vanderpoorten om het parlement met dat doel vervroegd bijeen te roepen», zegt Dewinter.

«Elk volk, ook het Vlaamse, heeft het recht om zijn toekomst in handen te nemen», aldus Dewinter. «Ik stel voor dat het Vlaams Parlement de eigen resoluties van acht jaar geleden zou toepassen en de bevoegdheid over die materies zou overnemen. Als de Franstaligen toch niet willen praten over onafhankelijkheid, is het tijd om onze tanden te laten zien. Eén keer zou volstaan om hen op andere gedachten te brengen, geloof me vrij. Ze hadden al schrik van een fictieve tv-uitzending. Laten we het RTBF-scenario dus maar eens uitproberen.»

Dewinter vindt het geen probleem dat daarmee de grondwet zou geschonden worden. «In 1830 heeft België zich ook niet gestoord aan de Nederlandse grondwet. Nog maar pas heeft de federale regering de grondwet niet uitgevoerd inzake Brussel/Halle-Vilvoorde. Als de Vlamingen zich in een referendum uitspreken, zal geen politicus dat nog tegenspreken. De Franstaligen zouden daarna heel wat minder noten op hun zang hebben. Zie het maar als een stok achter de deur. Vlaanderen moet een beetje meer Tijl spelen en wat minder Lamme Goedzak.»

баниДанильченко

Plakkers swaai die septer

Image

Ons het reg op jou voorstoep…

Die Pretoriase hooggeregshof het gister die polisie beveel om vandag 50 plakkershutte, wat hulle verlede week op ’n stuk onbewoonde grond vernietig het, te herbou. Die aansoek is namens die plakkers ingebring deur ’n organisasie genaamd Tswelopele Step by Step.

Die polisie het verlede week opgedaag by die stuk grond op die hoek van De Villebois Mareuil-rylaan en Garsfonteinweg, skuins oorkant die Woodhill-landgoed in Pretoria, waar hulle die hutte afgebrand en die inwoners verjaag het.

Volgens regter Roger Claassen het die polisie onwettig opgetree. Die Tshwane-metroraad, die departement van binnelandse sake en die polisie het naamlik in Mei vanjaar reeds opdrag van die appèlhof ontvang om die plakkers se hutte te herbou, ná vroeëre optrede deur die polisie, wat hulle van die grond verwyder het. Ingevolge hierdie hofbevel moes die drie partye “tydelike huisvesting oprig wat aan die mense skuiling, privaatheid en aangenaamheid gelykstaande aan die vorige nedersetting sal bied.” Daar het egter niks gebeur nie, aangesien die Tshwane-metroraad huiwerig was om die hofbevel uit te voer. Die polisie het dus ’n tweede keer toegeslaan, voor die eerste hofbevel nog uitgevoer is.

Tswelopele Step by Step word bedryf deur ene Colin Dredge en sy vrou Denise. Hulle maak staat op donasies uit die Christelike gemeenskap om haweloses te help. Hulle deel kos uit en sien om na plakkers wat in die oop stukke veld in Pretoria se voorstede bly. Sondae hou hulle kerkdienste vir dié groepe, in die veld. Colin Dredge voel sterk daaroor dat die plakkers oorkant Woodhill die volste reg het om daar aan te bly. Volgens hom is dit nutteloos om die polisie vir skadevergoeding te dagvaar, aangesien die proses te lank sal neem en die plakkers se besittings in elk geval nie veel werd is nie. “Al wat hierdie mense wil hê, is ’n dak oor hulle koppe,“ meen hy.

free slot machinesОлександр Васильович Фільчаков

Boekbekendstelling ‘n ‘heerlike kafeekuier’

Die bekendstelling van Uitgewery Praag se jongste publikasie, Die nihilisme – notas oor ons tyd deur die bekende Afrikaanse denker en skrywer Danie Goosen, was ‘n "heerlike kafeekuier" soos die skrywer Kleinboer dit gestel het. Terwyl die son water trek oor die verlate Kerkplein waaroor Oom Paul se standbeeld waghou, het ‘n sewentigtal besoekers aan die historiese Café Riche op die plein aan die lippe van Danie Goosen en sy inleier, Johann Rossouw, gehang en agterna ure lank oor vonkelwyn gekuier. Daar heers ongekende belangstelling in Die nihilisme wat as ‘n filosofiese kragtoer bestempel word, asook een van die grootste intellektuele publikasies tot nogtoe in Afrikaans.
 
Diegene hier en oorsee wat dit nie kon bywoon nie, kan iets van die atmosfeer beleef in die volgend foto-essay.
 
Image

Terwyl kafeegaste opdaag, teken Danie Goosen enkele van sy boeke in die voorste deel van Caf? Riche

 

 
 
Image

Oud en jonk was daar…
 
Image

Die uitgewer, Dan Roodt, stel vir Johann Rossouw en Danie Goosen aan die woord.

 

 
Image

“Revolusies begin in kafees,” volgens die eienares, Lam? Ebersohn.

 

 
Image

Johann Rossouw aan die woord.

 

 
Image 
 
Image 

пескоструйная обработкаАлександр Фильчаков

Tokyo kritiseer sy kamarade

Image

Tokyo Sexwale

Tokyo Sexwale, wat onlangs sy presidensiële ambisie bekend gemaak het, het Vrydag die huidige situasie in die ANC gekritiseer. Volgens hom word die klimaat binne die party gekenmerk deur “karaktermoord, smeerveldtogte, moddergooiery, fluisterveldtogte en die verspreiding van gerugte.”

Sexwale het by ’n fondsinsamelingsdinee van die ANC-jeugliga opgetree. Volgens hom dra nie een van bogenoemde aspekte by tot “die soeke na beter lewenskwaliteit vir al ons burgers nie.” Hy is aan die einde van sy toespraak luid toegejuig. Hy het die gaste daaraan herinner dat diegene wat Chris Hani destyds vermoor het, die land in chaos wou dompel. Hy het dit vergelyk met wat nou in die ANC-alliansie aan die gang is. “Hoekom doen ons dit aan onsself?” wou hy weet.

Die voormalige Gauteng-premier en sakeman het verder beklemtoon dat baie ander ANC-leiers betrokke was in die sakewêreld, soos hyself. Albert Luthuli was byvoorbeeld voorsitter van die Afrika Suikerboervereniging en Walter Sisulu het ook sakebelange gehad. “So, ons hou van sakemanne in die ANC,” het hy gesê.

Hy het nie in sy toespraak na sy presidensiële ambisie verwys nie. Hy meen die ANC staan tans voor ’n keuse: hulle kan in ’n gekkeparadys lewe of aandag gee aan kwessies soos “faksievorming, etniese tendense, provinsialisme, streeksverbondenheid en etnisiteit.“

Alhoewel hy nie direk verwys het na Thabo Mbeki of Jacob Zuma nie, het Sexwale gesê “die uitruil van beledigings in die openbaar, afkrakende kommentaar en soortgelyke afbrekende openbare optrede deur leiers wat ’n voorbeeld behoort te stel, moet vinnig in die kiem gesmoor word.“ As dit nie gebeur nie, sal die ANC volgens hom die respek en vertroue van hul ondersteuners verloor.

Sexwale meen voorts dat, in die lig van die huidige klimaat in die party, mense nie verbaas moet wees oor die “toename in gewaagde massaprotes en die ontstellend gewelddadige betogings en ander vorme van onwettige optrede wat deur kwellinge oor dienslewering veroorsaak word nie.“ Hy het verwys na die situasie in Khutsong waar “ons skynbaar beheer verloor het.“

Wat die ANC se nasionale konferensie in Desember betref, meen Sexwale dat mense moet besef dat daar nie ’n superster verkies gaan word wat met ’n towerstaffie al die party se probleme gaan oplos nie. Wat belangrik is, is dat leiers verkies word wat die uitdagings verstaan en “wat altyd onthou dat dit nodig is om ’n beter lewe vir almal te skep.“

центробежный насосФильчаков

SAOG-intervensiemag vir 2010 voorsien

Image

Kabila, Mugabe, Kikwete

Suider-Afrika gaan ‘n mag op die been bring wat vinnig ontplooi sal kan word. Dit is by die afgelope spitsberaad van die SAOG-lande in Lusaka ooreengekom. Besluite oor mediasie vir die krisis in Zimbabwe wat ook op die agenda was, is volgens die Gemeenskap met welslae afgehandel.

Die brigade wat op snelle intervensie gerig sal wees, sal observasie- en toesig-operasies onderneem. Hulle sal ook vredes- en stabiliseringsmissies behartig en intree met "vredestigtingsoperasies". Die aankondiging is deur Zambië se staatshoof, Levy Mwanawasa, gemaak wat tans as voorsitter van die Gemeenskap dien.

Die mag sal ontwapening kan afdwing in konfliksituasies en van hulp wees tydens natuurrampe. Die mag sal bekendstaan as die FAA en sal deur die AU gedra word. Die oprigting word vir 2010 beplan. Dit sal een van vyf magte wees op die kontinent wat vyf groot streke, naamlik Noord, Oos, Wes, Suid en Sentraal, sal bedien.

 
Elke eenheid sal in sy land van herkoms bly. Suid-Afrika, Angola, Bostwana, Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, DRK, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe vorm deel van die mag. Net Madagaskar sal nie deelneem nie omdat die land oor geen weermag beskik nie.

Robert Mugabe, 83 jaar oud en 27 jaar aan bewind, het nie Vrydag se afsluiting bygewoon nie. Daar was geen amptelike verklaring vir sy afwesigheid nie. Geen noemenswaardige kritiek is teen Zimbabwe uitgespreek nie.

Eduardo Dos Santos is deur die Gemeenskap gevra om verkiesings in sy land te oorweeg. Sedert 1975, die jaar waarin Angola onafhanklik geword het, was daar nog geen demokratiese verkiesings in die land nie terwyl internasionale druk op elke ander land in die Gemeenskap toegepas is oor die aangeleentheid. Lesotho se eerste minister, Pakalitha Mosisili, het gesê hy hoop verkiesings vind eersdaags in Angola plaas.

игры для дивчатоктопкарго отзывы