SAOG-intervensiemag vir 2010 voorsien

Image

Kabila, Mugabe, Kikwete

Suider-Afrika gaan ‘n mag op die been bring wat vinnig ontplooi sal kan word. Dit is by die afgelope spitsberaad van die SAOG-lande in Lusaka ooreengekom. Besluite oor mediasie vir die krisis in Zimbabwe wat ook op die agenda was, is volgens die Gemeenskap met welslae afgehandel.

Die brigade wat op snelle intervensie gerig sal wees, sal observasie- en toesig-operasies onderneem. Hulle sal ook vredes- en stabiliseringsmissies behartig en intree met "vredestigtingsoperasies". Die aankondiging is deur Zambië se staatshoof, Levy Mwanawasa, gemaak wat tans as voorsitter van die Gemeenskap dien.

Die mag sal ontwapening kan afdwing in konfliksituasies en van hulp wees tydens natuurrampe. Die mag sal bekendstaan as die FAA en sal deur die AU gedra word. Die oprigting word vir 2010 beplan. Dit sal een van vyf magte wees op die kontinent wat vyf groot streke, naamlik Noord, Oos, Wes, Suid en Sentraal, sal bedien.

 
Elke eenheid sal in sy land van herkoms bly. Suid-Afrika, Angola, Bostwana, Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, DRK, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe vorm deel van die mag. Net Madagaskar sal nie deelneem nie omdat die land oor geen weermag beskik nie.

Robert Mugabe, 83 jaar oud en 27 jaar aan bewind, het nie Vrydag se afsluiting bygewoon nie. Daar was geen amptelike verklaring vir sy afwesigheid nie. Geen noemenswaardige kritiek is teen Zimbabwe uitgespreek nie.

Eduardo Dos Santos is deur die Gemeenskap gevra om verkiesings in sy land te oorweeg. Sedert 1975, die jaar waarin Angola onafhanklik geword het, was daar nog geen demokratiese verkiesings in die land nie terwyl internasionale druk op elke ander land in die Gemeenskap toegepas is oor die aangeleentheid. Lesotho se eerste minister, Pakalitha Mosisili, het gesê hy hoop verkiesings vind eersdaags in Angola plaas.

игры для дивчатоктопкарго отзывы