Elke eenheid sal in sy land van herkoms bly. Suid-Afrika, Angola, Bostwana, Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, DRK, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe vorm deel van die mag. Net Madagaskar sal nie deelneem nie omdat die land oor geen weermag beskik nie.
Robert Mugabe, 83 jaar oud en 27 jaar aan bewind, het nie Vrydag se afsluiting bygewoon nie. Daar was geen amptelike verklaring vir sy afwesigheid nie. Geen noemenswaardige kritiek is teen Zimbabwe uitgespreek nie.
Eduardo Dos Santos is deur die Gemeenskap gevra om verkiesings in sy land te oorweeg. Sedert 1975, die jaar waarin Angola onafhanklik geword het, was daar nog geen demokratiese verkiesings in die land nie terwyl internasionale druk op elke ander land in die Gemeenskap toegepas is oor die aangeleentheid. Lesotho se eerste minister, Pakalitha Mosisili, het gesê hy hoop verkiesings vind eersdaags in Angola plaas.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.