Duitse kermisgangers verdryf Indi?rs

Image

Welkom in M?geln…

‘n Kermis in die dorpie Mügeln, naby Leipzig in die ooste van Duitsland, het Saterdag vir agt Indiërs in ‘n nagmerrie verander. Nieu-Delhi het die Duitse regering intussen amptelik oor die insident genader en by monde van die Indiese ambassadrise Meera Shankar gevra om "maatreëls in te stel […] om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed." Berlyn het geen besonderhede rakende die versoek bekendgemaak nie.

Die burgemeester van Mügeln, Gotthard Deuse, het die Indiërs uitgenooi om deel te neem aan die kermis. Hulle is almal vlugtelinge of handelaars en bedryf glo ‘n klerestalletjie by die weeklikse mark. Vyftig Duitsers het na bewering op ‘n agttal Indiërs toegesak nadat ‘n onderonsie ná middernag by een van die kermisfeestente buite beheer geraak het.

 
Die Indiërs is met bottels en vuiste uit die dorpie met sy sowat 4 700 inwoners verdryf. Dit het 70 polisieamptenare gekos om die 50 Duitsers tot bedaring te bring. Een Duitser en een Indiër is in die hospitaal opgeneem en talle beseer. ‘n Skare kermisgangers het die geveg met belangstelling gevolg en volgens die koerant, die Leipziger Volkszeitung, allerlei anti-vreemdeling krete van hulle laat hoor.

Die Indiërs het eers in ‘n Pizzeria gaan skuiling soek. Die Pizzeria behoort aan ‘n Indiër wat ‘n goeie vriend van die burgemeester is. Die groepie woedende plaaslike inwoners het egter die deur afgeskop en die vlugtendes agterna gesit. Hulle het ook die eienaar se motor beskadig. Twee Duitsers, een van 21 en die ander van 23, is ondervra maar is weer vrygelaat.

Sakse is die deelstaat waar die meeste soortgelyke insidente gerapporteer word ten spyte van die klein aantal buitelanders wat daar woon. Uwe Karsten Heye, voorsitter van die organisasie Gesicht zeigen! [Gesig wys!], wat opslae gemaak het omdat hy voor die Sokkerwêrldbeker na ‘no-go’ areas vir buitelanders met ‘n donker huidkleur verwys het, sê hy is weer eens reg bewys.

Die verregse party, die NPD, het in 2004 tydens die streekverkiesings in Sakse 9% behaal, die hoogste in Duitsland. Die burgemeester het egter benadruk dat daar geen regse groeperinge in sy dorpie is nie en dat naburige dorpe dalk betrokke kan wees. Een van die slagoffers, Singh Gorvinda, het ook bevestig dat hy nog nooit voorheen ‘n probleem in die dorpie teëgekom het nie.

yeella.comФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae