Moordenaars se semen op ET se lyk gevind

Enkele dae gelede het PRAAG inligting vanaf die polisie ontvang dat daar semen op Eugene Terre’Blanche se lyk gevind is. Volgens een van die staat se forensiese patoloë was dit egter in so ‘n posisie dat dit nie van Terre’Blanche afkomstig kon wees nie, maar van sy moordenaars.

Praag het nie onmiddellik die inligting gepubliseer nie, in afwagting op wat die volgende rondte in die propagandaoorlog rondom Terre’Blanche se moord sou oplewer. Die Nasionale Inligtingsagentskap (NIA) is ten nouste betrokke by die manipulering van die media rondom die moord. In die Saturday Star, ‘n koerant wat deur die Ierse Independent-groep van mnr. Tony O’Reilly beheer word, word steeds ‘n veldtog teen Terre’Blanche as “regse ikoon” gevoer en het Janet Smith Saterdag ‘n lang artikel oor Terre’Blanche se drankgewoontes en finansiële probleme gepubliseer. Janet Smith is bekend vir haar propagandistiese skrywes wat teen die Afrikaner gemik is, ‘n soort joernalistieke weergawe van Julius Malema se “Skiet die Boere”-liedjies.

So pas het de Suid-Afrikaanse Pers-assosiasie (Sapa) berig dat ‘”n woordvoerder van die nasionale polisiekommissaris generaal Bheki Cele gesê het dat semen op die liggaam van die AWB-leier Eugene Terre’Blanche gevind is”. Die indruk word gewek dat dit Terre’Blanche se semen kan wees, wat die vorige sodomiebewerings deur die gedrukte media sou kon staaf. Let daarop dat die polisiekommissaris se woordvoerder nêrens beweer aan wie die semen behoort nie, maar binne die konteks is ons veronderstel om af te lei dat dit Terre’Blanche se semen moet wees.

Hier volg die res van die Sapa-berig wat so pas aan alle nuusmedia in die land en ook internasionaal versprei is:

“Sy liggaam is half nakend gevind met semen op sy skaamdele. Dis nie nuwe inligting nie, dit was nog altyd deel van die getuienis,” het Nonkululeko Mbatha  woordvoerder van kommissaris Cele, gesê.

Mbatha het gesê dit was deel van die getuienis wat ondersoek word en dat daar ander leidrade is wat deur die polisie opgevolg word.

Cele het aan ‘n Sondagkoerant gesê dat die “sekskwessie” nog altyd daar was omdat Terre’Blanche se lyk met sy broek afgetrek gevind is en “nat van semen was”.

Maar, volgens Cele is daar geen kondoom op die toneel gevind nie, anders as wat deur die koerante verlede Saterdag berig is.

Gerugte oor homoseksuele seks in die Terre’Blanche-moordsaak is Woensdag deur die moordenaars se verdediging in die Ventersdorpse Landdroshof laat vaar.

Puna Moroko, wat een van die twee beskuldigdes in die saak, Chris Mahlangu, 28, verteenwoordig, het aan joernaliste buite die hof gesê dat sy kliënt aanvanklik daarvan gepraat het dat hy deur die AWB-leier gesodomiseer is, maar dat verdere ondervraging onthul het dat dit nie die geval was nie.

“Hy (Mahlangu) het die woord “sodomie” gebruik maar die konsultasie was baie kort… Dit het my nie tevrede gestel nie, dit het nie vir my sin gemaak nie, dis waarom ek dit laat vaar het,” het Moroko gesê.

“Ek is nie tevrede dat daar sodomie plaasgevind het nie en my kliënt het my raad aanvaar.”

пескоструйный рукавФільчаков прокурор

Bob pleit skielik teen geweld

Die president van Zimbabwe, Robert Mugabe, het Sondag ‘n beroep op die land gedoen om “enige geweldadige optrede te vermy.”

Dit is die eerste keer sedert die begin van die land se stormagtige politieke situasie dat Mugabe standpunt teen geweld inneem.

Die president het die beroep gedoen tydens ‘n toespraak ter viering van Zimbabwe se 30ste jaar van onafhanklikheid van Brittanje.

Mugabe het gesê hy rig die versoek namens die land se koalisieregering.

“Die inklusiewe regering vra dringend dat geweld in al sy vorme vermy word.

“Ons as Zimbabwiërs moet ‘n omgewing van aanvaarding skep waarin ons mekaar met respek behandel, ongeag van ouderdom, ras, geslag, etnisiteit of politiese- of geloofsoortuiging,” het Mugabe in Harare se hoofsportstadion gesê.

прожекторытопкарго отзывы

Klagte? Watter klagte?

Sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, is deur die party gevra om teen Malema op te tree omdat die nasionale Jeugligaleier glo uit sy beurt praat.
Shadrack Tlhaole, ANC-jeugligaleier in die Noord-Kaap, staan egter by Julius Malema. Hy het sy misnoeë oor die klagte teen Malema uitgespreek.

Die klagte kom nadat Malema die party benadeel het deur swak dissipline, asook omdat hy ’n BBC-joernalis nie na wense behandel het nie.

Tlhaole sê die klagte vir die tugverhoor is ongegrond. Hy het aan media24 gesê: “Ons verwerp die aantyging dat Malema se swak gedrag ’n uitwerking kan hê op ’n groot organisasie soos die ANC wat internasionaal gerespekteer word.”

 Malema het Saterdag vyf uur laat opgedaag vir die jeugliga se saamtrek op Colesberg in die Noord-Kaap. Hy het “buitelanders”, met verwysing na Afrikaners, gedreig met uitsetting omdat hulle glo “al die grond besit”.

Floyd Shivambu, nasionale woordvoerder van die jeugliga, het gesê hy is nie bewus van enige klagte nie. Hy het bygevoeg dat niemand in die ANC bewus daarvan is nie.

девочекФільчаков прокурор

Aswolk hang oor Poolse staatsbegrafnis

Die afgestorwe Poolse president, Lech Kaczynski, en sy vrou, Maria,  is Sondag in Krakof ter aarde bestel, maar ‘n wolk van vulkaniese as oor Europa het verskeie wêreldleiers weggehou van die staatsbegrafnis.

Duisende roubeklaers het in die suidelike stad byeengekom om die paar se kiste wat per militêre vliegtuig vanaf Warskou gereis het, te begroet. Die vliegtuig het onder die aswolk wat lugvervoer tans wêreldwyd ontwrig en president Barack Obama verhinder het om die begrafnis by te woon, gevlieg.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, Franse president, Nicolas Sarkozy, Brittanje se Prins Charles en Suid-Koreaanse eerste minister, Tsjung Un-Tsjan het ook aangekondig dat hulle nie die roudiens sal bywoon nie.

Die begrafnis was die laaste treurige nasionale eerbetoon sedert die presidentspaar en 94 ander mense, waaronder die mees senior militêre beamptes, agt dae vantevore in ‘n vliegongeluk in Rusland dood is.

Krakof se stadswoordvoerder, Filip Szatanik, het aan AFP gesê dit sal “een van die grootste, indien nie die grootste enkele gebeurtenis nie wat die stad die afgelope honderd jaar gesien het”.

игрушка для детей 1 годОлександр Васильович Фільчаков

Wapenarsenaal glo om WB te kaap

‘n Voormalige luitenant-kolonel in die kommando, Frederick Rabie, is in in hegtenis geneem ná ‘n onwettige wapenarsenaal in sy huis in Worcester gevind is.
Sowat 10 000 rondes ammunisie, ‘n 9mm-pistool, plofstof en weermagtoerusting is tydens ‘n polisieklopjag op die 62-jarige man se huis gevind.
Rabie is op borgtog vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die hof verskyn, berig die Sunday Independent.

Die klopjag was glo deel van ‘n polisieondersoek na die Suidlanders, ‘n verregse organisasie wat na bewering die Wêreldbeker-sokkertoernooi wou saboteer.

Soortgelyke klopjagte is in Pretoria, Mpumalanga en die Wes-Kaap uitgevoer.

Die koerant beweer die ondersoek is gekoppel aan die webwerf www.boycott-2010-world-cup.co.nr.

Die polisie wou nie kommentaar lewer nie.
 

Independent het egter ‘n “goed geplaasde” bron binne die Suidlanders aangehaal, wat gesê het die wapens sou gebruik word om “vuil truuks” uit te voer in ‘n poging om buitelandse besoekers aan die sokkertoernooi weg te skrik.

online video slotstopcargo отзывы сотрудников

Afrikaanse organisasies staan saam oor veiligheid

Ná twee vergaderings wat Saterdag gehou is, het alle Afrikaanse organisasies wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is, verenig ten einde ‘n gemeenskaplike strategie te bedink om huidige bedreigings teen die Afrikanervolk van Suid-Afrika te hanteer.

Bedreigings spruit uit die verval van wet en orde in Suid-Afrika, asook die onlangse uitlatings wat deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, in Zimbabwe gemaak is. Mnr. Malema het klaarblyklik die hulp van ZANU PF se militêre personeel bekom ten einde plase wat deur Afrikaners of blankes besit word, af te vat.

Dr. Dan Roodt van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het Saterdag ‘n vergadering belê waartydens veiligheidskwessies met lede van die Afrikanerfront se Veiligheidsdirektoraat bespreek is. “Daar bestaan vrese by Afrikaners dat Suid-Afrika besig is om in anargie en chaos soos in Zimbabwe te verval,” het Roodt gesê. “Rasgemotiveerde aanvalle op blankes en Afrikaners neem toe. Terwyl hy in Zimbabwe was, het mnr. Malema belowe dat grondbesettings in Suid-Afrika van die einde van die jaar af gaan begin. Volgens berigte, het die ANC van sy kaders na Zimbabwe gestuur vir opleiding in grondbesetting. Ons moet hierdie bedreigings baie ernstig opneem. Die voortbestaan van ons boere en die voedselsekerheid van Suid-Afrika is op die spel.”

Afrikaanse organisasies beplan om ‘n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando’s wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder ‘n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan ‘n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van ‘n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.

Roodt het gesê dat die Afrikanerveiligheidsverenigings bekommerd is oor die stygende toon in die haatspraak wat teen Afrikaners gerig word. “Liedere wat geweld of selfs volksmoord teen Afrikaners of Boere aanhits, word steeds in verskeie dele van die land gesing. Die opmerkings van Julius Malema gister in die Noord-Kaap waardeur gesuggereer word dat Afrikanergrondeienaars buitelanders is, dra ‘n duidelike boodskap oor dat Afrikaners in Suid-Afrika ongewens is. Gegewe die xenofobiese aanvalle in Mei 2008, is ons bekommerd dat lede van die Afrikanervolk die volgende teiken vir pogroms deur Suid-Afrikaanse swartes gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. “Ons ontleding toon dat ons op ‘n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van ‘n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees.”

big bad woolftopcargo

NSA-vlag verbrand voor Stockholm-ambassade

Die Nuwe Suid-Afrika-vlag is gister voor die SA ambassade in die Sweedse hoofstad verbrand tydens ‘n betoging teen die volksmoord op Afrikanerboere in Suid-Afrika.

‘n Regse, pro-blanke groep bekend as die Sweedse Weerstandsbeweging het die betoging georganiseer. Ongeveer ‘n honderd mense het op die Sint Eriksplein in Stockholm om 12.00 nm. byeengekom. Afgesien van lede van die SWB, het verskeie ander “vrye groepe”, waaronder afvaardigings van info-14 en nationell.nu aan die betoging deelgeneem.

Die betogers het in die straat afgestap met vlae, baniere, skilde en plakkate. Sowel die organisasie se vlae as twee Vierkleure is geswaai. Op die groot banier met die Engelse woorde, “Stop Boer genocide” is ‘n foto van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, vertoon.

Pamflette oor die situasie in Suid-Afrika met inligting oor die geweld wat daar teen blankes gepleeg word, is ook versprei.

Ná ongeveer ‘n halfuur het die optog na die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm beweeg. Halfpad na die ambassade is die optoggangers deur ‘n skare linkses gekonfronteer wat, soos die Sweedse Weerstandsbeweging dit gestel het, “hul steun vir volksmoord teen blankes en hulle haat vir die nasionale strewe wou uitspreek”. Daar het ook fisieke konfrontasie tussen die twee groepe plaasgevind met die Sweedse polisie wat tussenbeide getree het, maar geen beserings is aangemeld nie. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging is die optog “soms onderbreek toe optoggangers moeg geraak het vir die gedrag van die (linkse) gepeupel en paar welverdiende klappe uitgedeel het aan diegene wat dit verdien het”.a

Ná die onderonsies het die optog by die Suid-Afrikaanse ambassade tot stilstand gekom waar die NSA-vlag verbrand is. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging was dit “‘n kragtige simboliese daad wat uitgestuur is, tesame met die slagspreuk “ANC – mördare!” (“ANC – moordenaars!”) wat geskree is.

‘n Leier van die Sweedse Weerstandsbeweging, Kristian Nordvall, het ‘n emosionele toespraak gelewer oor die belangrikheid van die betoging, die werklikheid in Suid-Afrika en dat Swede moet aanhou om die volksmoord in Suid-Afrika, wat deur die politici en die media geïgnoreer word, aan die groot klok te hang.

Die betoging het agterna vir ‘n ruk voor die ambassade aangehou met baniere, vlae, skilde en plakkate. Pamflette is ook verder versprei. ‘n Woedende Magnus Söderman, die nasionale bestuurder van die Sweedse Weerstandsbeweging, het die geleentheid gebruik om nog ‘n Suid-Afrikaanse vlag in repe te skeur. Volgens die beweging is dit “‘n aanduiding van wat ons van hul teenwoordigheid in Swede dink!”

Voordat die betoging ten einde geloop het, het die polisie gesê dat een van die optoggangers in verband met aanranding tydens ‘n vorige betoging gesoek word. Hulle wou hom ter plaatse in hegtenis neem.

Die betogers het egter geweier om die man uit te lewer, waarna hulle hul range gesluit het. Diegene wat nie aan die organisasie behoort nie, is gevra om die perseel te verlaat om hulle nie bloot te stel nie, maar almal het soos een man bly staan. Hierna het die betogers in wat genoem word “‘n sorgvrye gees”, taktiek met mekaar bespreek

Onderhandelings met die polisie het misluk en daar is verwag dat die betogers gestorm sou word om die aangeklaagde te arresteer. Weereens het die betogers hul range gesluit.

Ná ‘n ruk het onderhandelinge met die polisie hervat en is daar ooreengekom dat die bestuur van die organisasie die man net moet identifiseer sodat hulle hom te woord kon staan. Vyf minute later is alles opgelos.

Hierna het die betogers na die Rådhusets-moltreinstasie geloop waar hulle uiteengegaan het.

Die organisasie het verklaar: “Die Sweedse Weerstandsbeweging wil almal bedank wat aan die betoging deelgeneem het en op tasbare wyse hul teenkanting uitgespreek het teen die volksmoord wat besig is om in Suid-Afrika plaas te vind.”
Berig in Sweeds met nog foto’s hier.

влагоотделитель для компрессоратопкарго

Grond behoort aan ’buitelanders’, sê Malema

Julius Malema het gister ‘n duidelike rassestreep getrek deur te verklaar dat Afrikanerboere in Suid-Afrika as buitelanders of vreemdelinge gesien moet word.

Die ANC-jeugleier het tydens ‘n jeugbyeenkoms in die Noord-Kaap gesê: “Dié land behoort aan buitelanders.”

Sonder grondbesit, beteken dit niks om in Suid-Afrika te mag stem nie, het Malema teenoor die skare uitgeroep. Volgens hom besit Suid-Afrikaners nie hul eie land nie.

Mense het grond nodig om hulself te voed en om sake as burgers te mag doen. Die sogenaamde gewillige-koper-gewilliger-verkoper-stelsel help nie die regering sy grondherverspreidingsprogram nie.

“Jy het grond nodig om enige iets te doen. Sonder grond beteken stemreg niks,” het hy gesê.

Volgens Malema kan Suid-Afrikaners stem totdat hulle pers in die gesig is. Solank as wat hulle nie die ekonomie van Suid-Afrika beheer nie, is hulle stemme nutteloos.

“Julle stem en moet steeds bedel,” het hy gesê.

Malema meen dat mense elke vyf jaar in die verlede gestem het en steeds word werkers geslaan en deur boere vermoor, omdat hulle nie daardie plase besit nie.

Hy het gesê dat die land se politieke vryheid niks beteken as daar nie op ‘n praktiese program van ingryping in eiendomskwessies besluit word nie.

Volgens hom plak lokasiebewoners steeds op eiendom wat hulle grond noem. Daarteenoor, het hy gesê, is daar mense met klein gesinne wat stukke grond “so groot soos lande” besit.

Malema het gesê dat hy aangesê is om nie oor grond- en eiendomspolitiek of nasionalisering te praat nie omdat dit beleggers sou afskrik.

“Hulle belê in lande waar daar burgeroorloë woed,” het hy gesê en bygevoeg dat mense nie die “leuens moet glo dat beleggers deur nasionaliseringspraatjies afgeskrik sal word nie.

Volgens Malema gee beleggers nie vir mense om nie maar stel slegs in wins belang.

Hy het ook gesê dat indien beleggers sou vertrek, sou die Chinese hul plek inneem.

“Die Chinese werk met enigiemand saam,” het hy gesê.

www euro comОлександр Фільчаков прокурор

Dit bly net by planne en konferensies

Die Minister van Waterwese se begrotingsrede weerspieël nie die kennis en insig wat mens verwag van ‘n Minister met kundigheid en ondervinding nie.

Die voorsitter van die Nasionale Water Forum (NWF), mnr. Louis Meintjes, sê minister is sedert April 2004 al betrokke as Minister by sowel water as by mynbou. “Sy behoort dus ‘n uitstekende kundigheid te hê oor die probleme en in besonder die oplossings.”

Mnr. Meintjes sê dat die feite duidelik spreek:

·        Ons is reeds in ‘n krisis en nie op pad daarheen nie.

·        Dit beteken niks dat die water van die sogenaamde enkeldoeldamme aangewend word vir die ontwikkeling van die agtergeblewe gemeenskappe nie aangesien dit besoedel en onbruikbaar is as drinkwater en vir besproeiing.

·        Die minister het toegelaat en laat steeds toe dat ons waterbron onregmatig, opsetlik of nalatig besoedel word. Alles aksies bly steeds slegs in proses en kom nie daadwerklik tot uitvoering nie.

·        Haar grootste sukses was om sogenaamde gulsige boer te vervolg wat die water gebruik het om voedsel te produseer terwyl talle ander as gevolg van haar onvermoë om besoedeling te verhoed, daagliks sonder voedsel moet leef.

“As minister van Mineraal- en Energiesake moet sy weet wat die impak van Mynbou is op die kwaliteit van ons waterbronne en daarmee saam ook die impak op voedselsekerheid.  Voeg daarby die besoedeling wat deur plaaslike owerhede se disfunksionele rioolsuiweringswerke veroorsaak word, en ons weet ons staar ’n tydperk van hongersnood en siektes in die gesig.”

Mnr. Meintjes stel ‘n eenvoudige oplossing voor.  “Hou op met beplanning, strategiese konferensies en verskonings, en spreek die oorsake van die besoedeling by die bron aan.  Die Minister se vermoë as minister word gemeet aan die kwaliteit van ons waterbronne en nie aan strategiese dokumente werksessies en konferensies nie.”

cleopatra slots for freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Mandela was ‘n MI6-agent

Nelson Mandela is ‘n MI6-agent wat Britse intelligensiebeamptes gehelp het met optrede teen die Libiese Muammar Ghadaffi se wapenprogramme, sy hanteerders van besonderhede oor wapens vir Ulster-terroriste voorsien het en toegelaat het dat Britse spioenasienetwerke op Suid-Afrikaanse grondgebied gevestig word. 

Bewerings van Mandela se werwing deur die Britse geheimediens is openbaar gemaak in die boek, MI6: Vyftig jaar van spesiale operasies, deur die bekende inligtingskenner Stephen Dorril. Die boek het in 2000 verskyn.

‘n Klopjag is destyds op die Londense uitgewery uitgevoer en rekenaartoerusting is in beslag geneem, maar die uitgewery Fourth Estate het nietemin voortgegaan om die boek te laat druk.

Britse intelligensie was glo woedend dat hulle versuim het om toegang te verkry tot die inhoud van Dorril se boek wat Mandela, ‘n Nobelpryswenner vir Vrede, ontmasker het. Daar word vermoed dat Mandela se werwing deels gemotiveer was deur sy openlike anti-kommunisme. In ruil het MI6 inligting oor moontlike sluipmoordaanslae op sy lewe aangebied .
 
Dorril sê senior agente van MI6 het hom oor Mandela se werwing deur die geheime intelligensiediens, ingelig.

Bronne binne die Foreign Office en die geheimediens het gesê Dorril se stelling “is heeltemal geloofwaardig”. Die Foreign Office het trouens nog niks gedoen om die bewering dat Mandela vir MI6 gewerk het, te ontken nie. 

Daar was ook nooit ontkennings of dreigemente van regstappe teen die boek, van Nelson Mandela se kantoor in Johannesburg, Suid-Afrika of sy Londense prokureurs nie.

‘n Deel van die Dorril se boek, oor die aktiwiteite van MI6 in Afrika, lui soos volg: “Nog ‘n MI6-vangs was ANC-leier Nelson Mandela. Of Mandela gewerf is in Londen voordat hy in die tronk in Suid-Afrika was, is nie duidelik nie, maar daar word vertel dat hy op ‘n onlangse besoek aan Londen ‘n geheime besoek aan MI6 se opleidingsafdeling gebring het om die diens te bedank vir sy hulp om twee sluipmoordpogings teen hom kort nadat hy president geword het, te fnuik.” 

Dorril sê die beplande sluipmoordpogings verwys waarskynlik na een deur ‘n faksie van die ANC, wat bitter gekant was teen Mandela se suksesvolle manoeuvres teen die Kommunistiese Party. Die ander poging was glo deur ‘n vleuel van die apartheidsregering se militêre diens.

Dorril, ‘n skrywer oor intelligensie-aangeleenthede en ‘n dosent aan die Universiteit Huddersfield, beweer Mandela is deur MI6 vanweë sy vriendskap met Muammar Ghadaffi gebruik.

Sowel die Britse as die Amerikaanse regerings was gretig om verhoudings te bou met Libië om die land se ryk olievelde te ontgin. “Mandela was die sleutel om Libië van ‘n terreurstaat na die Weste se siening te bekeer,” het Dorril aan die Sunday Herald gesê. “Die resultaat van sy optrede was ‘n groot ekonomiese hupstoot vir Westerse ekonomieë.”

Hy sê ook die sielkundige oorlogvoeringsafdeling van MI6, of IOPS – wat verantwoordelik is vir propaganda – het gehelp om die internasionale mening te rig sodat Mandela Gadaffi kan besoek sonder om die Weste openlik in die skande te steek.

Dorril het bygevoeg: “Mandela het MI6 gehelp met inligting oor Libië se geld en wapens aan die IRL, en die stuur van wapens na lojalistiese terroriste in Ulster vanaf apartheid Suid-Afrika.” Dorril beweer Mandela het sy MI6-hanteerders oor Libië se pogings om ‘n chemiese en biologiese oorlogvoeringsvermoë te ontwikkel ingelig asook oor Suid-Afrika se eie geheime kernarsenaal. 

Dorril sê in sy boek dat Brittanje nie aangedring het op ‘n volle openbaarmaking van Suid-Afrika se biologiese wapenprogram nie. Mandela het ook glo gehelp keer dat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes gewerf word vir Libië se bio-wapenprogram.

Een van die grootste oorsese MI6-stasies is in Suid-Afrika. Dit was ‘n belangrike spioenasiesentrum gedurende die Koue Oorlog toe Rusland en Amerika vir invloed in Angola, Mosambiek en die naburige lande in hulle invloedsfeer gestoei het. Suid-Afrika is ook die sleutel tot Brittanje se ekonomiese welvaart as gevolg van sy natuurlike uraan, goud- en platinumneerslae.

Dit is onduidelik presies wanneer Mandela gewerf is. Albei Neil Harold, uit Mandela se persoonlike kantoor, en Mandela se Londense prokureur, Iqbal Meer, van Meer Care Desai, was stomgeslaan toe die bewerings aan die lig kom.

Dorril sê sy boek is nie skadelik vir Mandela se reputasie nie. “Daar is niks wat lasterlik is omtrent werwing vir MI6 nie,” het hy gesê. 

‘n Amptenaar van die Foreign Office het gesê hy kan nie kommentaar lewer op die beweringe nie, maar nie-amptelik het senior Foreign Office-bronne bevestig dat Dorril se beweringe geloofwaardig is. 

Buitelandse ontleders en Afrika-kundiges meen ook dat Mandela se werwing vir MI6 nie net geloofwaardig is nie, maar ook ‘n seismiese internasionale skuif verteenwoordig. 

‘n Deskundige oor Suider-Afrika het gesê: “Sy lewe en geskiedenis toon hoe hy  aantreklik sou wees vir MI6 en MI6 vir hom aantreklik. Mandela is diep anti-kommunisties. As ‘n jong man het hy Kommunistiese Party-vergaderings met sy vuiste ontwrig. Later in sy lewe hy het tot die besef gekom dat hy elke bondgenoot wat hy kan kry teen apartheid nodig het en weens pragmatiese redes besluit om  in die bed met die Kommuniste te eindig.

download casino gameАлександр Фильчаков Васильевич