Klagte? Watter klagte?

Sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, is deur die party gevra om teen Malema op te tree omdat die nasionale Jeugligaleier glo uit sy beurt praat.
Shadrack Tlhaole, ANC-jeugligaleier in die Noord-Kaap, staan egter by Julius Malema. Hy het sy misnoeë oor die klagte teen Malema uitgespreek.

Die klagte kom nadat Malema die party benadeel het deur swak dissipline, asook omdat hy ’n BBC-joernalis nie na wense behandel het nie.

Tlhaole sê die klagte vir die tugverhoor is ongegrond. Hy het aan media24 gesê: “Ons verwerp die aantyging dat Malema se swak gedrag ’n uitwerking kan hê op ’n groot organisasie soos die ANC wat internasionaal gerespekteer word.”

 Malema het Saterdag vyf uur laat opgedaag vir die jeugliga se saamtrek op Colesberg in die Noord-Kaap. Hy het “buitelanders”, met verwysing na Afrikaners, gedreig met uitsetting omdat hulle glo “al die grond besit”.

Floyd Shivambu, nasionale woordvoerder van die jeugliga, het gesê hy is nie bewus van enige klagte nie. Hy het bygevoeg dat niemand in die ANC bewus daarvan is nie.

девочекФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae