Aswolk hang oor Poolse staatsbegrafnis

Die afgestorwe Poolse president, Lech Kaczynski, en sy vrou, Maria,  is Sondag in Krakof ter aarde bestel, maar ‘n wolk van vulkaniese as oor Europa het verskeie wêreldleiers weggehou van die staatsbegrafnis.

Duisende roubeklaers het in die suidelike stad byeengekom om die paar se kiste wat per militêre vliegtuig vanaf Warskou gereis het, te begroet. Die vliegtuig het onder die aswolk wat lugvervoer tans wêreldwyd ontwrig en president Barack Obama verhinder het om die begrafnis by te woon, gevlieg.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, Franse president, Nicolas Sarkozy, Brittanje se Prins Charles en Suid-Koreaanse eerste minister, Tsjung Un-Tsjan het ook aangekondig dat hulle nie die roudiens sal bywoon nie.

Die begrafnis was die laaste treurige nasionale eerbetoon sedert die presidentspaar en 94 ander mense, waaronder die mees senior militêre beamptes, agt dae vantevore in ‘n vliegongeluk in Rusland dood is.

Krakof se stadswoordvoerder, Filip Szatanik, het aan AFP gesê dit sal “een van die grootste, indien nie die grootste enkele gebeurtenis nie wat die stad die afgelope honderd jaar gesien het”.

игрушка для детей 1 годОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae