Rooibospryse kan met 90% styg weens droogte

Suid-Afrika se ergste droogte die afgelope twee dekades kan ‘n verwoestende daling in Rooibosuitset beteken.

Die daling in produksie kan die prys van rooibostee met soveel as 90% laat styg.

Volgens ‘n woordvoerder van die SA Rooibosraad, Ernest du Toit, word die produk net in die Cederberg- en Bokkeveldstreke van die Wes-Kaap gegroei, en is steeds baie gewild.

Du Toit sê afgesien van Rooibos se gebruik as ‘n drank, warm of koud, word dit ook beskou as waarskynlik die grootste anti-allergiese en anti-oksidantproduk in die wêreld.

Dit bevat ook anti-diabetiese en anti-stres-eienskappe, en word dikwels ‘n wonderwerkproduk genoem.

Malema waarsku oor komende rewolusie

Julius Malema het uit sy parlementêre sluimer ontwaak om die Duitse Sakekamer in Suid-Afrika te gaan waarsku oor die komende rewolusie en Zuma se opvolgingstrategie.

“Ek gewaarsku oor ‘n ongeleide rewolusie in Suid-Afrika. Dit kom,” het hy Vrydag gesê.

Malema se “waarskuwings” kom te midde van ‘n verlamming wat by die land se grootste vakbondfederasie Cosatu ingetree het weens binnegevegte.

Cosatu gaan binnekort ‘n veldtog vir ‘n nasionale minimumloon loods.

“Dit is in die universiteite [en] dit sal gaan na die fabrieke oorspoel. Studente eis gratis onderwys by die universiteite… Werkers gaan ‘n minimumloon eis in die fabrieke.”

Luidens News24, het Malema gesê President Jacob Zuma en die ANC het geen beheer nie en ly aan ‘n gebrek aan geloofwaardigheid en legitimiteit.

Net soos met die studente, sal geen mens in staat wees om die werkers te vertel om op te hou om fabrieke af te brand as hulle begin protesteer nie.

Hy het die geleentheid gebruik om die ANC se 2017-opvolgstryd te skets.

Hy het gesê die enigste rede hoekom Zuma sy eks-vrou Nkosazana Dlamini-Zuma tot president verkies wil sien, is omdat hy weet dat sy sou hom nie sal laat arresteer nie.

“Hy weet Cyril [Ramaphosa] sal hom laat arresteer. Dit is waarom die ‘premierliga’ Zuma se vrou verkies,” het Malema gesê

Die ‘premierliga’ is glo Noordwes se premier Supra Mahumapelo, Vrystaat se premier Ace Magashule en Mpumalanga se premier David Mabuza. Die drie is ook die ANC-voorsitters in hul onderskeie provinsies.

Die groep wil Dlamini-Zuma as president sien om Ramaphosa te verhoed oor te neem na Zuma.

Die ANC het intussen ‘n anti-wit veldtog van stapel gestuur om bruines en Indiërs te werf.

Die KwaZulu-Natalse ANC voorsitter, Sihle Zikalala het die aankondiging in Ixopo gemaak. Zikalala sê bruinmense en Indiërs het ook onder wittes gely en moet deur swartmense en die ANC omarm word.

Mercedes-Benz, die Duitse motorvervaardiger, is deur Malema berispe omdat hulle nie aandele aan hul werkers gee nie.

Die kakofonie van swart stemme is verhoog deur die Kommuniste se ontleding van die voortslepende universiteitsoproer.

Die SAKP het die EFF en die Pan Africanist Student Movement of Azania die skuld gegee vir plundery en die ontwrigting van eksamens by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Hulle is beskryf as ‘n klein groepie anargiste wat van buite beheer word, om studente vir hul eie gewin te beïnvloed.

Die SAKP se adjunk-hoofsekretaris het by die party se sentrale komiteevergadering in Benoni aan die Oos-Rand gesê die beskadiging van eiendom en misdadige optrede is nie die werk van diegene wat werklike transformasie by universiteite nastreef nie.

Verlamming tref Cosatu met drastiese daling in lede

Strydende partye in die vakbondfederasie Cosatu sal ‘n geleentheid kry om vandag met mekaar in gesprek te tree wanneer die nasionale kongres in Midrand begin.

Die konferensie is die eerste sonder Cosatu se grootste vakbond, Numsa en die voormalige hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi.

Bykans 2 500 afgevaardigdes van Cosatu se 18 geaffilieerde vakbonde sal die nuwe leierskap vir die volgende drie jaar verkies en die uitdagings van die vakbondfederasie bespreek.

Die vergadering hierdie week beloof om min op te lewer.

Nie ‘n vrolike 30ste verjaardagviering tesame met die 4 miljoen-lidmaatskapteiken vir 2015, is in sig vir die federasie nie.

‘n Drastiese daling in lede, politieke verlamming en organisatoriese impotensie kenmerk die groep.

In die openbaar egter, hou leiers vol dat probleme oorkom is en probeer hulle om lede en die media te oortuig dat dat die kongres nie ‘n klug sal wees nie.

Soos tydens die Julie se spesiale nasionale kongres, sal dit hoofsaaklik bygewoon word deur afgevaardigdes wat die suiwering wat 350,000 Numsalede oorleef het.

Dit is simptomaties van die probleme wat Cosatu in die gesig staar dat geen geloofwaardige lidmaatskapsyfers vrygestel word nie.

Ou syfers wat nie rekening hou met die duisende lede wat geskors is of lede wat na die wegbreekvakbonde oorgeloop het nie, word steeds voorgehou.

Intussen het nuwe klein vakbonde soos paddastoele verrys weens die uittog.

Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag.
Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet.

Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vroeër vanjaar aangedui het dat groei vooruitskattings afwaarts aangepas sal word.

Inflasie, wat net meer as 4% is, is volgens Mellet tans ook nie ’n probleem nie, wat die repokoersverhoging nog vreemder maak.

Mellet het aan OFM gesê die verwagting bly steeds dat Suid-Afrika swakker groei sal toon, en heelwat swakker as in die begin van die jaar.

Hy het gesê die besluit is daarom teleurstellend.

Afrika maak reg vir Pous

Afrondingswerk is aan die gang vir die Pous se besoek aan Afrika.

Honderde geraamde portrette van pous Franciskus is in Nairobi gereed vir wanneer die geestelike sy verskyning daar maak.

Die pous besoek Kenia, Uganda en die Sentraal Afrikaanse Republiek vanaf 25 tot 30 November.

Kenia gaan tot 10 000 polisiebeamptes ontplooi. Die land verwag skares so groot as een miljoen mense.

Volgens berigte in Le Figaro en ander Franse koerante, het die Franse weermag die Vatikaan afgeraai om te reis, en sê hulle die veiligheid van die Pous kan nie gewaarborg word nie.

‘n Franse amptenaar het gesê die verantwoordelikheid vir die veiligheid “is in die hande van die VN-sending”. Die Franse het tans 900 soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, ter ondersteuning van die VN-sending van 11.000 soldate.

Die aanvalle in Parys het kommer oor die veiligheid van die geestelike leier geskep, sê Federico Lombardi, die Vatikaan-woordvoerder, en bygevoeg dat toestande ver van “rustige en vreedsaam” is.

Die Islamitiese staat, wat die skuld dra vir die aanvalle in Parys, het dreigemente gemaak om Rome aan te val, insluitend in ‘n video hierdie week. Sekuriteit in Rome en die Vatikaan is sigbaar strenger in die afgelope dae.

Die twee dekades van konflik in die Sentraal-Afrikaanse Republiek het ‘n godsdienstige dimensie. Oor die afgelope twee jaar het politieke geskille ontaard in grusame sektariese aanvalle tussen Christene en Moslems.

Die VN beskuldig Christene van “etniese suiwering” in die land.

Knewel van ‘n diamant gevind

’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind.

Volgens Lucara­ Dia­mond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant.

Die diamant is 65 mm x 56 mm x 40 mm in omtrek, berig Nampa/Reuters. Die grootste diamant wat nog gevind is, is die Cullinan-diamant.

Dié steen van 3 106 karaat is in 1905 in Suid-Afrika se Premier-myn gevind.

Dit is in verskeie dele opgesny waarvan twee van die grootste stukke deel van die Britse kroonjuwele uitmaak.

Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?

Iets stink by die Universiteit van Missouri.

Na wat berig word het ‘n voorval van vandalisme by Mizzou, soos die Amerikaanse universiteit bekendstaan, gelei tot universiteitswye protes, ‘n boikot deur die instelling se swart voetbalspan, en uiteindelik die summiere bedanking van die president en kanselier van die universiteit.

Die rassespanning het intussen selfs na ander kampusse in die VSA uitgekring.

Daar is net een probleem: Geen bewyse van die beweerde voorval, waarin ‘n agterstewe-swastika op die muur van ‘n koshuistoilet aangebring is, is ooit geopenbaar nie.

Was dit ‘n onberispelike ontlastingsteken wat weereens die grondslag vir misleiding gebied het?

Volgens Billy Donley, die president van Mizzou se Residence Halls Association (RHA), was die agterstewe-swastika op 24 Oktober 2015 aangebring.

“Op Saterdag, 24 Oktober omstreeks 02:00 het ‘n individu in een van die toilette in Gateway Hall ‘n swastika op die muur met hul eie ontlasting aangebring,” het Donley geskryf in ‘n brief ‘n paar dae ná die beweerde voorval.

“Hierdie gebeurtenis het plaasgevind terwyl baie studente, insluitend myself, reeds aan die slaap was.”

Dit is inderdaad ‘n welkome verandering in die voortslepende toiletverhaal wat Suid-Afrikaners moet verduur met ontlasting wat helder oordag by die lughawe se ingang, munisipale kantore of oor standbeelde gegiet word.

Later in sy brief, het Donley erken dat hy oor die beweerde voorval van vandalisme ingelig is deur ‘n pamflet wat versprei is.

Die voorval is glo onmiddellik aangemeld by die polisie, maar die Missouri Police Department, wat die beweerde agterstewe-swastika-voorval ondersoek, kon ook geen bewys lewer van die poepstika nie.

Verskeie aktiviste op Twitter het ‘n foto as bewys rondgestuur dat die voorval plaasgevind het soos gerapporteer, maar ‘n Google-soektog vir dieselfde beeld toon dat dit reeds op die Internet rondswerf vir byna ‘n jaar.

A reddit-draad van November 2014 is die vroegste bewys van publikasie van die foto, wat beteken dat dit beslis nie die bewys is dat dit plaasgevind het by Mizzou op 24 Oktober 2015 nie.

Die polisie het intussen die vandalisme-klag verander omdat daar na bewering geen eiendom beskadig is nie.

Gateway Hall se koördineerder, Susan Cohn, het dadelik glo aan verskeie persone geskryf oor die “rassistiese” aangeleentheid.

In Suid-Afrika is die strooi van ontlasting egter nie “rassisties” nie, maar klaarblyklik bevrydend.

Eksamens by TUT-kampus afgestel weens geweld

Eksamens is vir die res van die week by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguave-kampus afgestel na gewelddadige studente oproer.

Polisie het 16 oproeriges weens die geweld Dinsdag in hegtenis geneem.

Universiteitsbestuur sê die skade aan eiendom is aansienlik na ‘n paar geboue aan die brand gesteek is en ander gevandaliseer is Dinsdagnag.

‘n Veiligheidswag is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal na ‘n aanval deur ‘n skare studente.

Eksamens is ontwrig toe studente weer op ‘n plundertog gegaan het en hul vernielsug die oorhand gekry het. Die hoofpad is met klippe, rotse en selfs ‘n straatlamppaal afgesper.

Polisie was gevegte met studente betrokke en moes rubberkoeëls teen klipgooiers inspan.

Studenteleiers eis dat diegene wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word en dat daar aan hul eise voldoen word.

Dit sluit in dat skuld opgehef word, sekuriteitskommer aangespreek word, meer NSFAS-befondsing en gratis onderwys vir almal.

Voorsitter van Sasco vir Gauteng, Sthembiso Ndlouvo, het gesê hulle eise is eenvoudig.

“Hoe kan ons eksamen skryf as ons nie eens weet of ons ons resultate gaan kry as gevolg van uitstaande skuld nie?”

TUT-bestuur het gesê hulle het die besluit om die eksamen op te skort vir een kampus geneem, maar eksamens sal voortgaan op sy ander kampusse.

Swart UK-betoger verkrag glo mede-betoger

‘n Vier-en-twintigjarige swarte verskyn vandag in die Wynbergse landdroshof in verband met die verkragting van ‘n student van die Universiteit van Kaapstad.

Die voorval het verlede week by een van die universiteit se geboue plaasgevind. Die swart verdagte is na bewering ‘n lid van die #FeesMustFall-veldtog en is Dinsdag in hegtenis geneem.

Intussen is swart sosiale media op hol oor die verkragting wat hulle op wit “rassiste” en die “patriargie” blameer.

Die wit “rassiste” onderhou glo die “patriargie” wat lei tot swart mans wat swart vroue verkrag, lui die argument.

Die verkragting het na bewering plaasgevind by Avenue House in Mowbray (nou bekend as Azania Hall) waar swart betogers glo geslaap het in ‘n “veilige omgewing”.

Die beweerde slagoffer het die voorval op Facebook beskryf en die beweerde verkragter se foto en naam versprei.

“It takes moments of pleading and eventually me tipping over tables and fucking shit up before niggers are able to wake up and come to the point of addressing the fact that a whole womyn [sic] body has been violated in the darkness of the night.”

SAA verwerp bewerings van ongerymdhede

Die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas het enige sprake van ongrymdhede verwerp met SAA se beplande Airbus-ruiltransaksie van sowat ses miljard rand, het RSG berig.

Hy het gepraat nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekend gemaak het dat hy nie uit die transaksie onttrek nie, maar slegs die oorsese verhuringsmaatskappy met ‘n plaaslike een gaan vervang.

Dit volg op berigte dat die lugredery vroeër toestemming van die regering gevra om die bestelling met Airbus vir A320-vliegtuie te ruil met die verhuring van vyf groter A330-tuie.

Die redery het vroeër aan die parlement gesê verliese van meer as ses miljoen rand is in die eerste ses maande van die huidige finansiële jaar gely.

SAA het aan die parlement se toesigkomitee oor finansies gesê die lugdiens sal binne drie tot vyf jaar winsgewend wees.