‘n Goeie grondwet?

By die beoordeling van ‘n grondwet om te bepaal of dit goed of minder goed is, is daar ‘n rits maatstawwe wat ingespan moet word.

Ten eerste moet gekyk word na die inhoud van die grondwet self. Voldoen dit aan die vereistes van ‘n goeie grondwet? Is dit versoenbaar met die volkereg? Waarborg dit ‘n onafhanklike regbank?

Wanneer Die Suid-Afrikaanse grondwet beoordeel word, hang dit van die ideologiese en dikwels pragmatiese vertrekpunt van die beoordelaar af. Vanuit die liberale hoek sal die beoordeling lê met die suiwer proporsionele kiesstelsel op nasionale en provinsiale vlak as vertrekpunt, terwyl diegene wat die volkereg as vertrekpunt neem sal fokus op die selfbeskikkingsregte, weliswaar beperk, wat in artikel 235 genoem word. Op die oomblik is laasgenoemde vir alle praktiese doeleindes net die papier werd waarop dit geskryf is, terwyl juis daardie beginsels sterk grondwetlik beklemtoon word in die Europese Unie.

Die tweede aspek is die kwessie van ‘n onafhanklike regbank, en hieroor het regsgeleerdes reeds kommer uitgespreek oor planne om die grondwetlike hof as ‘n hoër hof as die appèlhof te verklaar. Die regerende party het ‘n baie sterk grondwetlike vermoë om die grondwethofaanstellinge te beïnvloed.

Derdens kan die vraag gevra word oor die trefkrag van die grondwetlike liggame, soos die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en selfs die Ouditeur-generaal. Laasgenoemde beïndruk by verre die meeste, maar op veral munisipale vlak is daar tans nog geen vordering om skoon ouditverslae te bekom nie. Jaar vir jaar is dit ‘n slagting, baie geraas, en uiteindelik kom bykans alle skuldiges skotvry daarvan af, net om die volgende jaar weer op die rooi tapyt te beland. Die Menseregtekommissie het ‘n reputasie van eensydigheid, terwyl die Openbare Beskermer – afhangende van die bekleër – ‘n reputasie van ‘n ANC-verlengstuk het. Minstens een verslag is al heelwat meer as ‘n dekade uitstaande.

Verskeie grondwetkenners meen die grondwet gaan mank aan ‘n vermoë om sy implementering af te dwing. Reeds vroeg het die taal-waghond, Pansat, geskryf die regering is self die grootste skender van taalregte. Weinig het sedertdien positief verander, tallose bekpraatjies ten spyt. Dit is eerder die howe wat sake tot orde roep, terwyl die grondslae waarop die howe dit kan doen, geleidelik juridies geërodeer word.

Ten laaste is die grondwet vir mense geskryf, en hang die sukses grootliks daarvan af hoe die mense daarop reageer. Die skending van die grondwet, en voorgenome skendings soos planne vir onteiening, is immers alles mensgemaak. Die skenders en voornemende skenders se verweer is dikwels dat dit deur die demokrasie genoodsaak word – dat die meerderheid kiesers op hierdie veranderings of wysigings aandring. Dit dui op ‘n ysingswekkende onkunde of argeloosheid oor die begrip grondwetlikheid.

Vandag tydens sy besoek aan die Europese Unie, gaan pres. Jacob Zuma versoek dat sanksies teen Zimbabwe opgehef word. Dié standpunt is nie nuut nie, en die redes hoekom hierdie sogenaamde slim sanksies toegepas word, het ook nog nie verander nie. ‘n Week gelede nog het van Mugabe se ondersteuners saamtrekke vir die uitrol van ‘n nuwe grondwet, ten aanskoue van die polisie gewelddadig aangeval. Die opposisieleier, Morgan Tsvangeria se reaksie was dat hy nie sy party aan verkiesings oor die grondwet sal laat deelneem as dit tot ‘n slagting van mense gaan lei nie.

En Suid-Afrika vra dat die slim sanksies opgehef word. Dit stuur nie ‘n gesonde boodskap van verbintenis tot grondwetlikheid uit nie.

logo for euroФильчаков прокуратура харьков

‘n Goeie en gepaste grondwet

Pas het ‘n belangrike ANC-kongres afgeloop. Die verrigtinge het die media ‘n week lank totaal oorheers, in der mate dat belangrike nuusgebeurtenisse uit die openbare oog gebly het. ‘n Uiters belangrike brief wat die gesaghebbende internasionale Verslaggewers Sonder Grense aan die ANC gerig, en gemaan het om te herbesin oor mediaplanne, is feitlik volstrek deur die groot media geïgnoreer, volkome in teenstelling toe Freedom House Suid-Afrika onlangs van mediavrye land tot gedeeltelik mediavrye land geherklassifiseer het.

Die feit dat die ANC-kongres so oorweldigend mediadekking geniet het is te verstane teen die agtergrond daarvan dat dié organisasie ook die land se regerende party is, en met basies ‘n twee derde meerderheid regeer.

Dit is egter ook so dat bitter min van die lesers van sommige van die koerante wat so ‘n groot ophef gemaak het, vir die ANC stem. Volgens die ANC self het wit steun van 4 na ses persent toegeneem.

Die rede is voor die hand liggend. Die amptelike beleid van regstellende aksie, ook deur kwotas, is regstreeks teen die manlike wit bevolking gemik, maar in die praktyk ook teen wit vroue, en alte dikwels teen bruin mense ook. Die ANC se effektiewe afwesigheid van die veroordeling van plaasaanvalle, ‘n hoogs emosionele kwessie omdat die vermoorde slagoffers hiervan by verre, volgens Interpol se syfers, die hoogste identifiseerbare groep ter wêreld oplewer, help ook nie om met die bewindhebbende party te identifiseer nie. Pleknaamsveranderings is nog ‘n emosionele kwessie. Liedjies soos: Maak dood die Boere, en die ANC se aandrang op die reg om dit te sing, help ook nie veel nie.

‘n Mens moet erg stiksienig wees om nie te verwag dat daar onder hierdie omstandighede in verskillende vorme versugtinge oor selfregering uitgespreek word nie. Die teenreaksie hierop is dat dit rassisties sou wees, dat dit outyds sou wees, en onprakties sou wees. In die plek daarvan word die deugde van Suid-Afrika se grondwet besing, en word gereeld opgegee dat dit ‘n moderne en goeie grondwet is.

In Staatsregtelike kringe is die entoesiasme hiervoor nie altyd ewe groot nie, en weinig stem saam dat die grondwet so volmaak is.

Trouens, die lande wat heterogeniteit die beste grondwetlik en staatkundig ondervang, is dikwels die mees stabiele lande. Nigerië het eers in ‘n mate staatkundige stabiliteit verkry na die land se federale streke se grense meer in ooreenstemming met die belangrikste bevolkingsgroepe, die Hausa, Yaroba’s en Ibo’s se verspreidingsgebied aangepas is. Indië is ook ‘n etniese federasie, baie soos België. Boonop maak die Indiese grondwet voorsiening vir ‘n aantal gewaarborgde setels vir die inheemse, pre-Indiese bevolking wat verspreid oor die land woon.

Indië is egter nie die enigste voorbeeld nie. In Nieu-Seeland is die aantal gewaarborgde Maori-setels geleidelik van 4 tot die huidige sewe uitgebrei. Hoewel die parlement uit 122 setels bestaan, is 62 hiervan proporsionele setels, en sewe Maori. Selfs al sou die Maori’s nie daarin kon slaag om geografiese setels in te palm nie, kan die sowat halfmiljoen Maori’s wel deeglik ‘n aantal proporsionele setels inpalm. In koalisievorming kan dit die Maori’s in ‘n belangrike bedingingsposisie plaas, en die neiging is dus om eerder die Maori-guns te probeer wen, as om teen hulle te diskrimineer.

Die vermoë om selfregering word egter meer spesifiek uitgedruk. Van 1892 tot 1902 was daar ‘n Maori-parlement, wat in 1962 deur ‘n Maori-raad opgevolg is. Op 13 Julie 1990 is die Maori-kongres in die lewe geroep. Dié kongres sien om na belange soos ekonomiese, maatskaplike, omgewingsake en politieke aangeleenthede. Dit word self gefinansier, onder ander uit uitgekontrakteerde werk, maar word grootliks gerugsteun deur ‘n Departement van Maori-sake.

Dit maak nie dat Nieu-Seeland ‘n primitiewe grondwet het nie. Sri-Lanka, wat ‘n soortgelyke grondwet as Suid-Afrika het, het uiteindelik Tamil-aspirasies met die swaardmag besleg.

детектор лжиФильчаков прокуратура харьков

AARTO en Spoedboetes

Dit was T..E. Lawrence, die een van Arabië, wat gesê het:  ‘’Snelheid is die tweede manlike instink”.

Tussen hakies: Hy is self in ‘n motorfietsongeluk dood.

Die hormoon wat deur hierdie instink teweeggebring word is adrenalien, oftewel die bynierhormoon. Na testosteroon volgens Lawrence dus die belangrikste manlike hormoon.

Ons weet reeds dat die globale politiek van feminisering (verwywing in Afrikaans) testosteroon reeds grootliks afgebring het ten gunste van oestrogeen. Vide die toename en verheerliking van homoseksulatiteit asook die oorgewigpandemie.

Minder ooglopend dog duidelik waarneembaar is die politiek om die mens in `n toestand van rus, kalmte en tevredenheid te  bring. Deesdae uitgedruk as ‘wellness’ of goedvoel.

Adrenalien, wat negatief beskryf word as die veg- en vlughormoon, moet dus afgebring  word.

Hoe dit deur middel van voedsel en medisyne gedoen word vereis `n aparte hoofstuk (of boek).

In hierdie verband kan net genoem word dat alle anti-depressante en kalmeringsmiddels, soos Prozac, Ritulin, ens.  (behalwe sigarette) fluoorverbindings bevat wat die genoemde effek het.

‘n Praktiese metode is egter ook om al die verskynsels wat deur adrenalien tot uiting kom te bestry.

Adrenalien veroorsaak ‘n gevoel van opwinding en spanning, in sy uiterste vorm euforie.

Hier moet ‘n onderskeid gemaak word met opwinding en emosie wat deur toeskouers by rugbwedstryde en lesers van spanningsverhale gevoel word. Mens kan dit sekundêre opwinding noem.

Daar is altyd ‘n mate van gevaar of op sy minste uitdaging en onsekerheid aanwesig as die bynierklier adrenalien voortbring. Die opwinding en spanning wat dit tot gevolg het beteken vir ‘n mens dat hy LEEF

Tussen hakies:  Geskiedkundig en woordkundig (en in Engels steeds) is mens = man.

Onwillekeurig kom die groot psigoloog se uitspraak in gedagte: Gevaar en spel, dit soek die regte man.

Sedert ‘n man nie meer in ‘n Caspir of  ‘n Ratel ry of met soortgelyke goed kan speel nie, bly daar na ‘n gewoonlik lang dag op sy kantoorstoel net sy motorkar oor om sy behoefte aan adrenalien te bevredig..

En wel deur die voet in die hoek te sit.

Hier kom AARTO met sy skrikwekkend hoë boetes op die lappe. Dat hulle kommersiële rowery (volgens Oswald Spengler `n toutologie) pleeg blyk wel daaruit dat hulle die helfte afslag gee as mens binne 32 dae betaal, mits mens nie protesteer nie!  Of so ‘n afslag om daardie rede juridies geregverdig is mag werd wees om in die hof getoets te word. Dit tersyde.

Nog ‘n trek wat so uit die besigheidswêreld sou kan kom: Hulle het die vermetelheid om die eerste kennisgewing ‘n `Courtesy Letter` te noem.

Lamborghini- en Ferraribestuurders en al die varke wat ‘more equal’ is, gee waarskynlik nie om om sulke boetes te betaal nie of hulle ken die weë om sulke boetes vry te spring. Ons gewone sterwelinge het egter ander oplossings nodig.

Ek wil die geagte leser wat lus is om nou en dan die petrolpedaal in te trap ‘n raad gee wat vir my al `n paar keer uitstekend gewerk het.

Stuur `n brief soortgelyk aan die volgende:

AARTO Inligtinge

Privaatsak X147

Pretoria

0001

Geagte heer/me

INSAKE:  Versoek om  ‘infringement notice’  in Afrikaans te ontvang.

Hierby versoek ek u om die kennisgewing van `n oortreding, nr ……., wat ek hierby per geregistreerde pos terugstuur, my in Afrikaans te stuur.

Ek het regskundige raad ingewin en daarvolgens het ek op grond van Suid-Afrika se Grondwet die reg om hierdie en soortgelyke briewe in Afrikaans te ontvang.

Tweetalige kennisgewings, sowel in Engels as Afrikaans, is heeltemaal aanvaarbaar.

So gou u aan my versoek gehoor gee, sal ek die verskuldigde bedrag betaal.

Ek verneem graag van u.

Die uwe,

 

 

Ek kan julle verseker dat so’n brief ver weg gebêre word of onmiddelik in die snippermandjie beland.

Dit kan wel gebeur dat hulle eers nog in `n brief (inEngels natuurlik) laat weet dat die saak aandag geniet. Dit is al.

 

Hier in die Moot lê in een poskantoor soms ses honderd AARTO boete-briewe om afgehaal te word. My afleiding is dat AARTO dit nie die moeite werd ag om sulke, tans nog seldsame,  versoeke ernstig op te neem nie.

 

Wytze de Boer

компрессормашданильченко юрій Харків

Stem dik gemaak oor persvryheid in SA

Pas het nog ‘n invloedryke internasionale persvryheidsorganisasie, die Parys-gevestigde Verslaggewers sonder Grense, sy stem dik gemaak oor die ANC se mediaplanne.

Verslaggewers sonder Grense is veral bekend vir die internasionale persvryheidsindeks wat dit jaarliks opstel, maar dit monitor allerlei aksies teen die media, wat die lugweë en internet insluit. Dit hou ook data by oor hoeveel joernaliste jaarliks in die uitvoering van hul pligte sterf, of aangehou word.

Op die persvryheidsindeks het SA in 2003 die 22ste posisie as persvrye land beklee, en het die hoogste posisie op die Afrika-kontinent beklee.

Met voorgestelde mediawetgewing wat in 2006 ter sprake gekom het, het Suid-Afrika na die 44ste posisie teruggesak, en was by verre nie die mees persvrye land in Afrika nie.

Sedertdien het SA sy posisie tot die 33ste tans verbeter. Verskeie Afrikalande, soos Ghana en Mali, vaar egter steeds beter as SA op die lys.

Nou het Verslaggewers Sonder Grense in sy waarskuwing aan Suid-Afrika geen doekies omgedraai nie dat die huidige mediaplanne ernstige gevolge kan inhou. Die implikasie is dat Suid-Afrika weer op die indeks kan terugsak.

Die gevolge bly nie net daar nie. Omdat ‘n vrye media as ‘n belangrike instrument teen korrupsie beskou word, neig lande se posisies op die persvryheidsindeks en op die korrupsiepersepsieindeks, om ook ooreenkomste te toon. Dit het weer ‘n impak op die beleggersvertroue-indekse.

Pas het pres. Barak Obama aangekondig dat hy meen hulp aan armer lande moet gekoppel wees aan die opbou van ekonomieë en die uitroei van korrupsie. Blote voedsel- en medisynehulp aan bakhand-lande gaan afgeskaal word. Ander lande en instansies wat ontwikkelingshulp bied, plaas soortgelyke voorwaardes, bv die Europese Unie.  Suid-Afrika het reeds ‘n rondte met DanChurch Aid geloop, en ‘n toesmeerdery is gewoon nie geduld nie.

Die streep is nou in die grond getrek, en die ANC kan besluit om nou sy mediabeperkingsplanne te laat vaar, of ‘n magdom gevolge te dra.

Destyds, toe Suid-Afrika die 22ste posisie op die persvryheidsindeks behaal het, het die regering se kommunikasiediens groot gewag daarvan gemaak, en ook gespog dat die land toe as die mees persvrye land op die kontinent beskou is.

Wat het verander dat die regering dit nie meer as bate beskou nie?

купить липецк ключиАлександр Фильчаков Васильевич

Absa en regstellende eksekuteurs

VIR al daai duisende Absa-kliënte wat nou hulle rekenings wil weg skuif van die bank oor die “regstellende sms” wil ek ʼn verdere wenk gee: moenie van julle testamente vergeet nie.

Honderde duisende kliente van Absa, indien nie miljoene nie, het ʼn testament onderteken wat Absa (ook enige van hul voorgangers Volkskas, Trustbank, Allied en United) aanstel as eksekuteurs van die boedel.

Hierdie kontrak (want onthou, dis ‘n kontrak) gee gewoonlik aan Absa volmag om die boedel te beredder teen maksimumfooie (fooie word nooit gespesifiseer nie; derhalwe neem Absa die maksimum) en waaroor oorlewendes daarna geen invloed kan uitoefen nie.

En met regstellende aksie in die banke is die kans baie goed dat ʼn vreemdeling wat heel waarskynlik nie Afrikaans magtig is nie, by die voordeur sal instap en sê:  “Hello. I’m from Absa and I’m here to wind up the estate”.

купить потолочный светильник недорогоОлександр Фільчаков прокурор

Die turksvy genaamd kwotas

Met die toetrede van me. Maria Ramos, Absa se uitvoerende hoof, oor inmenging in rugbyspanne se spankeuses, verdiep die kwotasage, eerder as wat dit uit die vaarwater begin beweeg. Ramos is boonop die eggenote van minister Trevor Manuel en laat, geregverdig of nie, die liggies van politiek helderder brand.

Uit die mediaberigte kan die afleiding gemaak word dat Absa verwag dat SA Rugby sal inval by Absa se eie transformasiebeeld.

‘n Maklike uitkenbare norm om te gebruik om vlakke van transformasie te bepaal, is om op rassegrondslag koppe te tel, en wanneer dit op Curriebekervlak kom, is dit betreklik min swart koppe om te tel. Boonop is hier nog die komplekser maatstaf van swart en swarter, of te wel, etniese swart, wat al telkemale via parlementêre sportkomitee, uitdruklik as “African Africans” uitgedruk is.

Met Absa is die saak nog sensitiewer, omdat dié bank as belangrike bousteen Volkskas gehad het wat oorspronklik as Afrikanerbank ontwikkel het, en hierom steeds baie Afrikanerkliënte het.

Dat kwotas of raskoppetellery ‘n gevaarlike spel is, is gewis. Een van die eerste teenvrae wat gevra is, is hoekom Absa met die BafanaBafana so stram is om die afwesigheid van wit spelers op die veld tydens die wêreldsokkertoernooi te bevraagteken. Van Indiërspelers was daar ewe min te sien, en selfs die bruin spelers is op die oog af verskeie kere betreklik stief behandel. Trouens, die hele toernooi is by tye gekaap as vertoonvenster vir swart Afrika.

Om meer gekleurde spelers, en in die besonder etniese swart spelers op die Curriebekerveld te kry is nie iets wat met kwotas opgelos word nie. Soos die huidige en voormalige kwotaspelers dit uitdruk – dit is vernederend, en veroorsaak boonop dat hulle voortydig rypgedruk word, en so skade opdoen. Van die nie-wit krieketspelers het al met groot verontwaardiging gereageer as vanuit die parlement na hulle as kwotaspelers verwys is, omdat hulle gesteld is daarop om op meriete gekies te word – weliswaar soms ook net tot hulle op meriete weggelaat word.

Sportontwikkeling van grondvlak af, en die voorsiening van geriewe, is belangrik. Dit sal egter mank gaan aan behoorlike vordering as die nasionale doelwit nie gesinchroniseer word nie. En hier is baie wat nog haper. Rugbynuus op swart TV-stasies ontbreek bykans geheel en al. Tipiese swart koerante dra selde, en indien wel, op baie beperkte skaal rugbynuus. As die Openbare Uitsaaier dan nie sy kant met die owerheid se transformasiedoelwitte bring nie, hoekom dan so ‘n onus op sportliggame plaas, wie se internasionale beheerliggame boonop bykans voor die voet politieke inmenging en rassisme verbied. ‘n Mens moet baie sinies wees om nié kwotas as rassistiese optrede te beskou nie.

Soiu Absa nie beter gedoen het deur bv spesifiek rugbyberigte in swart koerante te borg nie, om so dié koerante aan te spoor om meer rugbynuus te dra?

‘n Vraag wat nog nie bevredigend beantwoord is nie, is hoekom daar op laer vlakke soveel bruin en swart spelers is, maar op senior provinsiale vlak raak baie skynbaar weg. Die paar wat wel deurbreek is soos kleinnode en word hewig op gebie, sodat wel vrae gevra kan word oor van die groot bonde se erns om hul eie spelers te ontwikkel. Dié vraag kan egter ook oor ryk unies se erns met die  tuisontwikkeling van spelers van enige ras gevra word.

Verhinder politieke korrektheid nie dalk dat belangrike vrae gevra word nie? Internasionaal is dit ‘n bekende en aanvaarde feit dat mense uit verskillende wêreldstreke nie gemiddeld dieselfde lengte behaal nie, en vandag is dit noodsaaklik dat selfs agterspelers groot en sterk moet wees om die Polinisiërs te kan stuit.. Ethiopië en Kenia lewer byvoorbeeld ritse wêreldklas-langafstandatlete op, maar dié lande is nie juis wêreldkragte as dit op die rugbyveld kom nie.

Moenie talentvolle sportlui breek deur hulle in te forseer waar hulle minder talent het nie. Laat elkeen sy Godgegewe talente ontwikkel waar dié talente ten beste ontwikkel en uitgeleef kan word.

Anders gaan mense hul geldelike talente na ander banke skuif.

пародонтоз зубовДанильченко Юрий прокурор

Millenniumdoelwitte

Met die aanvang van die millennium het wêreldleiers koppe bymekaar gesit en met ambisieuse voorstelle vorendag gekom oor die verligting van lyding oor die hele wêreld. Dié doelwitte se eerste fase sou teen 2015 bereik moes wees.

Nou, op die vooraand van die amptelike opening van die VN se volgende sitting, is wêreldleiers in New York byeen, en benut die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon die geleentheid om bestek met hulle op te neem.

Op die oog af lyk dit of net Sjina die doelwitte gaan haal. Sjina kom egter onder skoot oor die prys wat burgers moet behaal om allerlei groeiprestasies te behaal.

Verder lyk vordering maar bedroewend. Die doelwitte wat die meeste ontspoor het is om die sterftesyfer by geboorte met ‘n driekwart te verminder, en so ook om die sterftes van kinders onder vyf jaar met ‘n tweederde te verminder.

Ban Ki-moon het dit nodig geag om die wêreldleiers daaraan te herinner dat dit hul eie doelwitte was. In werklikheid het daar die afgelope elfs jaar egter baie water in die see geloop en baie van die huidige leiers het die gebakte pere van hul voorgangers geërf. Wat die VN betref, erf ‘n nuutverkose regering bloot die pligte en verantwoordelikhede van hul voorgangers, en daarom moet regerings die lesse ter harte neem dat die lande se administrasies, die sogenaamde tegnokrate, van die beste stoffasie moet wees en dien staatsdienste nie as plek vir kaderontplooiing nie.

Nog ‘n faktor wat ‘n vlieg in die salf is, is die wêreldekonomiese krisis wat intussen met mag en mening toegeslaan het. ‘n Groot deel van hierdie krisis is deur inhaligheid veroorsaak, en omdat daar vir die inhaliges min ruimte was om die hand na diegene wat swaarkry uit te reik, was daar in vele kringe ‘n stramheid om die millenniumdoelwitte met entoesiasme na te streef. Baie lande, waaronder merkbaar België, het in hul ekonomiese herstelplanne omvattende hoofstukke aan die herstel van moraliteit gespandeer. Ook in ander lande was daar ‘n anti-inhaligheidsneerslag. In Nederland is wetgewing ter tafel gelê wat bankbase in hul persoonlike hoedanigheid vir onbesonne besluite verantwoordelik sou hou, en in Ysland is nog groter mediavryheid bewerkstellig toe die bankbase wat daar die krisis veroorsaak het, hulle op bestaande konvensie beroep het om hul aandeel te verdoesel.

Of die wêreld wat uit die krisis gebore is, ‘n groter moraliteitsverantwoordelikheid sal openbaar as die korporatiewe wêreld van voor die krisis sal die tyd leer. Met groot natuurrampe, soos in Pakistan en Haïti wil dit so voorkom. Die wêreld se hongerlydendes het pas tot effens onder die miljard afgeneem, maar dit is aan groot oeste toe te skryf wat ook die pryse van basiese voedsel laat daal het. Intussen het die oorstromings in Pakistan en die droogte in Rusland weer groot oeste vernietig.

Die teenkant van die munt is egter ook dat daar ‘n besliste stramheid is om te gaan help waar bevolkings swak regerings kies of duld, en dan na ander wil bakhand hou as hulle die regerings kry wat hulle verdien. Vanoggend berig die Belgiese pers oor hul minister van Buitelandse Sake se ontnugtering met die verwikkelinge in die Kongo, kort na die vyftigjarige feesvieringe. De Standaard haal hom soos volg aan: “ De zaken veranderen in Congo niet in het tempo dat wij wensen. Na de feestsfeer die vijftig jaar Congolese onafhankelijkheid kenmerkte, is er duidelijk weer ruimte voor kritiek.”

пневмоинструмент интертулФильчаков прокуратура харьков

Die voetspoor van korrupsie

Na aanleiding van die debat oor hoë personeelkoste in die staatsdiens, en hoekom ‘n klien effektiewe staatsdiens altyd die beter opsie is, ‘n stuiwer in die armbeurs. As voorbeeld kan plaaslike bestuur gebruik word.

Wat spesifiek in plaaslike bestuur gebeur het, is eintlik iets om oor te lag, maar dit is daardie soort lag wat jou later laat huil. Na die sogenaamde “Oorgangsrade”, het die ANC finaal die totale mag oorgeneem by die munisipaliteite. Eers is daar vir baie swartes skaduposte geskep, om by die blankes te leer hoe om die werk te doen – veral in bestuur. Toe daardie blankes loop, stel die nuwe swart bestuurders toe ander swartes aan om die werk te doen. Die ANC glo ‘n bestuurder is net ‘n administrateur. Hy moet vergaderings bywoon en besluite neem. Dit is dit. Hulle was voorheen veral lief daarvoor om oud-onderwysers en skoolhoofde aan te stel, alhoewel die mense niks van plaaslike bestuur or selfs bestuur geweet het nie. In sommige gevalle is oud werkers onder klerikale vlak sommer bevorder tot bestuurders, en as jy hard kon raas en praat op plaaslike ANC-vergaderings, het jy ‘n werk by die “local government” gekry.

Dan is daar die ANC se “deployment list”, waarvolgens mense poste kry op grond van hulle punte op die lys. Hoe hoër jou punte, hoe groter die munisipaliteit waar jy werk kry, ongeag jou kwalifikasies en agtergrond. So het iemand van Qua-qua, byvoorbeeld sommer ‘n munisipale bestuurder kon word in Upington. “Cader deployment at its best” Hierdie beleid is natuurlik ook gevolg op alle vlakke van die regering. Elke bestuurder het ‘n sekretaresse en ‘n persoonlike assistent.

Wat die personeelkostekomponent die hoogte in laat skiet het, was die afwenteling van take deur nasionale en provinsiale departemente. Omdat die ANC glo dat alle dienste op voetsoolvlak gelewer en gekontroleer moet word, het bestuurderuitgawes, bestuurderbegrotings en bestuurder finansiële verslae.

Die ANC het en sien nog steeds die staatsdiens as ‘n hoof werkskepper vir swartmense. Elke nasionale en provinsiale departement het ‘n volle finansiële afdeling, ‘n volle aankoop afdeling, en ‘n volle personeel afdeling. Daar is nie meer sentrale tenderrade wat aankope hanteer nie, of uitgawe afdelings wat betalings maak nie, of ‘n sentralle personeel afdeling wat personeel hanteer nie. So word alles onnodig gedupliseer in 13 Nasionale Departmente, en 13 Provinsiale Departemente per provinsie – 130 departemente in totaal.

En so kry die voetspoor van korrupsie en vergrype in 130 departmente beslag.

как подобрать расширительный бак для системы отопленияАлександр Фильчаков прокурор

Dubbele standaarde oor Clive Derby-Lewis

Die dubbele standaarde wat geld ten opsigte van Clive Derby -Lewis is onaanvaarbaar en reflekteer ernstig op korrektiewe dienste en op die ANC.

Waarom is dit nodig om ’n hofbevel te bekom ten einde te verseker dat Derby-Lewis mediese behandeling in die tronk kry?

Regter Neil Tuchten het gister so ’n  bevel toegestaan ten einde te voorkom dat ’n verwaarloosde  besering van Derby-Lewis oorgaan in gangreen en hy die risiko loop dat hy sy been kan verloor.

Derby-Lewis, op ouderdom 74, voldoen aan al die vereistes om parool te kry. Die besware teen sy parool van ander politieke partye hou geen water nie.

Derby-Lewis is skuldig bevind aan ’n baie ernstige misdaad, naamlik die moord op Chris Hani. Sy misdaad verskil egter geensins van Robert McBride, van die wit wolf Barend Strydom of van die 22 000 ANC-lede wat voor die Waarheidskommissie nog die eerste keer gesit het, reeds vrygelaat is. Die toets wat by hierdie mense aangelê was, was of hulle ’n politieke misdaad as motief vir die misdaad gehad het. Derby-Lewis het geen ander motief as politiek gehad nie.

Met die Record of Understanding tydens die onderhandelinge in 1993 is ’n verdere 126 ANC-gevangenes, wat baie ernstige misdade soos moord en halssnoermoorde gepleeg het, vrygelaat. Tydens die Waarheidskommissie-proses, wat eers na hierdie vrylatings begin het, is allerlei nuwe hekkies, gebaseer op die Norgard-beginsels aangewend om amnestie aan Derby-Lewis te weier. Hy voldoen aan hierdie Norgard-beginsels en ook aan die normale paroolvoorwaardes wat geld vir nie-politieke gevangenes van sy ouderdom. Tog word parool geweier. Dit is dubbele standaarde wat ongeag die emosie wat met die Hani-moord verband hou, veroordeel moet word.

кофта с капюшоном для мальчика купитьлобановский политик

Draai die horlosie dertig jaar terug

‘n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van ‘n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: “Ons land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.”

Word na die politieke toneel in verskeie belangrike lande gekyk, lyk die land wel deeglik uit pas met die jongste verwikkelings.

Oor minder as twee maande gaan die Amerikaners stembus toe en word vir ‘n groot deel van die kongres gestem. Vergelykings word reeds met 1994 getref toe die Republikeine groot winste getoon het, hoewel min mense nou heeltemal dieselfde winste vir die Republikeine, ook bekend as die Grand Old Party, GOP, verwag.

‘n Onlangse peiling het 61 persent van die stemme vir die GOP gegee, en 41 % vir die Demokrate van pres. Barack Obama. Dit is die grootste gaping in 60 jaar. Sedertdien fluktueer die peilings erg.

Die GOP speel Donderdag, 20 September ‘n belangrike troef wanneer die party sy regeeragenda bekend stel. Dit word ‘n kontrak met die mense genoem, en simbolies van die voetsoolvlak-ingesteldheid, word dit op die stoep van ‘n ysterwarewinkel in Sterling, Vancouver, uitgereik.

Die Republikeinse party word grootliks gerugsteun deur ‘n sterk belangegroep, bekend as die Tea Party, wat die afgelope jaar nie net ontstaan het nie, maar massiewe openbare steun trek. Dit het al belangrike demokratiese vestings in tussenverkiesings lat tuimel. Die Tea Party kan breedweg as ‘n konserwatiewe beweging beskou word, en Sarah Palin dien as belangrike vaandeldraer. Dit verseker dat die groeiende Christen-fundamentalistiese beweging bykans eenparig by die Tea Party staan. Die Demokrate se teenvoeter, die Coffee Party, blyk nog grootliks ‘n windeier te wees.

Dié aksie het momentum gekry sedert die verkiesing van pres. Obama, wie se verkiesing as ‘n dertigjarige terugslag beskryf is vir die stryd om aborsies op aanvraag weer verbied te kry. Die euforie vir Obama was destyds so groot dat baie mense wat sterk gekant is teen baie van Obama se standpunte, ook vir hom gestem het. Afgesien van die aborsie-kwessie sluit dit sake in soos die wettiging van gay-huwelike, maar ook kwessie soos die omstrede gesondheidsorg-wetgewing en die koers wat ingeslaan moet word vir ekonomiese herstel. Terselfdertyd bly werkloosheid in die VSA hoog, en armoedesyfers is onder veral die swart en Spaanssprekende bevolking baie hoog – tradisioneel die jagveld van die Demokrate.

Op die meer omvattende skaal dui die verkiesingsuitslae van onder meer België, Nederland en nou ook Swede op ‘n groot swaai na regs. ‘n Anti-Islam-houding is dikwels aanwesig, soos in die VSA, waar Obama se hantering van sake oor Islam-kwessies, soos die voorgenome bou van ‘n Islamitiese sentrum naby Ground Zero, ook stemme laat swaai.

En heel uit pas hiermee handel die debat in Suid-Afrika nou, soos met die ANC se kongres in Durban en die vernaamste opposisiepolitiek, hoe links of ver links die land moet wees, en hoe sosialisties die ekonomie gedryf moet word.

Draai die horlosies dertig jaar terug.

светильники на домДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Binne die politieke wetenskap doen ‘n sêding die rondte: “Die demokrasie is ‘n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.”

Dat die oë van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer.

Verstaanbaar, omdat die land se regerende party ‘n belangrike beleidskongres hou, maar hartseer omdat die belangrikheid hiervan bykans alle kenmerke van ‘n de facto eenpartystaat dra. In beginsel kan die land nou, afhangende van watter uiteenlopende denkrigting koning kraai, op koers na ‘n kommunistiese ekonomiese bestel geplaas word.

So ‘n situasie ontstaan wanneer die bevolking se beleids- en selfs regeerkeuses hoofsaaklik binne die regerende party afspeel, en nie tydens verkiesings tussen ‘n veelheid partye soos dit in ‘n grondwetlike demokrasie hoort nie. In Suid-Afrika beteken dit tot ‘n groot mate dat opposisiepartye se rol tot dié van drukgroepe gereduseer word, en waarvan die rol boonop ook gereduseer is omdat die grondwetlike liggame, waarna eens as wigte en teenwigte verwys is, disfunksioneel is of as verlengstukke van die regerende party beskou word.

Ook ander instellings wat veronderstel is om die konsep van veelparty-demokrasie te onderskraag, soos die SABC-raad, se lede word effektief deur die regerende party aangewys.

Voeg hierdie die rol van die Progressive Business Forum wat in effek daarop neerkom dat sakelui wat gedagtes met regeringslui wil wissel, hul hand diep in die sak moet steek vir die voorreg om ministers en selfs hul senior staatsamptenare te kan ontmoet – geld wat in die ANC se verkiesingskoffers gestort word.

Die situasie is verder aangehelp deur ‘n groep opposisielede wat onder die vaandel van “ons sal jul stem wees” ‘n mandaat gekry het om van binne die ANC sekotorale belange te bevorder – en sedertdien ‘n baie stil stem geblyk te wees het. Voeg hierby die aksies van die ANC self om alle stemme binne die sogenaamde “broad church” te ondervang, ‘n uitgesproke doelwit toe mnre. Gwede Mantashe, Darryl Swanepoel en Renier Scoeman kort voor die vorige algemene verkiesing samesprekings met Agri SA se hoofbestuurder, mnr. Hans van der Merwe gevoer het. Nie baie later nie, het beide Agri SA en die TLU SA uit ‘n regeringsgeleide kongres oor landbou gestap waar hoegenaamd nie belanggestel is om na die boere se stem te luister nie, en retoriek as feite opgedis is.

Die oë is ook nog meer op die kongres gerig omdat van die belangrikste demokratiese waarborge, mediavryheid en die reg tot inligting, van vandag af ook formeel onder die valbyl gesleep kan word.

Dat die kiesers die demokrasie faal, skyn nog duideliker te wees deur opnames wat toon dat die premier van die provinsie waar munisipaliteite – aldus die Ouditeur-generaal – onder die swakstes in die land vaar, die ekonomie onder die swakstes is en die howe ‘n rits tenders tersyde gestel en selfs hertoegeken het, die gewildste is.  Ook toon die peiling dat 68 % van die land se mense nou glo dat pres. Jacob Zuma goed vaar, weliswaar ‘n skerp daling vanaf 77 % ‘n jaar gelede.

In die proses om ‘n kiesersblok teen die ANC te vorm, stem baie mense nou ook vir die DA, al het die party se beleid en dit wat hulle self glo min raakvlakke. In die proses ontkieser baie kiesers hulself ideologies.

Die toets of die land se grondwet so ideaal vir ‘n heterogene bevolkingsamestelling is was graag voorgehou word, dat die grondwet so goed is as wat hoog opgegee word, kom nader.

купить воронеж зарядные и пуско-зарядныеОлександр Фільчаков прокурор

Pigspotter is onskuldig

Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na ‘n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige taxi’s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die gereg.

Ongelukkig vir die Metropolisie is hulle verkeerd op verskeie vlakke.

Eerstens was daar enkele jare gelede ‘n hofsaak waarin ‘n motoris aangekla is omdat hy ander motoriste mbv flitsende ligte gewaarsku het oor ‘n spoedlokval. Hy is toe aangekla van dwarsboming van die gereg. In die hofsaak was sy verweer dat die doel van spoedlokvalle hoort te wees om motoriste kry om die spoedperk te gehoorsaam, en dat sy flitsende ligte ook dieselfde ten doel gehad het. Hy is onskuldig bevind op grond van hierdie verweer.

Tweedens gaan dwarsboming van die gereg van die veronderstelling uit dat die gereg benadeel word deur iemand se optrede.  Daar is dus twee partye: een wat die gereg moedswillig dwarsboom, en tweedens iemand wat die gereg verteenwoordig. Dis met laasgenoemde dat daar ‘n enorme probleem is waar dit by die Metropolisie kom. Hulle noem hulself kennelik ‘n polisiemag, maar om hulle as die vaandeldraers van reg en geregtigheid te wil voorhou, is eenvoudig absurd. Die taxi-bestuurders wat absolute minagting vir die reëls van die pad het, lyk soos engeltjies in vergelyking met die fundamenteel-korrupte en misdadige Metropolisie.

Wie kan ooit vergeet van die skietery enkele jare gelede tussen die Metropolisie en die gewone polisie op een van Johannesburg se snelweë? Die Metropolisie is sedert 1994 getransformeer na ‘n spul misdadige skuim, wat bloot daarop uit is om hetsy hulself, hetsy hul werkgewer te verryk.  Korrupsie is aan die orde van die dag, en dit is moeilik om te bepaal of daar selfs een eerlike lid van die Metropolisie is.

Ek is al persoonlik in Midrand voorgekeer omdat ek versuim het om ‘n veiligheidsgordel te dra. Ek was skuldig. Die individu wat my voorgekeer het, het sy naamplaatjie doelbewus afgehaal, sy voertuig of motorfiets moedswillig iewers versteek, en toe vir my gevra: “What do you have for me?” Ek het my dom gehou en uiteindelik is ek meegedeel dat ek hetsy ‘n paar honderd rand aan ‘n boete kon betaal, hetsy vir hom R50 kon gee. Ek het hom toe laat weet ek verkies die boete-kaartjie, iets wat hom só gegooi het dat ek uiteindelik sonder om die omkoopgeld te betaal én sonder ‘n boete gery het.

Dit is ‘n welbekende feit dat padblokkades gehou word om motoriste af te pers om omkoopgeld te oorhandig.  Dit lyk byvoorbeeld op die oog af of Bees Roux voorgekeer is met die doel om hom af te pers, wat stellig ‘n geweldige misrekening was aan die kant van die oorlede vermeende afperser. Waar dit die Metropolisie aanbetref, is die hou van ‘n padblokkade dus op sigself ‘n kriminele handeling aan die Metropolisie se kant.

Pigspotter se optrede kan dus maklik gesien word as synde misdaad-voorkoming. Hy waarsku motoriste immers teen die Metropolisie se kriminele optrede en verhoed sodoende dat motoriste die slagoffers word van die endemiese misdaad en korrupsie waaraan die Metropolisie homself skuldig maak.

Die Metropolisie voel hom waarskynlik gekrenk omdat iemand soos Pigspotter hulle so openlik minag. Baie soos die ANC-regime hom gekrenk voel oor die minagting waarmee elke denkende, wetsgehoorsame Suid-Afrikaner hom beskou, en derhalwe die pers se mond probeer snoer. Ek is persoonlik nie hoopvol dat die ANC of die Metropolisie ooit tot die besef sal kom dat respek iets is wat verdien moet word nie.

инвертор зарядное устройствоАлександр Фильчаков

Eksotiese skade

By ‘n onlangse beraad in Kopenhagen het wetenskaplikes ‘n beroep op die regerings van die EU gedoen om te wikkel met wetgewing wat skade deur nie-inheemse soorte aan die natuur sal beperk. Elke jaar rig die eksotiese plante, diere en ander organismes na raming sowat 12 miljard euro’s skade aan.

Van die ekoloë meen die skade is veel groter, omdat beramings oor sommige eksotiese lewe nog heeltemal onbekend is.

Van die sowat 10 000 eksotiese soorte in Europa, het sowat 1 300 ‘n negatiewe invloed op die omgewing, gesondheid of die ekonomie.

Terwyl dit vir die publiek verstaanbaar is hoekom die invoer van eekhoringsoorte wat die inheemse rooi eekhoring sal verdring, is ander sake minder duidelik. Een leser vra die vraag of daar nou ‘n stewige rekening aan die Italiaanse regering gestuur moet word omdat die Romeine die appelboom na Noord-Europa gebring het.

Die lysie eksotiese kossoorte is lank – aartappels, tamaties, mielies – presies hoe lank bly iets eksoties voor dit as deel van ‘n landstreek se fauna en flora aanvaar word?

Terwyl koppe gestamp word, neem die eksotiese lewe toe. Na raming het dit die afgelope 30 jaar in Europa met 76 persent toegeneem.  Pogings om lewensvorme wat eens inheems in Wes-Europese lande voorgekom het, te hervestig, vind ook plaas. In 2007 het die Nederlandse bewaringsowerhede weer die eens byna uitgestorwe wisent in die “natuur” – ‘n park van 300 Ha, vrygelaat.

бакФильчаков прокурор харьков

Professor is stil oor huidige polisie

Is dit nie opvallend hoe stil die spraaksame kopdoekie-professor is oor die huidige polisie (SAP en METRO) en hulle manewales en koste vir die gewone belastingbetaler nie? Miskien moet die einste geleerde hom daarvan vergewis dat die huidige polisie (SAP en METRO) die grootste enkele bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van die gewone burgery is. Ons het al `n gewapende roof by die huis gehad en gelukkig – verbeel jou gelukkig! – was daar geen lewensverlies nie. Dit is meer as 4 jaar gelede en tot op datum het ek nog niks van die huidige SAP verneem nie. Net `n saaknommer gekry. Ek het `n sterk vermoede dat die polisie  – dit is om `t ewe of dit die SAP/METRO is – daarby betrokke was vandaar my opdrag aan my gesinsmense dat as die polisie by die hek aanmeld om die eiendom te betree, aktiveer onmiddelik die paniekalarm sodat die sekuriteitsmaatskappy (wat my `n klomp geld kos) ook teenwoordig kan wees. Die huidige polisie-uniform en voertuig het geen goeie trou/bona fide nie – en daar is goeie redes daarvoor! Miskien is die professor nie bewus hiervan nie. Dalk moet iemand dit vir hom in die oor fluister.

In hierdie verband wil ek herhaal wat ek al vroeër gesê en geskryf het:

De Kock het simbool geword van `n k*k-skikking met die ANC. Die ANC se ‘De Kocks’ loop vry rond en sit selfs in regeringsposte terwyl plaas- en stadsmoorde ongesteurd voortgaan. Hierdie moordenaars is veel erger as De Kock. Met dié gang van sake het FW de Klerk `n verleentheid vir die Nobelprys geword!

моечное оборудование для автомойкиАлександр Фильчаков прокурор