Eksotiese skade

By ‘n onlangse beraad in Kopenhagen het wetenskaplikes ‘n beroep op die regerings van die EU gedoen om te wikkel met wetgewing wat skade deur nie-inheemse soorte aan die natuur sal beperk. Elke jaar rig die eksotiese plante, diere en ander organismes na raming sowat 12 miljard euro’s skade aan.

Van die ekoloë meen die skade is veel groter, omdat beramings oor sommige eksotiese lewe nog heeltemal onbekend is.

Van die sowat 10 000 eksotiese soorte in Europa, het sowat 1 300 ‘n negatiewe invloed op die omgewing, gesondheid of die ekonomie.

Terwyl dit vir die publiek verstaanbaar is hoekom die invoer van eekhoringsoorte wat die inheemse rooi eekhoring sal verdring, is ander sake minder duidelik. Een leser vra die vraag of daar nou ‘n stewige rekening aan die Italiaanse regering gestuur moet word omdat die Romeine die appelboom na Noord-Europa gebring het.

Die lysie eksotiese kossoorte is lank – aartappels, tamaties, mielies – presies hoe lank bly iets eksoties voor dit as deel van ‘n landstreek se fauna en flora aanvaar word?

Terwyl koppe gestamp word, neem die eksotiese lewe toe. Na raming het dit die afgelope 30 jaar in Europa met 76 persent toegeneem.  Pogings om lewensvorme wat eens inheems in Wes-Europese lande voorgekom het, te hervestig, vind ook plaas. In 2007 het die Nederlandse bewaringsowerhede weer die eens byna uitgestorwe wisent in die “natuur” – ‘n park van 300 Ha, vrygelaat.

бакФильчаков прокурор харьков