AARTO en Spoedboetes

Dit was T..E. Lawrence, die een van Arabië, wat gesê het:  ‘’Snelheid is die tweede manlike instink”.

Tussen hakies: Hy is self in ‘n motorfietsongeluk dood.

Die hormoon wat deur hierdie instink teweeggebring word is adrenalien, oftewel die bynierhormoon. Na testosteroon volgens Lawrence dus die belangrikste manlike hormoon.

Ons weet reeds dat die globale politiek van feminisering (verwywing in Afrikaans) testosteroon reeds grootliks afgebring het ten gunste van oestrogeen. Vide die toename en verheerliking van homoseksulatiteit asook die oorgewigpandemie.

Minder ooglopend dog duidelik waarneembaar is die politiek om die mens in `n toestand van rus, kalmte en tevredenheid te  bring. Deesdae uitgedruk as ‘wellness’ of goedvoel.

Adrenalien, wat negatief beskryf word as die veg- en vlughormoon, moet dus afgebring  word.

Hoe dit deur middel van voedsel en medisyne gedoen word vereis `n aparte hoofstuk (of boek).

In hierdie verband kan net genoem word dat alle anti-depressante en kalmeringsmiddels, soos Prozac, Ritulin, ens.  (behalwe sigarette) fluoorverbindings bevat wat die genoemde effek het.

‘n Praktiese metode is egter ook om al die verskynsels wat deur adrenalien tot uiting kom te bestry.

Adrenalien veroorsaak ‘n gevoel van opwinding en spanning, in sy uiterste vorm euforie.

Hier moet ‘n onderskeid gemaak word met opwinding en emosie wat deur toeskouers by rugbwedstryde en lesers van spanningsverhale gevoel word. Mens kan dit sekundêre opwinding noem.

Daar is altyd ‘n mate van gevaar of op sy minste uitdaging en onsekerheid aanwesig as die bynierklier adrenalien voortbring. Die opwinding en spanning wat dit tot gevolg het beteken vir ‘n mens dat hy LEEF

Tussen hakies:  Geskiedkundig en woordkundig (en in Engels steeds) is mens = man.

Onwillekeurig kom die groot psigoloog se uitspraak in gedagte: Gevaar en spel, dit soek die regte man.

Sedert ‘n man nie meer in ‘n Caspir of  ‘n Ratel ry of met soortgelyke goed kan speel nie, bly daar na ‘n gewoonlik lang dag op sy kantoorstoel net sy motorkar oor om sy behoefte aan adrenalien te bevredig..

En wel deur die voet in die hoek te sit.

Hier kom AARTO met sy skrikwekkend hoë boetes op die lappe. Dat hulle kommersiële rowery (volgens Oswald Spengler `n toutologie) pleeg blyk wel daaruit dat hulle die helfte afslag gee as mens binne 32 dae betaal, mits mens nie protesteer nie!  Of so ‘n afslag om daardie rede juridies geregverdig is mag werd wees om in die hof getoets te word. Dit tersyde.

Nog ‘n trek wat so uit die besigheidswêreld sou kan kom: Hulle het die vermetelheid om die eerste kennisgewing ‘n `Courtesy Letter` te noem.

Lamborghini- en Ferraribestuurders en al die varke wat ‘more equal’ is, gee waarskynlik nie om om sulke boetes te betaal nie of hulle ken die weë om sulke boetes vry te spring. Ons gewone sterwelinge het egter ander oplossings nodig.

Ek wil die geagte leser wat lus is om nou en dan die petrolpedaal in te trap ‘n raad gee wat vir my al `n paar keer uitstekend gewerk het.

Stuur `n brief soortgelyk aan die volgende:

AARTO Inligtinge

Privaatsak X147

Pretoria

0001

Geagte heer/me

INSAKE:  Versoek om  ‘infringement notice’  in Afrikaans te ontvang.

Hierby versoek ek u om die kennisgewing van `n oortreding, nr ……., wat ek hierby per geregistreerde pos terugstuur, my in Afrikaans te stuur.

Ek het regskundige raad ingewin en daarvolgens het ek op grond van Suid-Afrika se Grondwet die reg om hierdie en soortgelyke briewe in Afrikaans te ontvang.

Tweetalige kennisgewings, sowel in Engels as Afrikaans, is heeltemaal aanvaarbaar.

So gou u aan my versoek gehoor gee, sal ek die verskuldigde bedrag betaal.

Ek verneem graag van u.

Die uwe,

 

 

Ek kan julle verseker dat so’n brief ver weg gebêre word of onmiddelik in die snippermandjie beland.

Dit kan wel gebeur dat hulle eers nog in `n brief (inEngels natuurlik) laat weet dat die saak aandag geniet. Dit is al.

 

Hier in die Moot lê in een poskantoor soms ses honderd AARTO boete-briewe om afgehaal te word. My afleiding is dat AARTO dit nie die moeite werd ag om sulke, tans nog seldsame,  versoeke ernstig op te neem nie.

 

Wytze de Boer

компрессормашданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae