Dubbele standaarde oor Clive Derby-Lewis

Die dubbele standaarde wat geld ten opsigte van Clive Derby -Lewis is onaanvaarbaar en reflekteer ernstig op korrektiewe dienste en op die ANC.

Waarom is dit nodig om ’n hofbevel te bekom ten einde te verseker dat Derby-Lewis mediese behandeling in die tronk kry?

Regter Neil Tuchten het gister so ’n  bevel toegestaan ten einde te voorkom dat ’n verwaarloosde  besering van Derby-Lewis oorgaan in gangreen en hy die risiko loop dat hy sy been kan verloor.

Derby-Lewis, op ouderdom 74, voldoen aan al die vereistes om parool te kry. Die besware teen sy parool van ander politieke partye hou geen water nie.

Derby-Lewis is skuldig bevind aan ’n baie ernstige misdaad, naamlik die moord op Chris Hani. Sy misdaad verskil egter geensins van Robert McBride, van die wit wolf Barend Strydom of van die 22 000 ANC-lede wat voor die Waarheidskommissie nog die eerste keer gesit het, reeds vrygelaat is. Die toets wat by hierdie mense aangelê was, was of hulle ’n politieke misdaad as motief vir die misdaad gehad het. Derby-Lewis het geen ander motief as politiek gehad nie.

Met die Record of Understanding tydens die onderhandelinge in 1993 is ’n verdere 126 ANC-gevangenes, wat baie ernstige misdade soos moord en halssnoermoorde gepleeg het, vrygelaat. Tydens die Waarheidskommissie-proses, wat eers na hierdie vrylatings begin het, is allerlei nuwe hekkies, gebaseer op die Norgard-beginsels aangewend om amnestie aan Derby-Lewis te weier. Hy voldoen aan hierdie Norgard-beginsels en ook aan die normale paroolvoorwaardes wat geld vir nie-politieke gevangenes van sy ouderdom. Tog word parool geweier. Dit is dubbele standaarde wat ongeag die emosie wat met die Hani-moord verband hou, veroordeel moet word.

кофта с капюшоном для мальчика купитьлобановский политик