Draai die horlosie dertig jaar terug

‘n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van ‘n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: “Ons land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.”

Word na die politieke toneel in verskeie belangrike lande gekyk, lyk die land wel deeglik uit pas met die jongste verwikkelings.

Oor minder as twee maande gaan die Amerikaners stembus toe en word vir ‘n groot deel van die kongres gestem. Vergelykings word reeds met 1994 getref toe die Republikeine groot winste getoon het, hoewel min mense nou heeltemal dieselfde winste vir die Republikeine, ook bekend as die Grand Old Party, GOP, verwag.

‘n Onlangse peiling het 61 persent van die stemme vir die GOP gegee, en 41 % vir die Demokrate van pres. Barack Obama. Dit is die grootste gaping in 60 jaar. Sedertdien fluktueer die peilings erg.

Die GOP speel Donderdag, 20 September ‘n belangrike troef wanneer die party sy regeeragenda bekend stel. Dit word ‘n kontrak met die mense genoem, en simbolies van die voetsoolvlak-ingesteldheid, word dit op die stoep van ‘n ysterwarewinkel in Sterling, Vancouver, uitgereik.

Die Republikeinse party word grootliks gerugsteun deur ‘n sterk belangegroep, bekend as die Tea Party, wat die afgelope jaar nie net ontstaan het nie, maar massiewe openbare steun trek. Dit het al belangrike demokratiese vestings in tussenverkiesings lat tuimel. Die Tea Party kan breedweg as ‘n konserwatiewe beweging beskou word, en Sarah Palin dien as belangrike vaandeldraer. Dit verseker dat die groeiende Christen-fundamentalistiese beweging bykans eenparig by die Tea Party staan. Die Demokrate se teenvoeter, die Coffee Party, blyk nog grootliks ‘n windeier te wees.

Dié aksie het momentum gekry sedert die verkiesing van pres. Obama, wie se verkiesing as ‘n dertigjarige terugslag beskryf is vir die stryd om aborsies op aanvraag weer verbied te kry. Die euforie vir Obama was destyds so groot dat baie mense wat sterk gekant is teen baie van Obama se standpunte, ook vir hom gestem het. Afgesien van die aborsie-kwessie sluit dit sake in soos die wettiging van gay-huwelike, maar ook kwessie soos die omstrede gesondheidsorg-wetgewing en die koers wat ingeslaan moet word vir ekonomiese herstel. Terselfdertyd bly werkloosheid in die VSA hoog, en armoedesyfers is onder veral die swart en Spaanssprekende bevolking baie hoog – tradisioneel die jagveld van die Demokrate.

Op die meer omvattende skaal dui die verkiesingsuitslae van onder meer België, Nederland en nou ook Swede op ‘n groot swaai na regs. ‘n Anti-Islam-houding is dikwels aanwesig, soos in die VSA, waar Obama se hantering van sake oor Islam-kwessies, soos die voorgenome bou van ‘n Islamitiese sentrum naby Ground Zero, ook stemme laat swaai.

En heel uit pas hiermee handel die debat in Suid-Afrika nou, soos met die ANC se kongres in Durban en die vernaamste opposisiepolitiek, hoe links of ver links die land moet wees, en hoe sosialisties die ekonomie gedryf moet word.

Draai die horlosies dertig jaar terug.

светильники на домДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Iets by die koffie?

“Ek sien,” sê oom Brokkie waar ons op die stoep sit en Boeretroos wegslaan, “die Amerikaners het nou nie net ‘n ‘tea party’ nie, hulle het nou ‘n ‘coffee party’ ook.

Oom Brokkie se algemene kennis verstom my. Ek het netnou op die internet eers gesien die “coffee party” het pas gelyktydig op 370 plekke in die VSA en selfs hier en daar oorsee, hul eerste bekers geklink.

Op pres. Barack Obama, in teenreaksie op die “tea party” wat nie so lief vir Obama is nie.

Maar as ek gedink het ons gaan gesels oor die meer behoudende “tea party” en die meer liberale “coffee party” wat weer Obama se gesondheidsplan uit die dryfsand moet sleep, had ek dit mis. Oom Brokkie het sy stoute skoene aan.

“Dink jy nie ons politiek sal ook bietjie minder gespanne wees as ons ook in ‘tea party’s’ organiseer wat veerpyltjies teen die “coffee party’ gaan speel nie?”

“Almiskie oom, maar oom weet mos wat vat die manne nou saam met hulle tee?”

“Met eisj!” sê ons geyk.

“Ja,” sê oom Brokkie. “Die slimste oplossings vir die land se probleme word saans by die Oog uitgedink. Net jammer al wat die manne die volgende dag daarvan oorhet is die vreeslikste hoofpyne.”

“Maar watter soort tee of koffie dink oom het die Prez nou die aand gedrink toe hy so saam met die Boere gedinee het?”

“Ek dink koffieaan, want die volgende dag kon hy niks onthou van sy onderneming dat hy Julius onder vier oë sou spreek en die kwessie met die ANC se ringkoppe sou opneem nie. Trouens, die ANC trek nou die streep in die grond en sê nou iets soos “julle Boere se moere, hulle gaan daai liedjie aanhou sing, want dis nou deel van hul geskiedenis.”

“Maar is die Vlaamse Blok nie oor iets soortgelyks verbied nie?”

“Ja, maar hierdie is mos nie Wes-Europa nie.”

“Dink oom nie ons moet vir die Prez ‘n paar boksies Oom Tas by die parlement laat aflewer nie?”

“Jong, netnou gaan lees sy adviseurs in die geskiedenis op en sien hoe Willem Adriaan vir oom Tas in die Donker Gat laat toesluit het oor hy nie gehou het van wat die oom oor die politiek gesê het nie. Dan kry hy idees, en word ‘n paar mense weer daar toegesluit.”

“Seker darem nie vir lank nie. Dan kry ons presidensiële kwytskelding, en intussen kon ons darem ‘n ruk van die dienste wat so agteruitgaan ontsnap – want ek verstaan daar onder is hulle Eskom so ‘n entjie voor.”

So kuier ons terwyl ons met Boeretroos en Boerbeskuit ons “koffieparty” hou.

 

купить пиджак на мальчика 12 летФильчаков Харьков

Amerikaanse tea party – teeparty of politieke krag?

Net so min as wat die Bostonse teeparty op 16 Desember 1773 ‘n werklike teeparty was, so min is die huidige Tea party-bewiging iets wat die wêreld kan ignoreer – al word ook hoe daarmee die spot gedryf.

‘n Onlangse peiling deur NBC News en die Walle Street Journal het 41 persent volwasse Amerikaners aangegdui dat hulle ‘n positiewe siening van die Tea party het, teenoor 35 persent wat ‘n positiewe siening van pres. Barack Obama se Demokratiese Party het. Die kritiese Washington Post meld dat steun hiervoor verlede jaar landswyd “ontplof” het.

Die VSA word gekenmerk deur ‘n de facto tweepartystelsel, waar die Republikeine en die Demokrate sake uitspook. Daar is tallose ander partye, maar hulle word gewoon fyngemaal tussen die twee grotes, en is veral op nasionale vlak kwalik relevant.

Amerikaners wend hulle dus tot ‘n groot mate tot lobbies. Dit is moontlik omdat Amerikaanse Kongreslede nie soos in Suid-Afrika tot koukusgerigte stemmery ingebind is nie. Van die lobbies funksioneer effektief soos politieke partye, het ‘n volledige beleid, genereer fondse en veldtogte, en besluit dan welke kandidate gesteun moet word, ongeag hul politieke party. Die saak, en nie die party nie, is wat saak maak.

Een van die grotes is die Christian Coalition of America met sowat 4 miljoen ingeskrewe lede. Dit het ‘n volledige beleidstelling op sy webtuiste.

Nou is daar die Tea party, wat as beweging beskryf word, en die “party” met ‘n klein letter geskryf word sodat dit nie met ‘n party verwar moet word nie.

Die Tea party is gebore uit veral wit middelklas Amerikaners se keelvolheid vir oplopende staatskuld, veral noudat pres. Obama hard werk om ‘n tipe sosialistiese (welsynstaat) gesondheidsorgstelsel in te voer.

Die Tea party word meer met die Demokratiese Party geassosieer, en het onlangs baie daartoe bygedra dat die Republikein,  Scott Brown, in wyle sen. Ted Kennedy se setel verkies te kry.

Tog sukkel die Amerikaanse media nog om ‘n begrip te vorm van wat die Tea party werklik beteken. Juis weens die tekens dat dit ‘n “conservative revolution” kan wees, was die hoofsaaklik liberale Amerikaanse pers stadig uit die blokke om werklik kennis te neem, al was die sentimente wat dit onderlê al ‘n ruk lank teenwoordig.

Een van die vroegste tekens dat die wêreld nie Obama se verkiesing tot president moes vertolk as ‘n besliste liberale stap deur die kiesers nie, was toe ‘n peiling kort na sy verkiesing gedui het dat die meeste Amerikaners sedert dit gemeet word, nou teen aborsies op aanvraag is. Tog het hulle kort tevore die stryd om aborsies op aanvraag tersyde gestel te kry, twintig jaar teruggesit deur Obama in te stem.

Kort hierna het Amerikaanse deelstate op ‘n streep, die “liberale Ooste” ingesluit op enkeles na huwelike van dieselfde geslag aan die ban gedoen. Dit het dikwels gevolg nadat referendums afgedwing is.

Op laas is Obama se gewildheid ook baie gou daarmee heen.

Is daar ‘n Suid-Afrikaanse analoog?

Die naaste onlangse weergawe is waarskynlik die Cope-euforie wat die beste opsie sou bied teenoor ‘n gegewe. Dit het sterk uit ‘n verkiesing getree al het erge krake reeds voor die verkiesing gewys, en terwyl dit duidelik was dat die party moeite sou hê om almal wat entoesiasties meegedoen het, beleidsgewys in te bind.

Soos met Cope, is dit onseker hoe die “party” gaan reageer op sy  eerste nasionale konvensie wat gister begin het. Gaan die uiteenlopende sigbare leiers, wat Sahrah Palin insluit, mekaar genoegsaam kan vind om die eenheid te bewaar? Vroeë berigte dui op grootskaalse ongelukkigheid en beskuldigings, maar die harde feit is dat die 600 kaartjies (ja, konvensiegangers moet stywe bedrae opdok) uitverkoop en is talle ander daarom weggewys moes word.

Of gaan hierdie “party” ook soos die Bostonse “tea party” in die see beland en daarna net as faktor in die geskiedenisboeke opgeteken wees?

Al is dit iets wat iewers in die toekoms gaan platval, verdien hierdie “konserwatiewe rewolusie” meer aandag in di e Suid-Afrikaanse media.

инвертор зарядное устройствоДанильченко Юрий Брониславович