Millenniumdoelwitte

Met die aanvang van die millennium het wêreldleiers koppe bymekaar gesit en met ambisieuse voorstelle vorendag gekom oor die verligting van lyding oor die hele wêreld. Dié doelwitte se eerste fase sou teen 2015 bereik moes wees.

Nou, op die vooraand van die amptelike opening van die VN se volgende sitting, is wêreldleiers in New York byeen, en benut die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon die geleentheid om bestek met hulle op te neem.

Op die oog af lyk dit of net Sjina die doelwitte gaan haal. Sjina kom egter onder skoot oor die prys wat burgers moet behaal om allerlei groeiprestasies te behaal.

Verder lyk vordering maar bedroewend. Die doelwitte wat die meeste ontspoor het is om die sterftesyfer by geboorte met ‘n driekwart te verminder, en so ook om die sterftes van kinders onder vyf jaar met ‘n tweederde te verminder.

Ban Ki-moon het dit nodig geag om die wêreldleiers daaraan te herinner dat dit hul eie doelwitte was. In werklikheid het daar die afgelope elfs jaar egter baie water in die see geloop en baie van die huidige leiers het die gebakte pere van hul voorgangers geërf. Wat die VN betref, erf ‘n nuutverkose regering bloot die pligte en verantwoordelikhede van hul voorgangers, en daarom moet regerings die lesse ter harte neem dat die lande se administrasies, die sogenaamde tegnokrate, van die beste stoffasie moet wees en dien staatsdienste nie as plek vir kaderontplooiing nie.

Nog ‘n faktor wat ‘n vlieg in die salf is, is die wêreldekonomiese krisis wat intussen met mag en mening toegeslaan het. ‘n Groot deel van hierdie krisis is deur inhaligheid veroorsaak, en omdat daar vir die inhaliges min ruimte was om die hand na diegene wat swaarkry uit te reik, was daar in vele kringe ‘n stramheid om die millenniumdoelwitte met entoesiasme na te streef. Baie lande, waaronder merkbaar België, het in hul ekonomiese herstelplanne omvattende hoofstukke aan die herstel van moraliteit gespandeer. Ook in ander lande was daar ‘n anti-inhaligheidsneerslag. In Nederland is wetgewing ter tafel gelê wat bankbase in hul persoonlike hoedanigheid vir onbesonne besluite verantwoordelik sou hou, en in Ysland is nog groter mediavryheid bewerkstellig toe die bankbase wat daar die krisis veroorsaak het, hulle op bestaande konvensie beroep het om hul aandeel te verdoesel.

Of die wêreld wat uit die krisis gebore is, ‘n groter moraliteitsverantwoordelikheid sal openbaar as die korporatiewe wêreld van voor die krisis sal die tyd leer. Met groot natuurrampe, soos in Pakistan en Haïti wil dit so voorkom. Die wêreld se hongerlydendes het pas tot effens onder die miljard afgeneem, maar dit is aan groot oeste toe te skryf wat ook die pryse van basiese voedsel laat daal het. Intussen het die oorstromings in Pakistan en die droogte in Rusland weer groot oeste vernietig.

Die teenkant van die munt is egter ook dat daar ‘n besliste stramheid is om te gaan help waar bevolkings swak regerings kies of duld, en dan na ander wil bakhand hou as hulle die regerings kry wat hulle verdien. Vanoggend berig die Belgiese pers oor hul minister van Buitelandse Sake se ontnugtering met die verwikkelinge in die Kongo, kort na die vyftigjarige feesvieringe. De Standaard haal hom soos volg aan: “ De zaken veranderen in Congo niet in het tempo dat wij wensen. Na de feestsfeer die vijftig jaar Congolese onafhankelijkheid kenmerkte, is er duidelijk weer ruimte voor kritiek.”

пневмоинструмент интертулФильчаков прокуратура харьков