Wat spesifiek in plaaslike bestuur gebeur het, is eintlik iets om oor te lag, maar dit is daardie soort lag wat jou later laat huil. Na die sogenaamde “Oorgangsrade”, het die ANC finaal die totale mag oorgeneem by die munisipaliteite. Eers is daar vir baie swartes skaduposte geskep, om by die blankes te leer hoe om die werk te doen – veral in bestuur. Toe daardie blankes loop, stel die nuwe swart bestuurders toe ander swartes aan om die werk te doen. Die ANC glo ‘n bestuurder is net ‘n administrateur. Hy moet vergaderings bywoon en besluite neem. Dit is dit. Hulle was voorheen veral lief daarvoor om oud-onderwysers en skoolhoofde aan te stel, alhoewel die mense niks van plaaslike bestuur or selfs bestuur geweet het nie. In sommige gevalle is oud werkers onder klerikale vlak sommer bevorder tot bestuurders, en as jy hard kon raas en praat op plaaslike ANC-vergaderings, het jy ‘n werk by die “local government” gekry.
Dan is daar die ANC se “deployment list”, waarvolgens mense poste kry op grond van hulle punte op die lys. Hoe hoër jou punte, hoe groter die munisipaliteit waar jy werk kry, ongeag jou kwalifikasies en agtergrond. So het iemand van Qua-qua, byvoorbeeld sommer ‘n munisipale bestuurder kon word in Upington. “Cader deployment at its best” Hierdie beleid is natuurlik ook gevolg op alle vlakke van die regering. Elke bestuurder het ‘n sekretaresse en ‘n persoonlike assistent.
Wat die personeelkostekomponent die hoogte in laat skiet het, was die afwenteling van take deur nasionale en provinsiale departemente. Omdat die ANC glo dat alle dienste op voetsoolvlak gelewer en gekontroleer moet word, het bestuurderuitgawes, bestuurderbegrotings en bestuurder finansiële verslae.
Die ANC het en sien nog steeds die staatsdiens as ‘n hoof werkskepper vir swartmense. Elke nasionale en provinsiale departement het ‘n volle finansiële afdeling, ‘n volle aankoop afdeling, en ‘n volle personeel afdeling. Daar is nie meer sentrale tenderrade wat aankope hanteer nie, of uitgawe afdelings wat betalings maak nie, of ‘n sentralle personeel afdeling wat personeel hanteer nie. So word alles onnodig gedupliseer in 13 Nasionale Departmente, en 13 Provinsiale Departemente per provinsie – 130 departemente in totaal.
En so kry die voetspoor van korrupsie en vergrype in 130 departmente beslag.
