‘n Kritiek op die Afrikanerleiers

Ek is ‘n gewone Afrikaner wat hartstogtelik lief is vir my taal, my mense en my volk en sy geskiedenis. Die vryheid van my volk lê my na aan die hart, en namate ons dieper in die moeras van oorgawe sink onder die huidige bedeling in die Nuwe Suid Afrika (NSA), ervaar ek dit al hoe meer as ‘n dringende noodsaaklikheid. Ek is nie ‘n baie slim man nie, nie ‘n politikus nie en die gawe tot geleerde en groot woorde is my nie beskore nie. Ek het baie boekekennis, maar is te lui om te gaan soek na al die aanhalings, pittige sêgoed en gebeurtenisse wat ek by hierdie skrywe kan insluit.

Soos baie ander gewone Afrikaners, ingesluit dié wat blind-gelukkig hulle huidige omstandighede aanvaar maar tog ongelukkig is, het ek hoë verwagtinge gehad dat die “leiers” van my mense met erns en doelgerigtheid besig is om oplossings te bedink, planne te formuleer en strategieë in plek te sit om ons vryheid en selfverwesenliking ‘n realiteit te maak, of ten minste ons situasie in die NSA te verbeter. Ek voel dus ek verteenwoordig die “ongebonde” Afrikaners. Hulle wat sonder amptelike affiliasie en lidmaatskap van ‘n organisasie saam swaarkry as gevolg van misdaad, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, miskenning van Afrikaans, miskenning van kwalifikasies en ondervinding, ens.

Dit is egter met skok en hartseer, dat ek agterkom dat die tradisionele verdeeldheid en heethoofdigheid wat eie aan die Afrikaner is, weereens nou wanneer ons dit nie kan bekostig nie, die grootste enkele faktor is wat ons vryheid verhoed en die “prioriteitskrisis” is. In plaas daarvanvan dat daar ‘n enkele leier of leiergroep is wat ‘n praktiese toekomsgerigte plan het oor hoe om ons soewereiniteit te bewerkstellig, wat daardie plan uitvoer, verkeer die leiers in ‘n eindelose gesprek. Hoeveel keer in die geskiedenis het daardie einste verdeeldheid, getwis oor nietige verskille en gebrek aan leierskap, die Afrikaner duur gekos?

Die eerste keer was met die Voortrekkers wat nie kon saamstem nie, en die gevolglike resultaat dat dit hulle amper twintig jaar geneem het om darem twee (nie een nie) republieke te kan stig. Met die Rebellie het tweespalt veroorsaak dat broer teen broer gekant was en geveg het, en is ons daarna vir veertig jaar verdeel tussen Nat en Sap. Die finale nekslag was toe die HNP en KP nie kon saamstaan nie en daardeur verseker het dat ons ons vryheid finaal verloor het.

Die feit dat daar soveel Afrikanerorganisasies vandag bestaan wat elkeen op sy eie manier probeer om iets te doen, is die duidelikste bewys dat daar nie erkende sentrale leiers is wat namens ons mense praat of optree nie.

Die afleiding wat ek dus maak, is dat ons geskiedenis homself herhaal, en dat ons as Afrikaners en veral ons “leiers”, dus self verantwoordelik is vir ons huidige status as derdeklasburgers of bywoners in ons eie land. Ons moet self die verantwoordelikheid dra vir die feit dat ons besig is om uitgemoor te word, versprei word oor die wêreld, dat ons verarm, en dat ons jeug rigtingloos en “hooploos” los raak van ons kultuur en volkswaardes. Die Afrikanerjongmense, wat die vlam van Afrikanerdom moet verder dra nadat ons nie meer daar is nie, het geen erg meer aan hulle herkoms nie, omdat hulle dit nie ken nie en skaam geword het daarvoor. Hulle verkies om eerder in die boesem van Engeland hulle heil te gaan soek, as in die arms van hulle eie volk.

Ongelukig blyk dit dat die leiers wat die leiding moet neem en die Afrikanervolk en j-eug hoop en rigting moet gee binne die raamwerk van ‘n veilige hawe van taal, kultuur en ‘n waardedraende toekoms, hulle versaak deur ‘n versuim en getalm om daadwerklike gestalte te gee aan die vryheidsideaal.

Veral die jeug is besig om vervreemd te raak van hulle volksgebondenheid en kultuurerfenis. Een geslag van die Afrikaner het reeds verlore gegaan as gevolg van die verlammende skok wat veroorsaak is toe ons ons vryheid verloor het, en ‘n tweede is besig om kultuurloos groot te word – kinders van die NSA.

Aangevuur deur die liberaliste binne en buite die Afrikanerdom, kom die vraag; “Bestaan daar werklik ‘n Afrikanervolk?” telkens na vore in debatte tussen gewone voetsoolvlak-Afrikaners. Die onderwerp is al so holrug gery dat die effek daarvan is dat baie mense bloot aanvaar dat die volk eenvoudig nie bestaan nie, en dat ons maar toevallig ‘n groep individue is wat dieselfde taal praat. Moet ons werklik naá100 jaar nog hieroor wonder? Die Afrikanervolk bestaan en die twyfel daaroor is bloot te wyte aan die feit dat ons nie ‘n enkele leier of ‘n sterk eengesinde leierskorps het, wat leiding gee, en wat namens ons praat en optree nie.

Die bestaan van die behoefte aan ‘n leier wat hoop en leiding gee, deur iets aktiefs en prakties te doen, word bewys deur die effek wat die liedjie “De la Rey” op gewone Afrikanermense gehad het. Kortstondig en onbewustelik het almal duidelik gewys dat hulle soek na daardie leier wat die Boere sal kom lei na ‘n beter bedeling. Maar daardie leier is afwesig, en tog glo ek hy bestaan reeds tussen die huidige leierskorps. Maar hy sal eers na vore kom en kan optree sodra al die huidige leiers hulle verantwoordelikheid besef en saamstaan .

In die afwesigheid van ‘n leier, ondersteun die gewone Afrikaner die sigbare alternatiewe soos die DA. Hulle ondersteun nie die DA omdat hulle glo in die DA nie; hulle doen dit omdat hulle geen alternatief het nie en desperaat na ‘n beter bedeling soek. Dit is die gryp na die spreekwoordelike strooihalm, omdat die leiers nie vir hulle daardie alternatief kan gee nie.

Die “eie ek”-sindroom

Ek maak die stelling, dat die huidige diskoers wat woed onder die sogenaamde leiers van die Afrikaner oor die hoe, wie, wat, waar en wanneer, nie in voeling is met die psige en behoefte van hulle eie volgelinge nie. Dit gee blykbaar aan die “leiers” meer satisfaksie om voortdurend in gesprek te wees, as om sinvolle aksie te neem en voor (en voort) te gaan. Ek sien op Carte Blanche die baniere wat Green Peace by die Kopenhagenberaad oor klimaatsverandering gebruik het. Dit lui: “Politicians talk, leaders act.”

Die vraag wat nou ter sprake kom, is hoekom word daar so baie en so lank gepraat? Blykbaar, as die Afrikaner-“leiers” bymekaar kom, is daar altyd ‘n “eie ek”-sindroom teenwoordig, waar ek/ons die enigste een of groep is wat die antwoord het, en ek/ons moet jou/julle eers oortuig, omdat ek/ons die slimste is. Geeneen kan werklik leiding van die volk neem nie, want ons is net te veel verdeel in groepies wat elkeen sy eie idee het. In bestuursterme sal ons dit “die chaos van deelnemende bestuur” noem, of meer eenvoudig in Engels: “Too many Indians, no chief.”

Klaarblyklik het die voer van gesprekke, die hou van debatte en die ontwikkeling van teorieë ‘n stokperdjie en tydverdryf van die leiers geword waarmee tyd op ‘n vreemde manier verspeel word. Hulle doen dit, terwyl die Afrikanervolk al verder disintegreer, en in die vergetelheid raak. Dit is blykbaar belangriker om die verskille tussen hulle onderskeie ideologieë en idees te identifiseer en aan mekaar uit te wys, as om daadwerklik saam te werk om die verval van die Afrikaner se situasie te keer en om te draai.

Daar is egter ‘n punt in elke stelsel wat in verval is, waar rehabilitasie na die oorspronklike status nie meer moontlik is nie, en ek is bevrees dat daardie drang om te verskil eerder as om saam te staan, veroorsaak dat die Afrikaner daardie punt binnekort gaan bereik.

Die ergste is dat die ANC bewus is van hierdie toestand waarin die Afrikaner hom bevind, en dit taamlik humoristies, maar ook bevredigend en gerusstellend vind. Hulle hoef ons nie te verdeel om oor ons te heers nie, want ons doen dit self, en daarby maak ons uitstekende werk daarvan.

Die ‘Gesprek’

Daar was sedert die NSA tot stand gekom het vele pogings, inisiatiewe, planne, debatte, vergaderings en dies meer om vryheid vir die Afrikaner te bewerkstellig en sy toekoms te verseker. Al daardie pogings het in tweespalt ontaard en op dadels uitgeloop as gevolg van die “eie ek”-grootheidswaan en sogenaamde ideologiese verskille. Blykbaar, is die enigste slotsom wat ooit bereik word; “Ja, ons verskil, maar kom ons hou die gesprek lewendig.” Op die ou end, is dit hierdie leiers se strewe dat die enigste ding wat lewendig anderkant gaan uitkom die Gesprek sal wees. “Laat alles maar ten gronde gaan solank ons net nie die gesprek verloor nie.” Politici hou van praat.

Die leiers gaan daardie Gesprek lewendig hou, totdat die Afrikaner nie meer bestaan nie, geassimileer in die NSA en versprei en vergete oor die wêreld, en daarna sal daar net ‘n voetnota in die geskiedenisboeke wees wat melding maak van daardie Gesprek wat op niks uitgeloop het. ‘n Slim ontleder sal dan daardie eindelose Gesprek kan identifiseer as die belangrikste oorsaak vir die verdwyning van die Afrikaner.

‘n Goeie vriend van my vertel dat hy eendag vir oorlede ZB du Toit, in lewe ‘n skitterende joernalis en politieke ontleder, gevra het: Wat gaan gebeur as al ons teorieë en gesprekke eendag op niks uitloop nie? ZB het blykbaar geantwoord: “Dan het ons ten minste lekker gesels.”

Potjiekos

Net ná sy inhuldiging as president van die NSA, het Thabo Mbeki ‘n vraag van ‘n joernalis oor die waarborg vir demokrasie in Suid Afrika soos volg beantwoord: “Democracy will develop in the African way, slowly cooked over an open fire.”

As ek die huidige tendens in die Afrikanerleierskorps moet beoordeel aan die hand van Mbeki se definisie hierbo, moet ek noodwendig die afleiding maak dat hulle besig is om ons tradisionele gereg, potjiekos, te maak. Soos ‘n Volkstaat almal se doel is, is die doel dan potjiekos. Op die oomblik stry ons nog watter grootte pot gebruik moet word, en watter resep gevolg moet word. En die leiers debatteer en voer die Gesprek.

Hoe lank gaan dit neem om stadig-stadig elkeen ‘n bestandeeltjie in die pot te sit, voordat die vuur gestook word? Soos almal weet, vat potjikos baie lank om gaar te word, en is die resultaat maar uiteindelik ‘n brousel van smake en geure.

Weereens: Hoe lank gaan daar nog gepraat en tyd verspeel word? Hoe lank gaan die politieke debat oor vryheid en soewereiniteit nog neem, voordat daar prakties uitvoering gegee word? Tans soek almal net verskille en raakpunte, luister oor en oor na die definisies, teorieë en akademici se raad, maar kom net nie by die punt van defnitiewe beplanning en aksie uit nie.

Praktiese leiding

“Politicians talk, leaders act.”

Alhoewel daar plek is vir die akademiese debat en die ontwikkeling van teorieë oor die Afrikaner en sy toekoms, dikteer die stand van die posisie waarin die Afrikanervolk hom tans bevind, dat ons nou met praktiese leierskap en oplossings moet kom, en nie meer debat voer oor ideologiese vraagstukke nie. Daar is ‘n te groot gaping tussen die leiers wat politiek bedryf en die akademici wat filosofeer en teoretiseer in hulle poging om die politici te help aan die een kant, en die voetsoolvlak-Afrikaners wat na praktiese leiding en aksie smag aan die ander kant. Die mense soek na tasbare optrede en vordering.

Die prentjie wat in gedagte kom is die geleerde akademikus wat vingerpunte teenmekaar, starende in die niet, op en af loop in sy kantoor, diep in gedagte terwyl hy die konsep van die lewe en vryheid geduldig aan twee politici verduidelik, terwyl jy deur die venster kan sien hoe speel die studente rugby op die grasperk, en ‘n entjie verder sien jy hoe loop die gewone mense in die straat verby. Alhoewel die studente die antwoord waarmee die akademikus vorendag kom moet leer en kennis neem daarvan om ‘n eksamenvraag te beantwoord, wil hulle nou eintlik net ‘n goeie rugbyafrigter hê. Dit is tans hulle behoefte.

As die twee politici al stryende die straat afloop, sien jy die mense, nog verder verwyderd as die studente. Hulle wonder geensins oor die sin van die lewe, of die teorie van vryheid nie. Hulle is nie eers bewus daarvan dat hulle nie werklik vry is nie, want vryheid vir hulle beteken hulle is nie in die tronk nie, en kan min of meer kom, gaan en doen soos hulle wil. In die Afrikaner se geval, besef hy egter dat hy binne hierdie eenvoudige konsep van vryheid, nie gemaklik voel nie. Hulle besef dat iets moet verander, en by gebrek aan ‘n leier of leierskorps wat namens hom praat en optree, plaas hy sy hoop op die bestaande bestel om te verbeter, of enige deelnemer (leier) aan die bestaande bestel wat lyk of hy dit wil verbeter, tot voordeel van homself. Die ander opsie is om weg te gaan uit hierdie plek waar hy ongemaklik voel, en dan neem hulle die sogenaamde “Perth Express.”.

Kortom, die gemiddelde Afrikaner wil nie weet wat is vryheid en hoe omskryf jy die akademiese of teoretiese konsep van vryheid nie. Hy wil dit net ervaar in sy daaglikse werk, lewenstrewe en doen en late. En daarvoor het hy ‘n leier nodig wat op sy vlak, prakties met die vryheidsideologie kan werk, die versugting na iets beters prakties kan benader en kan werk na ‘n oplossing. Hy sal dit volg as hy sien daar gebeur iets wat in sy guns gaan werk, en vir hom voordele gaan inhou. In die Engelse idioom: “Actions speak louder than words.”

As ‘n gewone mens honger is, wil hy brood eet – nie die resep hoe om brood te bak, of die metode om koring suksesvol te produseer nie.

Uitdaging

Op een of ander punt moet daar ‘n oomblik in tyd wees, waar ‘n wonderwerk plaasvind, en al die “leiers” besef dat die Afrikaner nie meer die luukse van tyd het nie. Dat daar ‘n punt moet wees om sonder emosie, sonder wonder hoekom en definisie, tot aksie oorgegaan moet word. Waar die leiers besef dat die Gesprek nooit gaan einde kry nie, en nooit ‘n praktiese oplossing gaan bied nie.

My uitdaging aan al die leiers van en in die Afrikanervolk is:

1. Om vir een keer bymekaar te kom, sonder hulle teorieë, filosofieë, “eie ek”-waansin, en die benadering van “hoekom sal dit nie werk nie?”;

2. Om die nuwe gees van knegskap aan ‘n regering, grondwet en stelsel wat die Afrikaner net verdra oor sy bydrae tot die staatskas, af te gooi;

3. Om by daardie byeenkoms, die dringendheid vir onmiddelike aksie te besef en te erken;

4. Om hulle te verbind tot samehorigheid en samewerking;

5. Om ooreen te kom om die Gesprek en akademiese debat uit die formule te neem, en ooreen te kom dat hulle dit in ‘n ander forum sal voortsit;

6. Om die gewone mense aan te hoor en hulle behoeftes te erken;

7. Om ‘n enkele leier of leiersgroep aan te stel om met praktiese oplossings vorendag te kom;

8. Om saam te werk hoe daardie plan prakties uitgevoer gaan word, en dit dan onvoorwaardelik te steun;

9. On hulle onderskeie volgelinge se ondersteuning en lojaliteit te gaan werf, vir daardie plan;

10. Om die gekose leiergroep te steun in die uitvoering van die plan, ingesluit enige teenspoed wat ervaar word, en

11. Om die plan en die leiersgroep te verdedig in hulle totale omgang met die gemeenskap waarin hulle lewe.

Ten slotte

Soos alle verhale, het die verhaal van die Afrikanervolk een van twee moontlike eindes. Dit is in die hande van die huidige Afrikanerleiers, wat daardie einde gaan wees. In ‘n toekomsblik, verteenwoordig die onderstaande paragrawe twee moontlike weergawes van ‘n beskrywing van die woord “Afrikaner” in die World Encyclopedia van die jaar 3000.

1. Afrikaner(s) – A name once associated with a group of white people from European decent, who lived in South Africa. For a short while (1948 – 1994), the Afrikaners governed the country under a policy called Apartheid (*see: Apartheid) which resulted in the majority of people of the country suffering under unjust laws of oppression and racial discrimination. Due to international pressure, the Afrikaners surrendered power to the black majority in 1994. Circa 2050, they disappeared as a homogenieous group, being assimilated into the black population of South Africa, or having migrated to countries like Australia, New Zealand and Canada. Only a few descendants still speak their language, which was called Afrikaans. (*see: Afrikaans)

Footnote: Shortly after surrendering power, their was a strong feeling among Afrikaners to establish an independent state, but due to the constant quarrelling and debate among their leaders on the questions of who the Afrikaner nation actually was and what the ideology of freedom should have meant to them, they never succeeded.

of

2. Afrikaner(s) – The name of the people of Xyz, the only country with a population of European descent on the continent of Africa. Although a small country on the southern tip of Africa, this country is highly successful, and compare with many European countries in terms of per capita domestic product. Originally the Afrikaners governed South Africa (1948 – 1994) as a minority, but surrendered power to the black majority in 1994, under international pressure due to their policy of Apartheid (*see: Apartheid). Because of a patriotic drive for independence and freedom (see footnote), the Afrikaners negotiated a seperate independent state with the South African government in the early part of the twenty-first century. After establishment of the new state, the Afrikaners migrated to their new homeland over a period of 10 years, and has since stunned the international community with the levels of success and advances achieved. The Afrikaners’ language is called Afrikaans (*see: Afrikaans)

Footnote: An interesting phenomenon of the country, is the 100-year old lively and heated ongoing debate among politicians, academics and sholars about who the Afrikaner actually is, and what the ideology of freedom should actually mean to them. This phenomenon is being intensively studied by anthropologists from all over the world.

Watter van hierdie twee paragrawe wil ons hê, ons nageslagte moet eendag lees? Ek lees die volgende woorde in ‘n uitnodiging wat ek ontvang het ná ‘n vergadering vir ‘n politieke gesprek oor die Afrikaner se toekoms:

Is jy ook keelvol vir tweedeklasburgerskap? Grief dit jou ook dat jou Afrikanerskap polities inkorrek is? Voel jy dis tyd om vas te skop? Kom praat saam daaroor – nugter en realisties. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem as jy ‘n verskil wil sien. Niemand gaan dit vir ons gee nie, ons moet dit self doen.

“Opstand is net so noodsaaklik as ‘n volk se getrouheid. Dit is nie gevaarlik dat verset misluk nie, wat wel gevaarlik is, is dat ‘n hele geslag sonder verset verbygaan.” NP van Wyk Louw

Wyse woorde, en wat ek daarin sien is:

1. Aanhou praat en debat gaan nie ‘n verskil maak nie.

2. Aanhou praat en debat kan verset beskryf, maar dit is nie verset nie.

Respekvolle groete,

Heinrich B Zaayman

оборудование для заправки кондиционеровпрокурор Фильчаков

Om Nederlands deur ‘n Afrikaanse bril te lees

Omdat Afrikaans en Nederlands al ‘n paar eeue min of meer hul eie koers loop, is verwarring in woordeskat te wagte. Soms met humoristiese gevolge.

As eerstejaar met ‘n Nederlandse voorgeskrewe boek in Stedelike Geografie het dit kopkrap gekos om uit te pluis die alewige “vaak “ in die handboek het niks te make met ‘n eerstejaar wat die nag sittend op twee bierblikkies deurgebring het, nie.

Of die Nederlandse besoekers aan huise wie se dogter in vervoering geraak het toe Sus se “fraaie” kat die vertrek ingestap kom. Haar ousus het haar uitroep oor die wandelende dier met ‘n harde, strategiese “kat!” gesmoor.

Of as mens lees van die Palestyne wat die Israeli’s so met “raketten” bestook.

Of selfs al die verskillende “versies” wat oogetuies van ‘n bomontploffing opdis.

Jare gelede het ‘n kennis van wyle Pa-Jan ‘n doktorsgraad in Nederland gaan doen, en terwyl hy daar was solank ‘n tikster aan die werk gesit om met die tikwerk te begin.

Fout.

Want die instansie wat die “hoofrol” in sy tesis gespeel het, is vernederlands, en het dus ‘n “hoofdrol” gespeel – iets wat in Afrikaans en Nederlands kwalik iets verbandhoudend kan beteken.

Dié staaltjie skiet my vanoggend te binne toe ek die volgende in Trouw te lese kry, waar die “d” toe wel sy Afrikaanse betekenis vervul:

Schadevergoeding na val door hondendrol

MARSEILLE (ANP) – Het stadsgewest Marseille moet een schadevergoeding betalen aan een vrouw die in 2001 uitgleed door hondenpoep op de stoep en daardoor een botbreuk opliep. Dit heeft het gerechtshof in Marseille bepaald.

 

светильники споты настенноФільчаков Олександр Васильович прокурор

Popcru se beergreep op die SAPD

Niemand sal stry dat die beleërde Vrystaatse polisiehoof, Amon Mashigo, met sy aanstelling ‘n nuwe besem was wat skoongevee het nie. Hy was gereeld in die nuus oor hoe hy persoonlik by die bekamping van misdaad betrokke geraak het. Hy het in gloeiende nuusdekking gedy.

Sy aanstelling het gevolg op ‘n baie ongelukkige era waartydens verskeie vakbonde betrokke was oor ‘n skynbare skrikbewind wat Popcru in die Vrystaat – en ook elders – gevoer het. Polisiebeamptes wat nie lede van Popcru was nie, en as bestuurslede dissiplinêr teen Popcru-lede opgetree het, het dikwels die tweede beste daarvan afgekom.

In ‘n saak waar ‘n bevelvoerder weens die beweerde misbruik van verklikkersgeld krimineel vervolg is, het die staatsaanklaer later gedreig om hom aan die saak te onttrek omdat die destydse polisiehoof volstrek het om die aangeklaagde te skors of elders aan te wend om dit vir die staatsgetuies, polisiebeamptes onder sy bevel, moontlik te maak om sonder viktimisasie te getuig.

Die voorbeelde was legio, en het verskeie vakbondondersoeke en verslae tot gevolg gehad wat skynbaar net so onder die mat gevee is.

Toe kom Mashigo.

Dit het egter nie lank geduur nie of vreemde skorsings en die ontslag van nie-Popcru-lede het weer in die nuus begin beland, terwyl veral een geval van die teenoorgestelde aard ook die nuus begin haal het. In hierdie geval is ‘n polisiebeampte wat geskors was na hy ‘n kollega so erg aangerand het dat rekonstruktiewe chirurgie nodig was, se skorsing nie net opgehef nie, maar is hy ook bevorder terwyl verskeie regsprosesse nog in proses is. Na bewering is die Mashigo, en hierdie polisiebeampte wat ‘n lang lys van beweerde ongure optredes agter die blad het, huisvriende.

‘n Interessante tussenspel was dat die Vrystaatse polisie in opdrag van Mashigo alle kommunikasie met Volksblad opgeskort het, en ‘n klag by die Persombudsman ingedien het. Mashogo het die klag later laat vaar en die boikot opgehef – skynbaar na druk van bo.

Intussen het ‘n verslag van die Onafhanklike Klagtediretoraad oor beweerde optredes van Mashigo aan die pers gelek, en nou word ‘n ‘n forum van verontregtes gestig. Wit en swart lede en oud-lede van die SAPD is betrokke.

Die situasie ontvou terwyl die SAPD skynbaar ‘n ope uitnodiging aan oud-gediendes gerig het om na die SAPD terug te keer en sodoende die polisie se kapasiteit en kundigheidsvlakke te versterk. Solidariteit het intussen die SAPD daarvan beskuldig dat hy uit twee monde praat en gevalle genoem waaruit dit blyk asof hierdie ope uitnodiging nie werklik so oop is nie.

Solank Popcru egter ‘n beergreep op die SAPD het, so lank sal sake nie normaal kan verloop nie. ‘n Groot deel van die probleem is Popcru se affiliasie by Cosatu, en Cosatu se alliansie met die regerende ANC. Hierdeur is Popcru nie net wydsbeen deel van die staat se uitvoerende en wetgewende gesag nie, maar spesifiek in een van die gewapende magte – iets wat in ‘n normale demokrasie soos ‘n klip in die maag lê, en waarvan die gevolge net te veel gesien en gevoel word.

Pas het e-TV ‘n program – tot ontsteltenis van die SAPD – uitgesaai waarin misdadigers geen geheim daarvan maak nie dat hulle beplan om tydens die komende Fifa-toernooi, buitelandse besoekers te teiken nie. ‘n Tweede beste of gebrekkige polisieoptrede tydens die toernooi weens die onaantasbaarheid van vrot appels is nie in landsbelang nie.

 

детский магазин одессаФильчаков прокурор отзывы

Croukamp se liberale vloermoer

As akademikus het dr. Piet Croukamp op RSG se program, Kommentaar, jammerlik gefaal toe die huidige debat oor die volkstaatgedagte aan die bod gekom het. In plaas van om ‘n akademies verantwoordbare agtergrond te skets, het hy emosioneel die gedagte aan die hand selfverklaarde liberale beginsels aangeval.

Hy het as sterk voorspraakmaker vir liberalisme ingetree, wat nie weerspieël dat dit ‘n gedagterigting is was wyd, soos in Europa, die wind van voor kry nie soos blyk uit ‘n artikel van Jan-Jan Joubert, maar meer gereeld deur dr. Leopold Scholtz.

Dit sal jammer wees as die liberale respons vervlak tot die punt waar dit net die wegsmyt van speelgoed uit die kot behels.

Die debat oor die Volkstaat het nog min gefokus op die haalbaarheid van die liberale alternatief, en dit is hier waar die kwessie belig word.

Croucamp het self ‘n leidraad gebied oor hoe die liberale op die middelpuntvliedende kragte moet reageer wat nou so volkstaatsentimente aanwakker. Dit kom daarop neer om die spraakvryheid wat liberalisme bied, te gebruik om die droogmaak van die regering aan te spreek.

Presies hoe goed werk dit in die praktyk?

Nog lank voor die vorige algemene verkiesing by die stembus gevorder het, het talle stemme begin opgaan dat die DA se styl waarmee dit die regering en regeringsleiers (die ANC) aanval, gaan boemerang. Die gevolg was dat die verkiesing, soos dr. Pieter Mulder dit onlangs weer gestel het, op ‘n rassesensus neergekom het. Verskeie gesprekke moes na die verkiesing gevoer word om die lug effe gesuiwer te kry.

Reg of verkeerd, maar dit is die praktyk.

Kort hierna het dieselfde swart redakteurs wat die selfopgelegde perssensuur van politieke korrektheid verbreek het deur bv die krane teen oud-president Thabo Mbeki oopgetrek het, begin rem vasskop en sommiges in selfs geen onduidelike taal nie gewaarsku dat dié soort kritiek swart geweld kan ontlok.

Kort hierna het ‘n paar wit negrofiliste in hierdie koor begin saamsing.

Presies hoeveel liberale demokrasie bly oor as die uitoefening van hierdie opsie dié soort respons kry?

Of bietjie anders gestel: Is hierdie respons werklik minder gevaarlik as die respons op die volkstaatgedagte?

Croukamp het in sy reaksie wyd die “ons” by die liberalisme ingehark, deur onder meer deur na die verkiesingsuitslae te verwys. As akademikus was dit lomp om nie ook uit te wys dat dit wat kiesers volgens peilings wil hê of nie wil hê nie, soos die herstel van die doodstraf, teenkanting teen aborsies op aanvraag en ander tipiese sake op die liberale agenda, nie in hul verkiesingskeuses weerspieël word nie. Kortom, die kiesers se stem reflekteer veel meer ‘n laertrek-mentaliteit as die uitoefening van hul beginsels, bv, ons stem vir die DA want hulle is die sterkste opposisie teen die ANC. Die maklike vergelyking is dat wit kiesers nou hier tegnies ‘n ander ideologiese koers inslaan as die kiesers in Wes-Europa. Hoekom anders as ‘n laertrek-mentaliteit?

Die DA akkommodeer dit wel op die oog af deur aan kiesers en verteenwoordigers keusevryheid te bied oor sake soos die doodstraf, aborsies op aanvraag en gay huwelike. Dit probeer dus alles vir almal wees. Dit verg egter nie ‘n akademiese kragtoer om te besef dat hierdie opsie slegs deug solank die DA in die opposisie is nie. Sou die DA, hipoteties, aan bewind kom sou dit moet besluit na watter kant toe, en ongeveer die helfte (of selfs meer as die helfte) van die DA-kiesers gaan ervaar dat hulle nou iets kry waarmee hulle glad nie saamstem nie, en trouens, dalk uit beginsel, baie sterk oor voel.

Oor watter rigting die DA dan gaan koers inslaan kan min twyfel wees, gegewe die party se lidmaatskap van Liberaal Internasionaal. Om die ontgogelde kiesers te paai sal die “verduideliking” waarskynlik wees soos Cope se reaksie op lede se pleidooi vir die herinstelling van die doodstraf: “Die grondwet verbied dit. Punt.”

Wat natuurlik nie die waarheid is nie. Presies dieselfde bewoording wat hier tot die ophef van die doodstraf gelei het, verhinder verskeie state in die VSA nie om dit so uit te lê dat teregstellings steeds plaasvind nie. Dit sou liberaal eerliker gewees het om vanuit die staanspoor eerlik met die kiesers te wees, en nou reeds agter die grondwet te skuil. 

Die tipiese liberale demokraat stel aan kiesers die keuses om te stem waarvoor hulle wil. Kom dit egter by die volkstaatgedagte tree ‘n verbete geniepsigheid in, en word byvoorbeeld verswyg dat die moderne volkereg veel simpatieker teenoor die onderbou van die volkstaatgedagte, soos groepregte, outonomie en sesessiereg staan as teen gedwonge assimilasie wat ernstige kenmerke van outokrasie insluit.

Dit is uiteraard nie die liberale se taak om hierdie bemarking vir die volkstaatgedagte te doen nie. ‘n Mens het net bietjie meer akademiese suiwerheid van Croucamp verwag gegewe die feit dat niemand ander op die paneel (twee Media 24-joernaliste) dit kon doen nie.

Sonder erkenning van dit wat die VN bepaal, en wat in die grondwette van Indië, die Europese Unie, en juridiese praktyk in lande soos die VSA, Kanada, Australië, Nigerië en vele meer praktyk is, word die kiesers deur ‘n liberale kartel mislei.  

Croucamp het Sondagaand die geleentheid gehad om hom as ‘n gebalanseerde politieke wetenskaplike te ontvou, maar het eerder die keuse uitgeoefen om ‘n liberale vloermoer te gooi.

what to post on instagram for businessФильчаков прокуратура харьков

Ons wag op die kaptein

Wie se skuld is dit dat ons nog nie ‘n volkstaat het nie? Die volk s’n – natuurlik!

Die stelsel wat ons voorouers voor 31 Mei 1902 gehad het, was nie ‘n demokrasie nie. Dit was ‘n republiek. In ‘n republiek behou die burgers die gesag oor die regering, in ‘n demokrasie staan die burgers die gesag af aan die regering. Sedert 1902 het ons stadigaan gewoond geraak dat die regering alles vir ons moet doen. Toe die koloniale regering niks wil doen nie, toe stig ons organisasies wat vir ons moet doen – soos die Broederbond, die FAK en ander. Toe die organisasies ons ook in die steek laat, toe soek ons ‘n Leier. Nou het die leiers ons van die wal af in die sloot ingelei.

Op 31 Mei 1910 word die Unie van Suid-Afrika gestig – ‘n gefabriseerde monstrositeit van die Britse Empaaier. Teen wil en dank is ons nou deel daarvan en ons kry ‘n nuwe vlag en landslied om ons lojaliteit aan die Staat te bevestig. Verder moet ons seuns hulle lewens vir die Staat opoffer. Nietemin werk die volk tog almal hard om ons vryheid terug te wen. Dink aan 1938 en 1948. Die volk self neem aktief deel en magtige oorwinnings word behaal.

Op 31 Mei 1961 word ons ‘n “republiek”. Ons dink toe alles is verby, ons het ons vryheid terug gekry. In werklikheid is dit nog steeds dieselfde gefabriseerde staat van voorheen. Ons seuns moet in die bos gaan veg om vir die politici “tyd te koop” om ‘n politieke oplossing te bereik. In die Broederbond, die NP en die susterkerke kry die liberale faksie die oorhand. Die bereiking van ‘n oplossing deur middel van Groot-Apartheid word gerysmier. Nou neem die volk nie meer aktief deel nie, ons kan nou ontspan want sake is in “ons mense” se bekwame hande. Ons weet mos verseker dat die politici, dominees, professor-doktore en die koerante nie vir ons sal lieg nie.

Intussen is daar mense wat ‘n ander oplossing soek, naamlik ‘n volkstaat. Hulle word grootliks geïgnoreer, of linkses genoem. Later word hulle regses genoem. Hulle is ekstremiste en blykbaar dra hulle, nes die kommuniste, baarde. Hulle doen navorsing en publiseer boeke. Maar nog die liberales nog die konserwatiewes stel belang in wat hulle te sê het. Maar danksy Genl. Constand Viljoen, is daar tog ‘n klein toegewing in die nuwe grondwet na 1994.

‘n Nuwe bedeling kom in 1994 tot stand. Ons kry ‘n regte-gebaseerde liberale demokrasie – net soos in Europa. Hierdie soort stelsel is ‘n klaaglike mislukking – ook in Europa. Die kiesers sit magteloos teen dit wat die politici, en veral die burokrate, besluit. In die Verenigde Koninkryk het die twee groot partye dieselfde beleid en die kiesers moet besluit watter leier se gesig is die mooiste. In die Verenigde State is ‘n soortgelyke situasie en die fly-over country begin praat van sesessie. Daar is ook die Tea Party-beweging wat spontaan onder gewone mense ontstaan en wat onafhanklik van die politieke partye is. Hierdie mense hou optogte en vergaderings en word ‘n faktor wat die politici begin bekommer.

Ons sit hier in ons eie gemors. Al kry ons ook ‘n Groot Leier, wat presies kan of moet hy doen? Dit gaan baie geld kos, hy sal nie belastinggeld kan gebruik nie en ‘n miljardêr sal seker nie wil help nie. Sal die volk dalk weer moet koekies bak? Daar is baie om te doen, publisiteit moet gemaak word, vergaderings moet toegespreek word, samesprekings moet gevoer word. Sal die volk dalk weer deur-tot-deur moet loop om steun te werf en te oortuig? ‘n Kaptein span nie self die seile nie, hy gee bevele aan matrose.

Die Volksraad se Verkiesingsommissie mag dalk die antwoord wees. Hulle het alreeds oral, ook in die buiteland, registrasiebeamptes. Hierdie is ‘n voetsoolvlakaksie en kiesers moet ‘n ID kan toon.

Kan ‘n soortgelyke verkiesing nie elektronies gedoen word nie? Al sou ons net voorlopige leiers kan aanwys met opdrag om die volk bymekaar te maak. Uit so ‘n registrasie kan ‘n meer akkurate profiel van die volk opgestel word. Massa kommunikasie kan ook per sms gereël word. Mense kan opgeroep word om op kort kennisgewing op bepaalde plekke vergaderings of optogte by te woon. Dit sal nogal gaaf wees as mense tradisionele drag kan aantrek vir sulke geleenthede. Natuurlik moet dit net nie bots met die rugby nie, want rugby is vir die meeste mos meer belangrik as vryheid.

Dalk word vryheid weer belangrik en ontstaan daar ‘n vryheidsdrang wat ‘n onblusbare brand word.

 

купить игрушку детский магазин в Украинелобановский александр игоревич

Krag uit vernuftige voetwerk

Terwyl Eskom se planne om kragtariewe vir drie jaar lank teen bykans vier keer meer as die land se inflasieteikens te verhoog, speel daar ‘n stryd op ‘n ander vlak af.

Oor die land heen is daar talle private ondernemers wat lank reeds, of op die punt staan om selfopgewekte krag in die Eskomnetwerk te stort, of aan plaaslike munisipaliteite te verkoop. Van hierdie ondernemings ly egter groot skade terwyl daar op ander vlakke klei getrap word, dikwels weens burokrasie, maar ook omdat hierdie private voorsieners dikwels die krag teen ‘n hoër tarief wil voorsien as waarteen Eskom dit self kan opwek.

Nie al hierdie private instellings se projekte het hernubare energie in die oog nie, en kwalifiseer daarom nie vir die beoogde meevallers vir diegene wat hernubare krag wil opwek nie.

Plek-plek is daar egter reeds vordering, soos by Bethlehem waar dié dorp nou ‘n deel van sy kragbehoeftes voorsien uit ‘n privaat onderneming wat hidro-elektriese krag in die Asrivier opwek. Dié rivier het ‘n sterk, kunsmatige stroom danksy water wat onderdeur die Drakensberge van die Katse-dam kom, onderweg na die Vaaldam.

Die regering se teiken is die opwekking van 10 000 GWh hernubare krag teen 2013, maar burokrasie en glipse vertraag die proses op die oomblik baie, sodat nog min werklik beslag kry. Van hierdie private ondernemers stel uiteraard baie belang in die tarief wat Nersa aan Eskom gaan toestaan, aangesien dit weer Eskom se betaalvermoë aan voorsieners van hernubare krag sal bepaal.

Intussen is daar verskeie projekte om huishoudings se elektrisiteitsafhanklikheid te verlaag deur sonkrag-warmwatertoestelle aan te bring. Die term, ekovriendelike argitektuur, is selfs gebore.

Dat Suid-Afrika nog so in die kinderskoene staan van hernubare kragopwekking is moeilik verstaanbaar. Die geleenthede is legio. Suid-Afrika het ‘n beduidende potensiaal in bykans enige van die opsies soos sonkrag, windkrag, golfkrag en metaansgaverbranding. Owerheidsbeleid was dikwels die doodsteek ter beskerming van Eskom, soos die destydse verbod op ‘n rits stroomversnellersaanlegte in die Oranje, soortgelyk aan dié wat in die Asrivier nou een vir een in bedryf gestel word.

En toe gaan brand Eskom vas.

Wat die kwessie ‘n teer punt maak is dat dit gebeur het te midde van die voortgesette betaling van reuse bonusse aan duidelik onbekwame bestuurders.

‘n Probleem is dat Eskom se regrukaksie hom vasloop teen die verbruiker se beperkte betaalvermoë, wat vererger word deur die voorsiening van gratis krag aan sommiges, en grootskaalse diefstal van nie net krag nie, maar infrastruktuur soos kabels en geleiers.

балансировочные стендыФильчаков прокурор харьков

Volkstaat: Die internet moet help

In die ou dae, so is gespot, het “die “Engelse” Prog gepraat, SAP gestem en die Here gedank die NP is aan bewind.

Vandag, so lyk dit, stem die Afrikaner Prog, hy dink HNP en hy word geïndoktrineer om nie sy godsdiens na sy politiek deur te trek nie.

Dit is min of meer die gevolgtrekking wat ‘n mens moes maak met gisteraand se aanbieding van RSG se program, Kommentaar.

Die rede vir dié afleiding was die teenwoordigheid van dr. Piet Croukamp op die paneel.

Gewoonlik word die beste resultaat vir ‘n besadigde politieke ontleding verkry deur ‘n welsprekende, goed ingeligte persoon uit die sentrum, wat in staat is om standpunte van die vleuels te akkommodeer. Croucamp het hom egter openlik, en by tye by herhaling, namens “ons” vanuit die liberale hoek uitgedruk.

Croukamp is goed belese en gewoonlik vlymskerp akkuraat, maar sy vorige deelnames is gekenmerk deur ‘n tien persent waar hy “dit” verloor, en sy subjektiwiteit hom platloop. Dan neig hy om sommer blatant ongeskik te wees.

Gisteraand het ongelukkig weer daardie tien persent opgelewer.

Die joernalis wat die hele diskoers oor die volkstaat op dreef gekry het, Pieter du Toit, het heel besadig oorgekom, en by tye selfs die indruk geskep van iemand wat nie so sebore is nie, maar so semoer.

Die doel van hierdie bespreking is egter nie om gisteraand se Kommentaar per se te ontleed nie, maar die vreemde verdwyning van politieke wetenskaplikes en staatsregslui uit debatte en gesprekke oor die volkstaatgedagte. Vreemd, omdat, anders as wat dit gereeld in die media voorgestel word, die omringende kwessies soos selfbeskikking, selfregering en die sesessiereg modern en volkeregtelik suiwer is.

Vreemd, ook, omdat die middelpuntvliedende kragte wat die volkstaatgedagte nou impetus gegee het, naamlik vervreemding as gevolg van die ANC se hantering van die situasie, heel gangbare gesprekmateriaal geword het nadat swart redakteurs die politieke korrektheid afgetakel het en die wit redakteurs deur hierdie gat in die dyk gestroom het..

En nog vreemder, omdat baie van die politieke wetenskaplikes en staatsregslui wat in die jare voor en kort na 1994 stem dik gemaak het hieroor nie intussen dood is nie, en skynbaar ook nie van standpunt verander het nie.

‘n Deel hiervan kan miskien verklaar word aan die hand van die feit dat die meeste wie se menings gewig dra, in die akademie in diens is, en dat hulle hul loopbane koester. So asof hulle vertroue verloor het dat die hoogaangeskrewe liberale bedeling en sy grondwetlike waarborge aan dié mense ook daardie vryheid bied. Meer as ‘n dekade gelede het minstens sommige van die universiteite se Politieke Wetenskap-departemente die Noord-Suid-diskoers na sowat ‘n halfeeu op die rak van uitgediendheid gaan afhaal en afgestof.

Hierdie benadering behels in sy korste moontlike opsomming dat die Noorde (die ontwikkelde lande van die Noordelike halfrond) verantwoordelik met aanwas moet omgaan sodat hul ekonomieë die onbeheerste aanwas van die suide (meer in besonder Afrika suid van die Sahara) kan onderhou. ‘n Uitgediende benadering is afgestof, maar die moderne word gerak.

Trouens, so swygsaam, en soms blatant onkundig soos die departementshoof van Politieke Wetenskap aan Kovsies soos uit ‘n radio-onderhoud geblyk het) is die hedendaagse akademici dat ‘n mens wonder of outonomie, selfregering en soortgelyk hoegenaamd deel van die leerplanne is. En dan dalk nog te wonder hoekom al hoe minder Suid-Afrikaanse universiteitskwalifikasies oorsee die papier werd is waarop dit gedruk is.

Daar is egter ‘n ander moontlikheid hoekom die werklike akademici so swygsaam hieroor geword het, en die ontleedwerk terugval op onafhanklike ontleders en joernaliste met mindere kwalifikasies (soos die uwe).

‘n Aantal jare gelede het ‘n akademikus en intellektuele reus, en bekende Staatsregkundige as onafhanklike kandidaat vir die KP in ‘n tussenverkiesing gestaan. Sy opponent was ‘n persoonlike vriend van ‘n NP-minister, en dié weer van die redakteur van ‘n bekende Afrikaanse dagblad. Dié redakteur was weer legendaries vir sy baie kort lont. Die gevolg was ‘n swartsmeerdery van die akademikus op die laakbaarste denkbare vlak. Die prof het nog ‘n klag by die persombudsman of iets dergeliks ingedien, maar selfs met sy regskennis dadels uitgerig. Sedertdien is sy pennevrug ligjare verwyder van dit waarin hy ‘n meesterkenner is.

Aanverwant hierby is die aard van kritiek wat akademiese skryfwerk oor die onderwerp ontlok. ‘n Persoon wat bloot die regs- en staatkundige posisie uiteensit, nie eens al is hy ‘n professor met vier doktorsgrade nie, skryf die volkereg nie. Hy gee dit bloot weer. As hy / sy dan uitwys dat die kwessie van ras volkeregtelik nie deel van die pakket uitmaak nie (dit eintlik net bemoeilik) sê hy / sy dit omdat dit so is, sonder in agneming van eie gevoel.

Om dan hieroor ‘n pot kokende olie op ‘n mens omgekeer te kry sal die meeste akademici wyd laat hou. Dit laat boonop die vraag ontstaan of die Afrikaner se kultuur dan so minderwaardig is dat dit nie soos in die geval van die Baske, die Letlanders, Armeniërs en ander op eie bene volkeregtelike status kan verwerf nie, maar ras bygesleep moet word. (Volk is ‘n vrywillige assosiasie en Koos Kombuis kán dus bedank, maar ras is moeiliker om af te skud al “beg” Antjie Krog ook “to be black.”)

Ja, dit is so dat die ANC met die ras-storie begin het, maar dit verander bloot die intensiteit van onderdrukking wat die norm is om die vlak van outonomie volkeregtelik te bepaal – nie die definisie van volk nie. Van die kritiek kom van mense wat nogal baie herinner aan die storie van die boer wat bobbejane met pampoene vang. Hy maak gate daarin waardeur die bobbejaan se hand net mooi pas, maar as hy sy hand ingesteek het en ‘n handvol pitte beetgekry het, kan hy nie weer sy hand uitkry nie. Die boer sal hom bo-op daai pampoen doodslaan maar laat los sal hy daai pitte nie laat los nie. En nee, dis nie my eie uitdinksel dié nie, dit kom amper 25 jaar gelede van ‘n baie regse argitek.

‘n Ruk gelede het dr. Christo Landman in ‘n artikel geskryf dat hy meen onder die stappe ter voorbereiding van Afrikaner-selfregering, ook die opleiding van leiers op die beplanningstafel moet wees. Hierna het ander in soortgelyke terme menings gehuldig. Die feit is dat enige proses na selfregering, outonomie en / of die volkstaat pragmaties en regstegnies baie kompleks is, en dat dit uiters kortsigtig is om die mense wat die volkstaters bitter nodig gaan hê – die akademici met die doktorsgrade en werklike gevorderde kwalifikasies en kennis – van internasionale standaarde – en nie soos strooipoppe op te stel en dan aan flarde te skiet nie.

Miskien het iemand die vaardigheid en tyd om die toepaslike verslae van die Presidentraad se Staatkundige Komitee en die Volkstaatraad, asook toepaslike voorleggings aan Kodesa, in teksformaat te skandeer en op ‘n webwerf te plaas sodat dit makliker bestudeer kan word. Dan sal mense wat op webwerwe so van die heup af skiet met min moeite kan gaan kyk en self sien dat al vier wiele reeds ontwerp is en dat heelwat na die kalibrering reeds gedoen is voor dié werk ashoop toe verban is. Met hierdie kennis weer terug in die hoofstroom-besprekings sal daar hopelik minder skadelike “juweeltjies” uitgehoes word, selfs al is die skrywers en samestellers van hierdie berge werk self nou buite die besprekingspoel.

Ek maak die afleiding dat dié werk nie algemeen elektronies op die net is nie omdat ek niks van my eie werk raakgeGoogle kry nie, terwyl ek weet verskeie van die verslae dui my naam in hul bronnelyste aan. (Google dui wel van die verslae aan, maar my eie pogings om die verslae se inhoud self op die skerm te kry was onsuksesvol.)

куплю браtopcargo

Die ons-is-nie-so-nie Afrikaners

Die meningspeiling onder Beeld lesers,waar ‘n meerderheid hul ten gunste van ‘n volkstaat uitspreek, is veelseggend as mens in ag neem dat baie “regses” in elk geval nie eers Naspers se dagblaaie lees nie.

Tim du Plessis se reaksie is egter tipies: Hierdie mense wil nie regtig ‘n volkstaat soos Orania hê nie, hulle is maar net ontevrede.

Dan gee Tim vir ons ‘n tipiese Nasperssedeprekie wat daarop neerkom dat jy ontevrede mag wees, solank jy nie “regs” is nie. Soos gewoonlik word die term “regs” en “rassisties” na willekeur omgeruil.

Tim stel dan terselfertyd dat die begrippe regs ,links, verlig en verkramp uitgediende begrippe raak. Hierdie nuwe standpunt is betekenisvol, want politieke etikettering is ‘n sleutelkomponent van Naspers se strategie as selfaangestelde meningsvormer van “Afrikaanses”. Ek vermoed hierdie nuwe standpunt is noodgedwonge omdat, volgens die Naspers definisie van “regs” en “rassisties”, die meeste van Beeld se lesers nou “regse rassiste” is.

Met die Reitzvideo se histerie het Tim egter vir ons ‘n nuwe etiket vir die “nuwe” verligte Afrikaners gegee, nl. die “ons-is-nie-so-Afrikaners”.

Die ons-is-nie-so-Afrikaners het eers ‘n gemors van Apartheid gemaak en nou klaarblyklik aan die onderhandelingstafel ook ‘n gemors van die liberale demokrasie gemaak. Al ideaal wat nou vir hulle oorgebly het is “om nie soos die regses te wees nie.”

Kom ons kyk na ‘n paar tipies regse Afrikaners wat ten gunste is van selfbeskikking:

Piet Retief

Andries Pretorius

Koos de la Rey

Christiaan de Wet

Kom ons kyk na ‘n paar tipies linkse “ons- is-nie-so” Afrikaners wat ‘n nou onbekende politieke bedeling voorstaan:

Piet Koornhof

Pik Botha

F.W.de Klerk

Eugene de Kock

Die interessantste voorbeeld van die ons-is-nie-so-Afrikaners is natuurlik Eugene de Kock,wat volgens Rapport losgelaat gaan word om regses te jag.

Ek verstaan nou hoekom Naspers so ontsteld is oor De Kock se moontlike vrylating, want as hy losgelaat word kan Beeld die meeste van sy lesers verloor.

 

advertising cost onлобановский александр дочь

Ilze Salzwedel pleeg volstruisverraaierspolitiek

LeonieBeste Ilze, volstuispolitiekery was nog nooit op die lang duur standhoudend nie –  en dit is wat jy pleeg in jou ope brief – wat deur die spreuk in die Afrikanermond so mooi omskryf  word – al gaan ‘n leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. Jy gaan my gelyk gee geen spreuk in enige volksmond ontstaan sonder deurwinterde ervaring nie.

Die hele beskaafde wereld vandag het ontstaan uit trek en vestigings van nedersettings wat uiteindeik tot ‘n volk gegroei het met ‘n eie unieke taal en kultuur. Dus maak dit die Afrikaner nie anders of uniek in hierdie opsig as ander volkere nie.

Die feit dat ander groepe nie die geleentheid gebruik het om dít wat deur die Afrikaner tot stand gebring is te ewenaar nie kan kwalik voor die deur van die Afrikaner gelê word of nog meer – ons daarvoor verantwoordelik hou. Nog minder het hulle die reg gehad om ons land op te eis bloot omdat hulle hulle arbeid teen vergoeding aan die Afrikaner aangebied het.

Die feit dat ons ontneem is van ons wettige eienaarskap van ons land Suid-Afrika wat ons opgebou het oor ‘n periode van 300 jaar plus – deur oningeligte en onregverdige druk van die buiteland en deur verraad van ons gekoopte en betaalde “eie”, asook uitbuiting van ons goedgelowigheid en medemenslikeid en ons naïewe vetroue in ons medemens – verander nie die realiteite nie.

Goedgelowig en vir seker naïef het ons geglo in die nuwe bestel van ‘n reënboognasie – maar soos die realiteite van die eskalerende vergrype van die nuwe ANC-regering ons getref het –  het ons al hoe meer in skok en ongeloof teruggetrek.

In apatie het ons gesien hoe ‘n skooldogter op haar bromfietsie brutaal en moedswillig doodgery is – waar sy in ‘n ry staan by ‘n verkeerslig – op pad skooltoe – net omdat sy nie vinnig genoeg pad gegee het vir ‘n swart taxibestuurder nie.

Duisende blankes is deur swartes vermoor op die grusaamste en onmenslike maniere. Blanke vroue is verkrag en gemartel, jong vaders en broodwinner is net doodgeskiet, blanke motoriste is gekaap en geskiet, blanke kinders is doodgemartel en duisende blanke boere op plase is insgelyks dood gemartel of geskiet.

Ons word sonder enige wettige rede gearresteer en tussen swart kriminele geplaas wat dan aangemoedig word deur die swart polisie om ons te verkrag – veral die blanke mans.

Doelbewus en openlik is daar gewerk om ons taal en kultuur te vernietig.

Doelbewus is ons uitgesluit daarvan om enige werk te bekom deur alle vakante poste te reserveer net vir swarte en die blankes te ontslaan uit poste wat hulle beklee het.

Doelbewus is ons eie isisiatiewe om werk te skep vir onsself gekaap deur die ANC-regering deur ons met wetgewing te verplig om net swartes aan te stel.

Die ANC-regering het ons land binne 16 jaar verlaag tot ‘n derdewêreldland waar:

  • die land deur ‘n kriminele mafia geregeer word;
  • skool- en universiteitstandaarde vernietig is;
  • topinfrastruktuur vernietig is;
  • ons riviere met riool besmet is;
  • die armes nog armer gelaat is;
  • die  regering ons belasting jaarliks op miljoenrandmotors verkwis;
  • ander miljoene rande op ongebriedelde brassery, vakansies en konferensies in duur hotelle vermors word;
  • en bowenal hulle eie sakke met ons swaar verdiende belastinggeld vul.

Nou kom jy wat Ilse is en sê dit is nog steeds ons verantwoordelikheid om die land se probleme alleen op te los en ons verantwoordelikheid om die honger massas te voed, wat deur hul eie regering in ellende gedompel word.

Kry jy nie skaam vir jou brief nie, want nou weet almal van jou volstruisverraaierspolitiek?

Vervolgens wil ek dit vir jou hier omonwonde stel: die Afrikaner het opgestaan en die Afrikaner is ‘n mag om mee rekening te hou as hy gese het: genoeg is nou genoeg!

купить липецк маски сварщикатопкарго отзыв

Orania is die volkstaat, en basta!

Dan Roodt, jy is n intelligente man, maar soms dink ek my oordeel laat my in die steek.

Jy praat en praat, maar wat is die oplossings?

Ek was ook jare terug in jou posisie, deur te weet iets is erg verkeerd maar nie te weet wat die oplossings is nie.

Daar is ‘n hele rits organisasies wat ‘regs’ is, maar nie besef dat almal reeds weet wat die probleem is nie, mense soek oplossings.

Oplosings is nie om Pretoria se naam te behou nie, want as daar nie meer mense is wat aan Pretoria se naam waarde heg nie, dan kan hulle dit rustig verander.

Tans is die gevaar dat sake so skeef loop dat die oorblywende blanke in Suid Afrika met haas sal vlug, omdat die “Regses” nie die oplossings wat werk nastreef nie maar eerder hul volgelinge probeer oortuig van wêreldhowe en ander twak.

Ons kans om SA terug te kry onder ons beheer is nul, ‘n kind van vyf kan dit vir jou sê.

Wat wel waar is, is dat Orania reeds bestaan, mense leef daar met ‘n kriminele statistiek vergelykbaar met Switserland.

Jy propageer dat dit n onwerklbare plan is, en verkoop malhede soos om Silver Lakes en ander voorstede (waar hope volksvreemdes reeds woon) eerder te sien as potensiële volkstate?

Klim in jou kar en gaan ondersoek Orania eerstehands.

Wat nodig is, is dat volksgenote belê in industrie daar, stuur kinders na koshuise toe daar, sodat die plek kan uitbrei om plek te maak vir wanneer alles finaal hier uitmekaar val.

Prof. Boshoff kan jou vat en wys dat sy plan werk, die res kan jou net n klomp twak vertel, jy is nie uitgesluit nie.

Beste Marius,

Net drie opmerkings:

1. Carel Boshoff IV het Vrydagaand 15 Januarie 2010 by die Diamantvaleilandgoed uit sy eie erken dat “Orania nie die politieke oplossing vir die Afrikaner is nie” en dat die plek meer van ‘n “geslaagde eksperiment” as ‘n volwaardige volkstaat is.

2. Die infrastruktuurbelegging om 2 tot 3 miljoen Afrikaners in die Noord-Kaap te vestig, sal waarskynlik triljoene rand in vandag se geld kos; waar gaan dit vandaan kom. Ry bietjie hier in Pretoria, Centurion en Midrand rond en dink by jouself dat alles wat jy hier om jou sien op Orania gebou moet word.

3. Ek was al op Orania en het groot waardering vir wat daar vermag is. Myns insiens moet Orania deel vorm van die uiteindelike groter volkstaat, ons eie ondafhanklike Afrikaanse Republiek.

Dan Roodt

турецкий хамампрокурор Фильчаков