Beste Ilze, volstuispolitiekery was nog nooit op die lang duur standhoudend nie – en dit is wat jy pleeg in jou ope brief – wat deur die spreuk in die Afrikanermond so mooi omskryf word – al gaan ‘n leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. Jy gaan my gelyk gee geen spreuk in enige volksmond ontstaan sonder deurwinterde ervaring nie.
Die hele beskaafde wereld vandag het ontstaan uit trek en vestigings van nedersettings wat uiteindeik tot ‘n volk gegroei het met ‘n eie unieke taal en kultuur. Dus maak dit die Afrikaner nie anders of uniek in hierdie opsig as ander volkere nie.
Die feit dat ander groepe nie die geleentheid gebruik het om dít wat deur die Afrikaner tot stand gebring is te ewenaar nie kan kwalik voor die deur van die Afrikaner gelê word of nog meer – ons daarvoor verantwoordelik hou. Nog minder het hulle die reg gehad om ons land op te eis bloot omdat hulle hulle arbeid teen vergoeding aan die Afrikaner aangebied het.
Die feit dat ons ontneem is van ons wettige eienaarskap van ons land Suid-Afrika wat ons opgebou het oor ‘n periode van 300 jaar plus – deur oningeligte en onregverdige druk van die buiteland en deur verraad van ons gekoopte en betaalde “eie”, asook uitbuiting van ons goedgelowigheid en medemenslikeid en ons naïewe vetroue in ons medemens – verander nie die realiteite nie.
Goedgelowig en vir seker naïef het ons geglo in die nuwe bestel van ‘n reënboognasie – maar soos die realiteite van die eskalerende vergrype van die nuwe ANC-regering ons getref het – het ons al hoe meer in skok en ongeloof teruggetrek.
In apatie het ons gesien hoe ‘n skooldogter op haar bromfietsie brutaal en moedswillig doodgery is – waar sy in ‘n ry staan by ‘n verkeerslig – op pad skooltoe – net omdat sy nie vinnig genoeg pad gegee het vir ‘n swart taxibestuurder nie.
Duisende blankes is deur swartes vermoor op die grusaamste en onmenslike maniere. Blanke vroue is verkrag en gemartel, jong vaders en broodwinner is net doodgeskiet, blanke motoriste is gekaap en geskiet, blanke kinders is doodgemartel en duisende blanke boere op plase is insgelyks dood gemartel of geskiet.
Ons word sonder enige wettige rede gearresteer en tussen swart kriminele geplaas wat dan aangemoedig word deur die swart polisie om ons te verkrag – veral die blanke mans.
Doelbewus en openlik is daar gewerk om ons taal en kultuur te vernietig.
Doelbewus is ons uitgesluit daarvan om enige werk te bekom deur alle vakante poste te reserveer net vir swarte en die blankes te ontslaan uit poste wat hulle beklee het.
Doelbewus is ons eie isisiatiewe om werk te skep vir onsself gekaap deur die ANC-regering deur ons met wetgewing te verplig om net swartes aan te stel.
Die ANC-regering het ons land binne 16 jaar verlaag tot ‘n derdewêreldland waar:
- die land deur ‘n kriminele mafia geregeer word;
- skool- en universiteitstandaarde vernietig is;
- topinfrastruktuur vernietig is;
- ons riviere met riool besmet is;
- die armes nog armer gelaat is;
- die regering ons belasting jaarliks op miljoenrandmotors verkwis;
- ander miljoene rande op ongebriedelde brassery, vakansies en konferensies in duur hotelle vermors word;
- en bowenal hulle eie sakke met ons swaar verdiende belastinggeld vul.
Nou kom jy wat Ilse is en sê dit is nog steeds ons verantwoordelikheid om die land se probleme alleen op te los en ons verantwoordelikheid om die honger massas te voed, wat deur hul eie regering in ellende gedompel word.
Kry jy nie skaam vir jou brief nie, want nou weet almal van jou volstruisverraaierspolitiek?
Vervolgens wil ek dit vir jou hier omonwonde stel: die Afrikaner het opgestaan en die Afrikaner is ‘n mag om mee rekening te hou as hy gese het: genoeg is nou genoeg!

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.