Wat is die toekomsvisie van die VF+?

Die debat oor die VF+ soos Bert tereg uitwys duur al jare.

Ek is self maar skepties oor hoeveel nut deelname aan die "demockracy" vir Afrikaners het. Daar is diegene soos die HNP wat sê deelname is teenproduktief, want dit verleen geloofwaardigheid aan 'n onwettige bestel.

In dié sin dat daar 'n opvolgreferendum aan kiesers belowe is in 1992, iets wat nooit gebeur het nie, stem ek saam met die HNP. Daar is 'n argument te make dat blankes nooit die huidige Grondwet goedgekeur het nie, dat die NP aan ons gelieg het destyds en dat deelname vandag dus 'n onwettige situasie goedkeur.

Aan die ander kant is daar die argument wat sê mens moet maar die beste van 'n slegte saak probeer maak. Bismarck het gesê: "Politiek is die kuns van die moontlike." Die grootste persentasie van die LP's se salarisse word in ieder geval onvrywillig deur blanke belastingbetalers befonds. As ons dan nie eens deelneem nie, sit daar 'n horde kriminele in die Parlement (meer as helfte van alle ANC-LP's het geld gesteel tydens die Travelgate-skandaal) en maak wette wat ons regstreeks raak. As ons dan die HNP se voorstel volg, is daar nie eens 'n simboliese protes teen sulke wetgewing binne die Parlement nie, en dis al wat die VF+ myns insiens tans doen: dis 'n simboliese teenwoordigheid.

Of die VF+ se deelname 'n soustreinryery is, weet ek nie. Daar is vier lede van die VF+ tans in die Parlement. Ek weet nie presies hoeveel lede die VF+ het nie, maar vier uit die totaal is kwalik 'n grootskeepse soustreinryery, vergeleke met die ANC se horde LPs.

 
Daardie vier lede gaan waarskynlik elkeen 30 sekondes kry tydens debatte en doodgeskree word deur die klomp barbare in die Parlement (insluitende die DA se Engelse barbare.) As jy dan wel gaan deelneem, met die doel om Afrikaners se saak te stel, want daar's nie 'n manier dat die VF+ 'n verkiesing selfs in een provinsie gaan wen nie, gaan meer en belangriker mense na jou luister as jy in die kabinet is.

Wat ek ook nie van weet nie (miskien uit onkunde) is wat partye soos die HNP en AVP dan voorhou as 'n alternatief tot deelname aan die Parlement. Dis goed en wel om te sê: "Kies reg, bly weg" maar wat is Plan B dan as blankes dan nie stem nie? Indien daar 'n Plan B is, word dit nie goed gekommunikeer nie.

Eintlik kan mens dieselfde kritiek teen die VF+ opper, en dis vir my die groter probleem met hulle deelname as sprake van soustreinryery. Hulle neem weliswaar deel, maar wat is die doel met deelname? Gaan dit bloot oor kleinerige toegewings, of is daar 'n groter visie agter deelname? Weer eens, nes die HNP, as daar so 'n visie is, is my mening dit word nie goed gekommunikeer nie. Ek kry selfs die indruk dat veral sprake Afrikanervryheid iets is wat nie te hardop gesê mag word nie.

mositaldentлобановский александр компромат

Mulder pleeg verraad

In September 2004 het ek en Jacob Mouw op die Praaglys in debat getree oor die integriteit (of bewoë tekort daaraan) van die Vryheidsfront Plus. Jacob het voorspel dat die VF+ moontlik uit die parlement sal stap uit protes, waarop ek uiters sinies reageer het en genoem het dat die VF+ party slegs in die parlement sit ter wille van hul eie persoonlike prestige, vet pensioene en loopbaanoorwegings.

Kort daarna het ek ’n redelike sterk bewoorde epos van Dr Pieter Mulder ontvang, waarin hy kla oor die opofferings en ontberings wat hy heel altruïsties prysgegee het om ter wille van ”ons mense” in die parlement die stryd voort te sit. Interessant genoeg het ’n duidelike vies martelaar Mulder het sy epos afgesluit met die volgende woorde aan my:

"Of ek dit alles dan vir 'ons mense of ons taal' — of net vir myself doen– soos jy beweer, sal die geskiedenis eendag beoordeel en nie jy alleen nie.

Wel, ’n skrale vier jaar later en nou kan ons (sowel as die geskiedenis) seker maar ons oordeel fel? Dit het pas aan die lig gekom dat Dr Mulder ’n adjunkministersposisie in (van alle mense) Pres Jacob Zuma se kabinet aanvaar het. Dit nogal sonder om enigsins met sy leierskorps in die VF+ te konsulteer, en om dinge nog erger te maak, word ene Cornelius Janse van Rensburg (VF+ jeugleier) ”gedissiplineer" deurdat hy gewaag het om te noem dat die beginsels van die ANC hemelsbreed verskil van die van die VF+. Natuurlik sal dit die beginsellose, opportunistiese Dr Mulder en sy trawante kriewelrig maak en hulle oor hulle voete laat val om die arme jeugleier se mond te snoer.

Dis uiters tragies hoe vinnig Mulder se ”rotsvaste beginsels” vertrap en geminag word as die ANC Dingaan sy vingers klap om hierdie ”eerbare” Boereleier in sy kraal in te nooi sodat hulle almal uit die selfde krip kan vreet. Elke man het sy prys, maar selfs die links-liberale media staan verstom dat Mulder so maklik omgekoop is. Een van die Engelse dagblaaie skryf vandag: ”Kortbroek van Schalkwyk en die hele NNP is lag lag omgekoop met ’n enkele ministerspos, maar Mulder is ondergeskik (expedient), laag en goedkoop genoeg om vir ’n derderangse adjunk ministerspos te val”.

Uit ander kringe word dit al vir jare lank voorspel dat die VF+ ”op pad” na die ANC is. Nou het hulle hoofleier sy oneerbare sprong gemaak. Dankie Dr Mulder –in u eie woorde sal die geskiedenis u eendag (nou) beoordeel. Ek laat u met die wyse woorde van Cicero:

‘n Volk kan sy dwase, selfs die eersugtiges onder hulle, oorleef, maar nie verraad uit die binnekring nie. ‘n Vyand voor die poorte is minder vreesaanjaend, want hy word uitgeken en hy laat sy vlae openlik wapper. Dog die verraaier beweeg vrylik tussen diegene binne die poorte terwyl sy slinkse fluisteringe deur al die gangetjies ruis en selfs in die regeringsetel self hoorbaar is. Want die verraaier verskyn nie as verraaier nie – hy praat in tone wat aan sy slagoffers welbekend is, sy aangesig en sy gewaad is soos hulle s’n, en hy beroep hom op ‘n soort gemeenheid wat diep in die harte van alle mense verskuil le. Hy vermurwe ‘n nasie se siel – hy werk heimlik en ongesiens in die duister om die stutpilare van ‘n stad te ondergrawe – hy besmet die staatsmasjinerie totdat dit van alle weerstand beroof is. Selfs van ‘n moordenaar is minder te vrees.
Cicero, 42 v.C.
купить белье для девочкиалександр лобановский харьков

‘Ntonto Isizwe’

Ek is nie so goed met die Zoeloetaal nie maar het grootgeword met so ietsie daarvan – dis ‘n mooi taal wat rym.

So het ek geleer dat ‘Mkonto Isizwe’ beteken ‘Spies/assegaai van die Nasie’. Maar ‘Ntonto’ beteken penis!

Die ergste belediging of vloek wat jy in Zoeloe kan uitspreek is om vir iemand te sê: [hy / sy is ‘n..] Ntonto Inja = die p**l van ‘n hond! 'n Allervreeslikste ding om te sê. Hy/sy sal jou daaroor nooit vergewe nie en permanente vyandskap is jou voorland.

Ek is 'n dokter en dikwels vertel ek my swart pasiente as hulle my uitvra oor my ou weermaghelm wat ek vir my motorfiets gebruik, die volgende:

Dat ek as recce in Ntonto Isizwe geveg het onder opperhoof Mpata-Pata [dit beteken coitus]. Dis ook die liedjie wat op Mbeki se inhuldiging gesing is met die aansteeklikse ritme sodat die skare saamdans.

En dat ons al ons gevegte gewen het net soos President Zuma.

Ek wens julle kan dit beleef. Na die aanvanklike ongelowige skok, kom die absolute skaterlag van veral die swartvrouens wat Zoeloe verstaan.

Nou dink ek dat die besnydenis in Botswana ook maar ‘n projek van Ntonto Isizwe is.

Groetnis op die hogere noot!

жидкое мылоФільчаков прокурор

Blade Nzimande as minister vir ‘ho?r’ onderwys

Teenoor die aanstelling van Pieter Mulder as adjunkminister van landbou wat moontlik iets goeds vir die land en vir Afrikanerboere kan beteken, staan die benoeming van die kommunistiese leier Blade Nzimande as minister van sogenaamde "hoër onderwys".

Dit val saam met Nadine Gordimer wat haar steun vir Kubaanse soldate tydens die vorige grensoorlog uitgespreek het en vra dat president Barack Obama Amerikaanse sanksies teen Kuba herroep.

Suid-Afrika het hom sedert 1994 – en selfs daarvoor – onderskei as 'n land waar kommunisme steeds in 'n positiewe lig gesien word, anders sou ons nie soveel kommuniste in die kabinet gehad het nie. Stellenbosch sou ook nie – met die steun van Nasionale Pers, die SAUK en ander hoofstroommedia – 'n eredoktersgraad postuum aan Bram Fischer toegeken het nie. Regoor die land is strate, sale en plekke na kommuniste vernoem.

Dr. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-universiteit, is op rekord dat hy homself as 'n "revolusionêr" beskou. Saam met hom juig al die ander universiteitshoofde seker oor kameraad Blade wat binnekort die studie van dialektiese materialisme en dalk prolatariese wetenskap op die kampusse gaan verplig.

Ons rooi kampusse wat al hoe meer ekstremisties raak in hul steun vir grondhervorming, hul verwaarlosing van Afrikaans en hul na-apery van die linkse en kommunistiese tradisie in die akademie, kry nou die minister wat hulle verdien.

Hoe gouer 'n Afrikanerowerheid tot stand kom om beheer te neem oor een of meer Afrikaanse universiteite sodat ons uit die voor-1989-denke wat aan ons kwasi-Kubaanse universiteite geld, kan ontkom, hoe beter.

справка кэк купитьданильченко юрій броніславович компромат

Afrikanerrevolusie sal w?reld laat sidder

Ek stem saam met Deon de Wet-Roos dat 'n wettige pad nie enige heil vir die Afrikanerstrewe na 'n volkstaat sal bring nie. Behalwe as ons by buitelandse strukture simpatie kan wek vir ons volkstaat waarvan die Verenigde Nasies die belangrikste is.

Die vertoning van die Vryheidsfront+ in die afgelope verkiesing is nie 'n groot bron van kommer nie. Die meerderheid VF+-ondersteuners in my area het vir die Demokratiese Alliansie gestem om hul kanse vir amptelike opposisie te ondersteun. Uit gesprekke is dit vir my duidelik dat die meerderheid Afrikaners die Volkstaatgedagte ondersteun. Geen Afrikaner-organisasie kon sedert 1994 hond haaraf maak om die volkstaatgedagte gevestig te kry nie. Die 800 000 ondersteuners van die Vryheidsfront van 1994 het sekerlik gegroei inaggenome die toenemende ontnugtering met die verloop van die sosio-ekonomiese situasie in Suid Afrika.

Ons moet ook nie veel lees in die stemvertoning van die "expats" nie. Die meerderheid kon nie stem nie. Hoekom is die mense (meestal blankes) in die buiteland? Nie net vir 'n beter inkomste nie, maar omdat SA 'n gemors is ten opsigte van werksgeleenthede, veiligheid, swart bemagtiging, regstellende aksie en so meer.

Dit is onsinnig om vir enige Afrikanerparty te stem in die huidige politieke bedeling. Behalwe vir ons wat dit uit beginsel doen met geen verwagting dat die party enigsins opposiestatus sal bereik nie. Die Suid-Afrikaanse demokrasie is selfvernietigend en dit 'n illusie om daaraan deel te neem met mider as 30% van die kiesstem. Die Afrikaner en blanke in die breë word op alle terreine erodeer. 

Dit is nie nodig dat die Afrikanerorganisasies eers moet saamstaan voordat vir 'n volkstaat baklei word nie. Almal sal inval as 'n organisasie dit regkry om die wereldmening te verander wat uiteraard neerslag sal vind by die SA regering. Ons moet grense trek en begin. Met aggressiewe bemarking binne en buitelands. Ons moet ten minste die steun van die Europese Unie, VSA en VN verwerf. Dan Roodt het grense voorgestel (ek weet nie of hy ernstig was daarmee nie), maar dit is wat moet gebeur. Die voormalige Volksfront het ook die volkstaat begrens. 

Kwalifiseer die grense en begin net steun werf deur behoorlike voorleggings aan buitelandse strukture. Ons het 'n reg op selfbeskikking en dit gaan nie vanself kom nie. Daar stem ek saam met Deon de Wet Roos, as ons 'n volkstaat wil he sal ons nie net 'n wettige roete kan volg nie. 'n Afrikanerrevolusie sal die wêreld laat sidder. Dalk die enigste manier om ons erns vir selfbeskikking te demonstreer.

парус для надувной лодки купитьлобановский класс харьков

SA benodig ‘n Afrikanerleiersfiguur

Alhoewel ons nie oor die getalle beskik nie beskik ons wel oor ‘n mate van ekonomiese mag. Wat ons nodig het in SA is ‘n leiersfiguur wat die Afrikaner se verbeelding kan aangryp en mense kan mobiliseer. Sonder eenheid is die Afrikaner gedoem en beteken enige invloed wat ons mag hê niks.

Ek werk tans in Oostenryk en dis merkwaardig tot watter mate die Afrikaner se manier van doen (nie noodwendig kultuur nie) ooreenstem met dié van die Oostenrykers, beide goed en sleg. Die Oostenrykers steur hulle eenvoudig nie aan gewoontes soos om Engels te praat in die werksplek nie alhoewel dit ‘n “reël” is. 

Alhoewel hulle ‘n klein staat in die Europese Unie is, laat hulle hulself geld op hulle voorwaardes, nie na aanleiding van die res van die wereld se reëls nie. Wanneer mense sien hulle kan ons as Afrikaners nie intimideer nie, sal hulle gedwing word om ons in ag te neem maar tot dusver akkomodeer ons andere ten koste van onsself. 

Vergeet daarvan om mooi broodjies te bak en forseer diegene wat ons vyandiggesind is om die eerste skuif te maak. Na my mening was ons vir baie jare die “nice guys” en dis tyd dat ons die belange van ons eie mense aggressief voor die res stel. Dit geld veral vir ons jongmense wat haas geen kans het om werk te kry in SA nie. 

Dis nog iets wat ons kan leer by die Oostenrykers, alhoewel hulle net so gerig is om hulself individueel te verryk soos die deursnee Afrikaner doen hulle alles om ‘n Oostenryker se kanse vir werk te versterk ongeag of hulle hom ken of nie. Hierdie metode gaan baie keer teen die maatskappybeleid om ander kulture in die maatskappye te vestig. 

As Afrikaners moet ons besef dat ons ‘n beleid moet implementeer wat ons belange vorder en dit gaan nie noodwendig “wettig” wees of die ANC gelukkig maak nie. Ongelukkig dink ek dat daar bitter min kans is om ‘n wettige pad te volg terwyl die ANC en hulle aanhangers maak soos hulle lus het. 

Ons voortbestaan gaan gepaard gaan met stryd. Dis ongelukkig die enigste taal wat die mensdom verstaan.

сауна банькаФильчаков Александр Васильевич

Ordentlikheid moet bly

Ek stem saam met jou, Anton. Daardie visie moet ondubbelsinnig, by elke geleentheid, van elke verhoog af gestel word. Doodgewone ordentlikheid bly vir my egter steeds deel van ons metodiek. Ordentlikheid moet egter nie met drif of oortuiging verwar word nie.
 
Verder moet ons onthou – 'n politieke party is nie 'n kerklike gemeenskap nie! Christene (leiers en kiesers) leef daarin sy oortuiging uit – geloof en Skrifbeskouing kan nie as voorwaarde geld vir toetrede nie – uitlewing daarvan (onder enige politieke bestel) is die eienskap daarvan.
 
Die politieke party wat die naaste aan my wêreld- en lewensbeskouing kom – dié kry my stem. Ag, en moet tog nie, soos talle van ons sê (nie jy nie), nie wil gaan stem nie! Hierdie wêreld is in al sy fasette bederf en daarom moet ek in die politieke party my politieke taak deurvoer.

детская кухня купить киевАлександр Фильчаков

Afrikaners sal m??t saamstaan

Terwyl die debat rondom die powere vertoning van die enigste oorblywende Afrikanerparty in die parlement, die Vryheidsfront Plus, voortwoed, sê sommige mense dat Afrikaners nie oor die nodige getalle beskik om by die stembus hond haaraf te maak nie, gegewe die immer stygende swart bevolking wat tans boonop vanuit ons buurlande aangevul word. Dieselfde mense meen dat die Afrikaner nie deur middel van partypolitiek nie, maar deur sogenaamde burgerlike organisasies sy regte en kultuur kan verdedig.

Feit is egter dat, solank as wat daar vyftig of meer Afrikaanse organisasies bestaan wat elkeen op sy eis die volk wil red, nóg die owerheid, nóg die volk daarbuite die huidige Afrikanerleierskap ernstig gaan opneem.

Terwyl daar konsensus oor kwessies soos die behoefte aan moedertaalonderrig en groter veiligheid bestaan, heers daar tog verskille in benadering en filosofie onder Afrikaners. Breedweg kan daar drie denkskole onderskei word:

1. Diegene wat tevrede is met die huidige grondwetlike bestel en bloot minderheidsregte vir die Afrikaner teenoor die owerheid wil beding. Onder diegene tel die FW de Klerk-stigting, Solidariteit, die Afrikanerbond en ander organisasies.

2. Diegene wat die huidige bestel as ontoereikend sien en Afrikanerselfbeskikking, hetsy in munisipale gebiede, hetsy in 'n aparte volkstaan voorstaan. Onder hierdie groep ressorteer die Vryheidsfront Plus, Radio Pretoria, die Tussentydse Afrikanerraad, Boerevryheidstigting en ander. Dit is ook PRAAG se standpunt.

3. Diegene wat die huidige bestel in sy geheel verwerp en weier om aan verkiesings of gesprekke met die regerende ANC deel te neem. Die HNP en sy verskillende splintergroepe is waarskynlik die beste verteenwoordigers van dié benadering wat die volk tot verset wil oproep.

Nieteenstaande dié verskille in benadering, streef elke faksie op sy manier Afrikanervryheid na en wil nie toesien dat ons volk vergaan of deur 'n groter Suid-Afrika volkome geassimileer word nie.

Dis van die uiterste belang dat alle bestaande groeperings met mekaar moet praat en onderhandel ten einde 'n verenigde front teenoor die regering, maar ook die DA-opposisie wat filosofies tot die verdwyning van die Afrikaner verbind is, daar te stel. Al wil die drie verskillende faksies nie met mekaar saamwerk nie, sou dit nogtans sin maak om drie oorhoofse federasies te vorm wat op elkeen van daardie benaderings geskoei is.

Indien nugterheid seëvier, sou die drie faksies soos hulle tans daar uitsien egter wel van tyd tot tyd met mekaar vergader om die gedagte van Afrikanereenheid te bespreek en gemeenskaplike beleid oor Afrikaanse skole en universiteite, asook gemeenskapsveiligheid en -welsyn, te formuleer.

Die meeste meningsvormers, selfs dié van links, is dit tans eens dat Suid-Afrika op die mespunt verkeer en oor die volgende paar jaar óf in chaos van die Zimabwe-tipe gaan versink, óf 'n samewerkingsmodel tussen die verskillende volkere en gemeenskappe gaan vind wat op die lang duur sukses sal verseker.

Juis omdat Afrikaners nie oor getalle beskik nie, het ons geen keuse as om 'n beeld van groter eenheid teenoor die regering en die buiteland te projekteer nie.

Die Afrikaner het 'n sleutelrol om te speel indien misdaad en die huidige verval in infrastruktuur en staatsdepartemente gestuit gaan word. Maar dan sal ons veel meer georganiseerd moet raak met duidelike politieke, ekonomiese en kulturele doelwitte wat nagestreef moet word.

насосное оборудование харьковФильчаков прокурор харькова

VF+-leierskap het integriteit

Die 'probleem' met die VF+ is dat sy leiers eienskappe soos integriteit en doodgewone ordentlikheid besit. Dat hulle nie in retoriek en moddergooiery betrokke raak nie, maar met Christelike beskaafdheid en waardig optree.

Om genl. De Wet tydens die Rebellie te parafraseer: Ek sit liewer saam met sulke ouens op 'n mishoop as met verwronge 'beginsels' in die parlement.

Demografies het die Blanke in elk geval nie 'n kans nie, dus bly ek by my mense, mense met wie se beginsels en optrede ek my kan vereenselwig

светильники споты настенноЛобановский

Regses wag op ‘n leier

Uit wat ander briefskrywers vermeld, kan ons aflei dat daar voor 1994 omtrent 800 000 regses was. Hiervan was omtrent 450 000 ondersteuners van 'n volkstaat. Die volkstaters het toe die Vryheidsfront van genl. Viljoen gesteun. Sedertdien het 300 000 van hulle die Vryheidsfront+ verlaat.

Baie van die regses wat nie 'n volkstaat ondersteun het nie, kon moontlik sedertdien van gedagte verander het. Dus kan tussen 450 000 en 800 000 tans hulle steun aan 'n volkstaat toesê.

Waarskynlik wag hulle op 'n leier.

Sal 'n volkstaat bereik kan word binne die huidige stelsel of daarbuite?

Nie een van die rubrieke of briewe maak melding van die Volksraadverkiesingskommissie nie. Is hulle nie van hierdie opsie bewus nie of wil hulle nie daarvan bewus wees nie?набор инструментовФильчаков прокуратура харьков