Nasionale trots

Die jongste opname van Maatskaplike Gesindhede (SASAS) dui daarop dat Suid-Afrikaners die 6de hoogste vlak van nasionale trots in die wêreld het.

Met die eerste instink sal so ‘n stelling erg gegogga word, onder meer oor die blote vlakke van frustrasie wat aan die ontvang- en uitdeelkant van die nasionale stakings ervaar is.

‘n Paar maande gelede, met die wêreldbeker-sokkertoernooi in volle swang, sou so ‘n bevinding dalk minder vreemd voorgekom het. Selfs net die huidige vertoningslys van die Springbokke sal minstens ‘n deel van die gemeenskap in sak en as laat.

Wat ‘n mate van geloofwaardigheid aan die verslag verleen, is dat die land se mense oor die afgelope dekade ongelukkigheid oor aspekte soos werkloosheid, MIV, armoede en veiligheid ervaar het, en in die verslag uitgelig is.

Die interessantheid is die groeiende gewaarwording en ongelukkigheid met korrupsie, en teen hierdie agtergrond is die beplande media-muilband nie vreemd nie. In baie lande sou enige van hierdie aspekte immers hul regerings laat tuimel het.

Vanoggend word ook berig dat die SABC-raad voor druk van die ANC geswig, en die aanstelling van Phil Molefe as nuushoof bekragtig het. Opposisiepartye het dadelik kommer uitgespreek oor die onafhanklikheid van die SABC aangesien Molefe as ‘n kader met baie nou verbintenisse met die ANC beskou word.

Wanneer inligting beheer word, is dit in beginsel moontlik om die vorming van persepsies by ‘n gemeenskap minstens te vertraag, en terselfdertyd deur die voer van gelaaide inligting ‘n gemeenskap se gesindhede in sekere rigtings te stuur.

Juis weens die hoë vlakke van polarisasie is dit makliker om een gemeenskap teen ‘n ander af te speel en so die groter – die stemvee – in ‘n illusie van gelukkigheid gekoester te hou.

Intussen sal politieke wetenskaplikes en veral politieke sosioloë diep moet delf om te verklaar hoe dit moontlik is dat ‘n land met sy heterogeniteit, hoë vlakke van geweldsmisdade, veral die grootste meetbare inkomstegapingvlak ter wêreld, taalvertrapping, voortgesette rasbevoordeling wat ander benadeel, ‘n weermag met wiele wat met kougom vasgehou word, ‘n lamlendige buitelandse beleid jeens diktators en ‘n groeiende bewuswording van korrupsie die sesde hoogste vlak van nasionale trots ter wêreld kan geniet.

Die land bied baie, soos van die mooiste natuurskoon in die wêreld.

Daar is egter ook baie vlieë in die salf, en as hierdie vlieë nog soustrein ry, is daar ‘n skroef los.

no deposit freeАлександр Фильчаков Васильевич

België se einde?

Die jongste verwikkelinge in die Belgiese politiek dui daarop dat die skynbaar onvermydelike, die verdeling van België in onafhanklike state van Vlaandere en Wallonië nou ‘n werklikheid kan word. Pogings om ‘n kabinet vir die land saam te stel het na drie maande in ‘n grag versuip, soos ook in die naburige Nederland.

Hoewel die hoofstroomdenke in Vlaandere ‘n onafhanklike, republikeinse Vlaandere is, is dit ook nie so eenvoudig nie. Die grens tussen Vlaandere en Nederland is oorspronklik erg kunsmatig bepaal nadat die 80-jarige oorlog tussen Nederland en Spanje gesluit is. In wese het die Nederlanders destyds nog nie daarin geslaag om hulle hele land van die Spaanse juk te bevry nie, en is verskeie provinsies letterlik middeldeur gesny. Van hierdie provinsies het sterk eiesoortige streekdialekte, en in die geval van Brabants, kan moontlik selfs van ‘n eie taal gepraat word.

Destyds was daar wél ‘n verdelingsfaktor, naamlik die parallelle stryd tussen die Rooms-Katolieke en die Protestantisme, wat in die deel wat nou as Nederland bekend staan, in ‘n oorheersende gereformeerdheid uitgeloop het. Onlangse sensusgegewens dui egter daarop dat ook hierdie faktor nou afgewater is, met ook meer Nederlanders wat hulself as Rooms-Katoliek as Protestants beskou.

Tydens die jare van noue betrekkinge as die Benelux-lande, het talle huwelike oor die grens plaasgevind. Selfs die leier van die Vlaams-Nasionalistiese, en nou grootste party in Vlaandere, Bart de Wever is met ‘n Nederlandse vrou getroud. Hy self maak egter verenigingspraatjies af.

Die verskynsel wat nou waargeneem word, is ten dele toe te skryf aan sterker uitdrukking van volksnasionalisme terwyl daar op die oorhoofse vlak ‘n groter mate van staatsvorming plaasvind. In hierdie geval kan die Europese Unie reeds as ‘n konfederasie met sterk federale kenmerke beskou word. Aan die ander kant van die munt is die Walliese en Skotse parlemente heringestel, het die Baske en Kataloniërs in Spanje selfbestuur ontvang en streef na groter outonomie, en het die Friesiese kultuur ‘n sterk versuiweringsaksie deurgaan. ‘n Brabantse Bybelvertaling het enkele jare gelede die lig gesien en by die bekendstellingsgeleentheid, volgens die mediaberigte, was die Friesiese afvaardiging meer welkom as die Nederlandse.

In die proses waar middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte mekaar ontmoet bevind die staat België hom in ‘n posisie van nóg haring, nóg Franse brood. Waar die Franstalige Belge tradisioneel nie baie welkom laat voel is as moontlike toekomstige deel van Frankryk nie, het ‘n onlangse peiling aangedui dat die meerderheid Franse dit nou wel sal gedoog. Vir die Wale, wat nou op massiewe skaal deur die Vlaminge gesubsidieer word, sal ‘n onafhanklike Wallonië waarskynlik ‘n ramp wees.

Vir die Belgiese koningshuis sal ‘n verdeling waarskynlik rampspoedig wees. Die Vlaminge mik in dié stadium na ‘n republiek, en die Franse is ook sterk republikeins ingestel. Hoewel die koningshuis tradisioneel ook die hertog van Brabant-titel dra, word die monarge nie sterk met die Vlaamse deel van die land geassosieer nie.

Bitter baie water gaan nog in die see loop alvorens die staatkundige legkaart klaar gebou is.

трансформерылобановский политик

Rowers takel toe verkeerde kerk

Daar is tog ‘n verskil in die verloop van Zimbabwe se ontblanking en die soortgelyke vertrapping van blankes in die NSA. Dis nou vir my duidelik dat daar veral onder Afrikaners al baie meer vermag is in die vorm van weerstand as wat die blankes in Zim in hulle totale stryd kon monster. Ek sluit hiermee die Rhodesiese oorlog uit.

Ek maak bogenoemde stelling op grond van ‘n gebeurtenis hierdie afgelope Sondag by die APK op Rayton net buite Pretoria. Dis ‘n Sondag soos alle ander en die omgewing se mense is kerk toe. My swaer is op parkeerterreindiens. Die mense is net die kerk in, toe ‘n motor se alarm afgaan. Niksvermoedend gaan my swaer ondersoek instel, want verlede Sondag het ‘n motor se alarm ook gelol. Dis toe dat ta op hom afstorm met ‘n inbreektoestel en hom oopkloof net onder sy ken. Terselfdertyd sien die orrelis die groep swartes en maak alarm in die kerk. Binne ‘n oogwink is al die manne in die kerk uit en toe begin die aksie.

‘n Paar jaar lank is die veiligheidsgroep nou al geslyp deur al die plaasaanvalle en dinge gebeur sommer outomaties. Verskeie mans blokkeer die verskillende ontsnaproetes uit Rayton. Die radios gons, die polisie word gekontak. Twee maal word die drie makkers reg van voor af “chicken” mee gespeel en twee maal swaai hulle uit oor die sypaadjie. Uiteindelik spring hulle toe uit en laat spaander in verskillende rigtings die veld in.

‘n Boer sit een agterna met sy 4×4 oor drade en slote en trap hom vas. Dié was na sy arrestasie in so ‘n toestand dat die lugambulans hom moes casavac. Nommer twee is ook aangekeer en die derde het ongelukkig weggekom. Die polisie reken dis ‘n ou en gedugte bende wat lankal gesoek word.

Verskeie afleidings word uit hierdie een episode gemaak: Eerstens het ons hier te make met ‘n keelvol gemeenskap wat mekaar se belange as gedeelde belange sien. Tweedens eis hierdie gemeenskap ‘n bestaansreg op wat groter en beter is as wat die NSA regering kan bied. Derdens is hier al meer gedoen as net praat – die gemeenskap het homself begin handhaaf. Vierdens, dis ‘n Afrikanergemeenskap wat nie elders heen verhuis het in brokstukke nie, maar ingegrawe het.

Nouja – waar ‘n rokie trek…. Hierdie is maar net een terrein waar ‘n Afrikanergemeenskap hom self bewys het, Daar is vanselfsprekend ‘n dieper filosofie hieragter, want dinge kom nie sommer maar net vanself nie. Die boer in Zim het omgerol, maar hier by ons weet ek nie so mooi nie.

fruit casinoАлександр Фильчаков прокурор

Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof

Volgens Westerse wetenskap, wiskunde en kosmologie, kan die “Big Bang” nou herdoop word na “The Big Babe”, soos in: bielie-van-‘n-Baba.

In die “Kwantumlig” van Stringteorie – ‘n soort Westerse musiekteorie – was die heelal-oerknal eintlik die geboorte van ‘n nuwe baba, na ‘n “bevrugtingsbotsing” tussen ‘n meerdimensionele “pappa” en “mamma”-braan in ‘n lewende Multiversum.

In die 21ste eeu is wetenskaplikes, kosmoloë en ingenieurs wêreldwyd besig om met behulp Kwantum-Meganika en Stringteorie sowel as Termo- en Vloeidinamika, ‘n nuwe wêreldbeeld te bou, die sogenaamde “Teorie-Van-Alles”.

Hierdie nuwe wordende wêreldbeeld is sedert die begindae van Kwantum-Meganika misterieus, en word nou met die byvoeging van meer-dimensies en die sisteemkonsep van “Emergence”, dit is die Holisme van Afrikaner Jan Smuts, nog meer sakraal.

Hierdie opkomende wêreldbeeld is op Wikipedia sigbaar vir almal wat letterlik die lig wil sien, gelowiges sowel as ongelowiges, want dit is ten diepste ‘n teorie van lig, eerder as van gravitasie wat in die opkomende paradigma nie meer ‘n fundamentele verskynsel vorm nie.

Die wereldbeeldrewolusie vanaf Aardgesentreerd na Songesentreerd het honderde jare geduur, en geweldige groot en negatiewe politieke gevolge vir die destydse invloedryke kerk – aanvanklik een gesagvolle globale liggaam – gehad.

Die huidige wêreldbeeldomwentelling, vanaf Albert Einstein se Gravitasie-gebasseerde en goedkoop gedagte-eksperiment, na een meer Ligstraling-gesentreerd, met regte egte plasma-eksperimente in laboratoriums met peperduur masjiene, sal analogies ook groot gevolge vir vandag se globale gesagstrukture inhou.

Vir die Afrikanernasie is enige verandering in globale gesagsverhoudings voordelig, en ‘n paradigma wat neig na meer geloof – soos die opkomende Teorie-Van-Alles wereldbeskouing inherent impliseer, kan makliker ressoneer met die Afrikaner se tradisionele religieuse Christelik-Nasionalisme.

Hoewel die Afrikanerkultuurorganisme se Afrika-identiteit in sy taal gesetel is, benodig kollektiewe politieke Afrikaneraksie een of ander gedeelde tradisie en geloof.  Oor die komende dekades sal die huidige verdelende kakafonie van vrye gedagtes deur die opkomende Westerse wêreldbeeld se terugkeer na geloof en gesag getemper word. Voeg daarby die unieke Voortrekkertipe-omstandighede van Afrika, en die Skeppervader beskik oor ‘n vrugbare natuurlike omgewing vir die verskyning van ‘n grondig hervormde Westers-wetenskaplik Christelike geloof en gesag. 

Volgens die nasionalistiese digkuns van ‘n groot Afrikanergees, GA Watermeyer in Die republiek van duisend jaar, en wat elke ware Afrikanerleier moet glo en bely:

In Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die wysheid herontdek.

Klein windgerukte Westerloot
wat in die Suide stam kom stoot,
jy brei tot boom wat vrugte dra
oor breër grond as Afrika…как понять что тебе врутtopcargo отзыв

Afrikanerbanke

As jy dit nog nie self ervaar het nie, het jy seker al meermale gehoor van vriende en kennisse met eindelose frustrasies by dié banke waarvan sommige eens groot Afrikanerinstellings was.

Ons het so gewoond begin raak om deur volksvreemdes bedien te word. Uit frustrasie praat ons soms maar Engels net om gedoen te kry wat gedoen moet word – en selfs dít maak dit nie altyd makliker nie. Die internet help gelukkig dat ons minder in toue hoef te staan, maar soms moet ons tog iemand gaan spreek by ‘n bank. Daarvoor moet daar dan eers die nodige moed bymekaar geskraap word, want ons weet al watter avontuur wag. Om net oor te dra wat jou behoefte is (veral as dit nie deur die standaarddiens bevredig kan word nie), is meermale ‘n proses wat kreatiwiteit en deursettingsvermoë verg.

Ek hoor stemme opgaan wat sê: “Ons moet ons voet neersit en eis dat ons in ons eie taal bedien word.” Waarom? Wil ons altyd aan ander dienswillig bly? Waarom wil ons vashou aan instellings wat lankal nie meer aan ons behoort nie? Wil ons dít wat ons bymekaar kon maak nog langer onder die beheer plaas van persone en instellings wat, op hul beste, nie ons belange op die hart dra nie en nog meer geld in hulle sakke steek? Kon die Afrikaner nie in die verlede (al is dit ‘n geslag voor die meeste van ons) dit regkry om reuse-instellings op die been te bring nie? Ons het die vermoë. Ons het dit eenmaal gedoen en ons kan dit weer doen.

Net soos daar op alle ander terreine van ons volk se lewe na eie strukture gestrewe moet word (soms met innoverende idees), moet daar ook gestrewe word na instellings wat bankdienste aan, deur en terwille van die Afrikaner kan lewer. Deur verskillende entiteite wat outonoom funksioneer, word die risiko van ‘n oorname van ‘n groot suksesvolle instelling deur vyandige of gierige partye drasties verminder.

Daar het reeds drie “Afrikanerbanke” die lig gesien wat besig is om te groei en die pad voor te berei. Hierdie instellings werk met mekaar saam ten einde ‘n relevante bydrae te lewer tot die daarstel van ‘n groterwordende Volksekonomie.

Die drie instellings: Kleinfontein Spaar en Krediet Koöperatief, Orania Spaar en Krediet Koöperatief en Oranjekas, is spaar- en kredietkoöperasies wat in die proses is om om te skakel na koöperatiewe banke. In hierdie instellings en andere wat mag volg, lê die vermoë om die fondse van Afrikaners wat tans deur vreemde instellings beheer word vir eie gewin, oor te neem, te bestuur en fondse te genereer wat gebruik kan word om die belange (waaronder die strewe na selfbeskikking) van die Afrikaner te bevorder.

Uit die aard van die saak moet dit instellings wees wat in eie reg finansieel kan bestaan en kan die implementering daarvan nie met ‘n enkele daad afgehandel word nie. Daarom sal dit ‘n proses wees om te beweeg van die eerste basiese dienste na volledige bankdienste aan die volk.

Die drie instellings wat ek genoem het, is pioniers in die aanspreek van hierdie behoefte en het reeds ver gevorder in die realisering daarvan. Die basiese dienste van beleggings, lenings en spaarrekeninge (met beperkte toegang) kan reeds gedoen word, maar onderhandelinge is al goed op dreef om binnekort kaartfasiliteite en internettoegang beskikbaar te stel.

Die nasionale en selfs internasionale ondersteuning deur die vryheidsliewende Afrikaner van hierdie instellings en die oprig van nuwes kan ‘n tydvak van ‘n nuwe ekonomiese opbloei vir die Afrikaner inlei.

все персонажи мультфильмовпрокурор Фильчаков

Zuma: Bly hy of gly hy?

Vir ongeveer ‘n jaar lank verskil meningsvormers en kommentators oor die vraag: Is pres. Jacob Zuma se kierankies besig om uit te braai, of nie?

Hieroor sal nog kopstukke kopgestamp word.

In die een hoek is mense wat stewige argumente opper oor waarom die eindfluitjie besig is om vir Zuma te blaas. Die argumente is so geldig soos toe Willem Jordaan, adjunk-redakteur van Die Burger, die eerste keer hieroor geskryf het.

Diegene wat meen daar is nog ‘n tweede termyn vir Zuma in die vooruitsig, meen sy doemprofete pas westerse maatstawwe op Suid-Afrika toe. Hierdie argumente blyk ook in die kol te wees soos meningspeilings wat op groot gewildheid vir die president dui.

Min mense, enige plek ter wêreld, sou daarin kon slaag om as effektief ongeletterde, met ‘n geskiedenis van ernstige hofsake agter die blad, tot president te vorder.

Zuma se grootste bate, so blyk dit, is om alles aan almal te belowe, en daarmee geloofwaardigheid te behou, al bots die beloftes ook hoe erg. Uit die ou stamtradisie is ‘n hoofman as ‘n goeie hoofman beskou as hy saans van familievuurtjie tot familievuurtjie beweeg en aan die uitgebreide families vertel wat hulle wil hoor. Die afwesigheid van ‘n media wat oor alles berig wat die hoofman sê, het daartoe bygedra dat almal gelukkig kon wees, al het die hoofman in sy rondte ook erge teenstrydighede kwytgeraak.

Zuma het nie dié luukse nie – of het dit nog nie. Maar hy sal steeds by Julius Malema se geboortedorp aan die mense vertel Malema is ‘n toekomstige president van die land, en by Bultfontein se boertjiefees heerlik saamkuier en aandui dié geleentheid sal jaarliks deel van sy dagboek uitmaak.

Op RSG se program, Kommentaar, het die jongste groep deelnemers egter by voorbaat skeptisisme uitgespreek of dit wat Zuma met die mond beloof, in ooreenstemmende dade van sy ministers en amptenare gaan neerslag vind.

Zuma se mediavakansie is verby, iets waarvoor hy ook grootliks net homself kan blameer deur die ANC se mediabeperkingsplanne. Hy kan nou nie meer op ‘n media reken wat politiek korrek sal swyg wanneer teenstrydighede en verbreekte beloftes sou blyk nie.

As iemand nog getwyfel het oor of Zuma hoegenaamd in ‘n tweede termyn sou belangstel, dan het pogings om hom opnuut oor sy Shaik-bande te laat vervolg en sy reaksie daarop alle twyfel uit die weg geruim. Sy presidentskap word in effek as vernaamste verweer geopper oor hoekom die saak nie heropen moet word nie. Hoe langer hy in die stoel bly, en daarna dalk selfs ‘n poppemeester vanuit Lethuli-huis die septer swaai, hoe skraler word sy kanse om sy dag in die hof te kry. Daar is immers reeds ‘n groot magsoordrag van regeringsake na Lethuli-huis aan die gang.

Of die teenspoed Zuma se einde sal beteken of verhaas, sal die tyd leer. Een van die probleme waarmee Zuma se teenstanders te kampe het, is dat Zuma tipies van outokratiese leiers nie toelaat dat bekwame en dinamiese leiers in sy skadu groei nie. Niemand staan nou werklik uit as ‘n lewensvatbare alternatief nie.

Kommentators wys wel daarop dat adjunk-president Kgalema Motlanthe opnuut besig is om presidensieël op te tree. Sy naam duik ook al hoe meer in die media op as die man wat die land de facto, veral vanuit die parlement bestuur. Oor hoe goed hy in Lethuli-huis ingegrawe is, is egter minder duidelikheid.

гидроаккумулятор киевлобановский александр харьков

Natuurwette verklaar God onnodig

Die welbekende Oerknal verskynsel was ‘n logiese reaksie vannatuurwette. Ons weet dat daar ‘n Oerknal was te danke aan die Hubble-verskynsel wat bewys dat die heelal uitsprei, wat dan op sy beurt ‘n logiese gevolgtrekking tot stand bring dat daar ‘n sentrale oorsprongpunt was. Solank daar wette soos gravitasie is, sal iets uit niks konstant bly ontstaan. Gravitasie is ‘n skeppingskrag omrede dit kernfusie bewerkstellig wat sterre soos ons son laat ontstaan waaruit lewe ‘n byproduk is. Spontane skepping is die rede hoekom daar iets is, en nie niks is nie. Die Heelal het eenvoudig nie ‘n God nodig om dit te bewerk nie, die natuurwette sorg daarvoor en is uitroeping na ‘n God dus oorbodig.

Om hedendaags met al die kennis tot ons beskikking nog steeds oeroue God-kultusse aan te hang, maak eenvoudig nie meer sin nie. Dit is verbysterend hoe van hierdie kultusse hulle raklewe met omtrent 4000 jaar oorskry het.

4000 jaar gelede het die mense natuurlik nie hierdie dinge geweet nie en het hulle gode geskep om sin te probeer maak van hulle bestaan. Interessant dat hoe verder mens in die menslike beskawingstydlyn terugkyk, hoe meer politeïsties raak dit. Dit wil voorkom asof hierdie mense ‘n god nodig gehad het vir elke onverklaarbare natuurverskynsel. En dit was ook dan juis so. Ons sien dit in Semitiese Mitologie: El, Jahweh, Sjaddaj, Adoon en Elohim ens, Griekse mitologie: Zeus, Apollo, Hades, Athena ens, Romeinse mitologie: Jupiter, Liber, Mars, Pomona ens. en Germaanse mitologie: Wodan, Thor, Loki, Balder, Freya ens.

Maar hoe het die mens verstrengel geraak in hierdie kultusse? Een van die redes blyk vrees te wees soos hedendaagse navorsing bewys. Daar is ook ‘n onsettende obsessie met die dood en die na-dood en deur jare lange repetisie van dogma, het die eens vry gees gevange van die voorouers se gode geraak. Mens kan so ver gaan om te se dat die religieuse mens se gedagtes aan ander se idees van realiteit behoort.

Soos die mens vermoderniseer het, het hierdie gode oorbodig en dus minder geraak. Moslems het byvoorbeeld net vir Allah, die Jode Jahweh en Christene die heilige Drie-eenheid.

Ons is dus net een God weg van totale bevryding.


анжело люстрыданильченко юрий брониславович прокурор

Probleme soos sprinkaanplae

Soos opeenvolgende sprinkaanplae wat die land verteer.

Die profeet Joël het so na die lot van sy land verwys nadat ‘n korrupte samelewing aan die orde van die dag geword het. Vier sprinkaanswerms het op die land toegesak en alles verteer.

Die leier van die Christen-Demokratiese Party het ook dié vergelyking gebruik toe hy die situasie in Suid-Afrika beskryf het. Onder die probleme wat hy uitgewys het is die twee jaar agterstand met bloedtoetse vir dronkbestuur in die polisie se forensiese laboratorium.

Teen vanoggend sou nog ‘n paar jakkalsies bygevoeg kom word wat die wingerd verniel. Nog ‘n reisskandaal het die parlement geruk – as dié instelling nog oor so iets geruk kan word – en die onttrekking van polisielede aan die Lesothogrens om elders te gaan instaan vir stakers, dra by tot verskerpte misdaad oor die Lesothogrens.

Die grensbeveiligingskwessie is onlangs buite die hof geskik na Vrystaat Landbou die regering hof toe gesleep het oor sy versuim om sy burgers te beskerm. Nou beskuldig grensboere die polisie daarvan dat hulle nie hou by die gees van die ooreenkoms nie, en trek hulle nou weer die kortste lootjies – en dié keer is die lootjies éérs kort.

Op 8 en 9 September hou die landbou-unie, TLU-SA, sy jaarkongres. Die besprekingspunte, wat die landbou raak, kan ook as vier sprinkaanplae opgesom word: die veiligheidsituasie, grondhervorming, die vervallende infrastruktuur en klimaatsverandering.

Volgende jaar het die kiesers die geleentheid om in die nasionale landswye munisipale verkiesings die regering te straf omdat toegelaat is dat korrupsie in dié nepokratiese staat tot die vlakke kon ontwikkel dat dit self die eienskappe van Joël se sprinkaanswerms aanneem. (In die Engelse Bybel word vier verskillende soorte sprinkane vir die vier vlae beskryf).

Suid-Afrika is egter nie enige ander demokratiese land nie.

arabian nights gameФильчаков

Die omskop van ‘n holgevrete Afrikaans

Afrikaans se grootste bedreiging kom van binne, meen prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV se skryfskool in Potchefstroom.

Du Plessis ontken nie die bedreiging vanuit die geledere van die regering en ANC nie, maar meen dit is veel makliker om ‘n boomstomp om te skop wat van binne holgevreet is.

Hy gebruik die voorbeeld om in die ooste van Pretoria ‘n kleuterskool vir jou Afrikaanse kind te vind. Oral word verduidelik dit is veeltalig of dubbeltalig Engels, want oor ‘n paar jaar sal die kind nie meer in Afrikaans kan skoolgaan of werk nie.

Terwyl Afrikaanse musiek en literatuur blom – al laat die taalgebruik taalpuriste se bloed yskoud word, word die Indrafkafee op die platteland die Fast Food Cafe en die Altefraai-salon die Angie’s Beauty Parlour .

Du Plessis wys op die voorliefde wat Afrikaners so met elke eeuwending vir Engels ontwikkel, en meen dit geld nou weer.

Die spook, as’t ware, van Langenhoven se Wênderbaails loop weer.

Die internet word behoorlik oorstroom deur Afrikaans, maar daar skerm webmeesters wat omgee vir die vale: Gebruik tog ‘n goeie Afrikaanse speltoetser. Want dit wat opgedis word mag die mooiste klanke voortbring, maar die spelling doen die taal oneer aan. Kennis oor wat los, en wat vas geskryf moet word, het skynbaar heeltemal verdwyn.

Na maande se beplanning het ‘n Afrikaanse woongebied in Bloemfontein se inwoners hul GPF-borde gekry. Een van die ontvangers is ‘n dosent in Afrikaans, met die gevolg dat die borde eers teruggetrek moes word om die ergste spelfoute reg te maak. Die woorde wat vas moet wees, en wat los geskryf is, is egter net so gelaat omdat die herstelkoste te groot sal wees.

Dit mag wees dat ‘n gekibbel oor hoe die taal gebruik word terwyl die stryd om amptelike oorlewing en behoud as taal van hoër onderwys nog woed, die selfde soort luukse is as ‘n ter dood veroordeelde wat kibbel oor die kleur skoene wat hy met sy teregstelling gaan dra.

Ma’ check my mooi, my China, dis lekka groovy om dit in A-one Afrikaans te spin, ek sê.

Of moet miesies Wênderbail se vermaning aan die kinders wat in die agterplaas bietjie meer op die lot van Afrikaans toegepas word?: “ Children, come out of de after yard. You will tramp in de hounde strount!”  Of in Afrikaans: Moenie met die skoonste taal op Avbob se stoep speel nie.

тележки инструментальныелобановский александр игоревич класс

Stakers se boodskap aan die ANC-elite

Die huidige stakinglus van die NSA se werkerskorps is besig om ‘n crescendo te bereik, en reeds is daar vele teorieë oor die oorsprong en werklike rede vir die staking. Hierdie staking dreig om ‘n ander kleur en karakter te hê, as vorige jare s’n.

Augustus en September is tradisioneel stakingstyd, en dus verwag mens dit hierdie tyd van die jaar, maar die intensiteit is besig om ooglopend toe te neem, en dit lyk nie of die vakbonde enigsins hierdie keer ‘n toegeeflike houding teenoor die regering wil of gaan inneem nie.

Dit is baie duidelik dat die Cosatu / Kommuinistiese Party-alliansie vir die ANC duidelik wil wys dat dit nou tyd is om beloftes na te kom in ruil vir hulle ondersteuning aan Zuma met sy staatsgreep. Elke ding het sy prys, en dit is nou betaaltyd. Maar daar is ‘n groter motivering van die werkers se kant af, en dit is ‘n boodskap wat onderliggend al dringender deur die oerwoudtromme uitgedra word.

Op hierdie stadium het die werkers agtergekom dat, in terme van die Orwelliaanse staat wat die ANC geskep het – “some animals are more equal than others”. En hulle wil dit nie meer aanvaar nie. Daardie siek gees van materieëe aanmatiging waarmee die ANC-elite net ryker en vetter word, het ‘n breuk in die fyn balans geword. Veral in die staatdiens, dra baie werkers kennis, en is bewus van die vergrype en korrupsie van die ANC-politici en senior bestuurders en dit blyk dat hulle nou besluit het genoeg is genoeg. Die situasie in die staatdiens het nou onhoudbaar geword, met baie werkers wat stilbly oor bedrog, net om nie afgedank te word nie, en sommiges wat openlik gedreig word.

Die werkers se boodskap in hierdie staking, is direk aan die ANC -fat cats” gerig. Betaal ons beter, want julle kan nie alleen uit hierdie magsvergryp voordeel trek nie.

Dit plaas natuurlik die ANC-elite in ‘n baie netelige posisie, want sou hulle nie uiteindelik toegee nie, kan daar nare stories van hulle vergrype op die lappe kom. ‘n Groot persentasie van die geld wat deur senior staatsamptenare en politici se bedrog gegenereer word, word natuurlik ook na die koffers van die ANC gekanaliseer, en dit sou hulle nie graag in die openbare oog wil hê nie.

En wat ons moet onthou, is die meer as 50% wat die Afrikaner tot die staatskas bydra. Ons finansier al daardie bedrog, en uiteindelik die ANC. Hoe langer ons onder mekaar stry, en die beweging na ‘n soewereine Vryheidstaat uitstel, hoe langer dra ons tot ons eie verdrukking en slawerny by.

осушитель для компрессораФильчаков прокурор