Piet Croucamp, Pierre de Vos en die honde van Karl Marx

Tans vlieg daar steeds eposse heen en weer oor Piet Croucamp se anti-Christelike uitlatings waarvan ‘n opname onlangs na vore gekom het.

Om meer as een godsdiens of wêreldbeskouing in ‘n enkele land te akkomodeer, was nog altyd ‘n probleem. Ons voorouers met Franse vanne het in die Kaap beland vanweë die Bartolomeusnag toe Catherine de Médicis besluit het om die poorte van Parys te sluit en alle Protestante voor die voet dood te maak. Tot in die vroeë 1700s was daar nog godsdiensoorloë en ‘n sekere Marie Durand (‘n naam wat eintlik Afrikaans klink!) is in die suide van Frankryk vir 38 jaar in ‘n kerker opgesluit omdat sy verseg het om van haar Protestantse geloof afstand te doen.

roodt_fbfotoVandaar dus die Europese besluit om kerk en staat te skei. Ongelukkig sien ons tans hoe die sekulêre Europese staat nie meer in staat is om dié skeiding te handhaaf nie omdat Moslem-immigrante ‘n absolute siening van hul eie geloof handhaaf en dus verwag dat skole veral daarby moet aanpas en hulle moet toelaat om hul gebruike te handhaaf.

In ons land heers daar enersyds ‘n waardekrisis omdat ons nie meer in staat is om tussen reg en verkeerd te onderskei nie, en andersyds word daar ‘n soort appèl op sekularisme van die Europese tipe gedoen, maar dan sonder om werklik die geskiedenis en veronderstelllings daarvan te verstaan.

Die post-1994-staat is kwalik ideologies neutraal. Croucamp se aanval spesifiek op die Christelike godsdiens geskied vanuit ‘n chauvinistiese vooroordeel teenoor Christene. Hy sou byvoorbeeld nie dieselfde kwetsende opmerkings oor Islam of die Jodedom maak nie.

Of selfs Mandela se naam ydellik gebruik nie. Toevallig het ek ‘n week of tien dae gelede ‘n epos van iemand ontvang wat by sy werk afgedank gaan word omdat hy geweier het om aan die korporatiewe Mandeladag deel te neem! Hy is geskors en word dissiplinêr verhoor omdat sy weiering blykbaar die maatskappy in ‘n swak lig stel en boonop aanstoot aan swart werknemers gegee het.

‘n Mens sou vele intellektuele of akademiese besware teen Croucamp se “argument” kon inbring. Immers hou die bestaan, aldan nie, van God denkers en teoloë al eeue lank besig. Die wetenskap self is geensins absoluut nie (hoewel swaartekrag en ‘n paar ander dinge moeilik weerlê kan word) en Croucamp se beroep op Einstein as die teenpool van Christelike denke is op sy minste problematies, aangesien die moderne kwantumfisika, waaronder die teorie van die Oerknal, deelagtig aan sekere veronderstellings is wat in wese nie veel van byvoorbeeld Genesis verskil nie. Maar ek dink nie dis waaroor dit gaan nie.

Croucamp is heeltemal vry om op Christene te vloek en te skel – hoewel, ‘n mens sou wou sien dat hy ter wille van konsekwentheid dit na die ander Semitiese gelowe uitbrei, as hy oor die moed beskik – maar dan in sy persoonlike hoedanigheid. Die argument wat teen die bestaan van Afrikaanse universiteite gebruik word, naamlik dat die belastingbetaler geen ander taal as Engels mag subisidieer nie, geld seker ook vir die verkondiging van idiosinkratiese persoonlike vooroordele terwyl mens ‘n gesubsidieerde amptenaar is? Croucamp het insgelyks nie sy uitlatings oor ‘n breindood God en Christus in ‘n Melvillese kafee gemaak nie, maar blykbaar op die perseel van die UJ (wat eens die RAU was). Tensy die styl van akademiese debatvoering dermate agteruitgegaan het en deesdae nie meer van die gemiddelde kroeggesprek te onderskei is nie, meen ek ook dat Croucamp nie die vorm en reëls van ‘n akademiese of intellektuele gesprek nakom nie.

Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad het Croucamp ondersteun met die volgende woorde:

Die Grondwet beskerm nie gelowiges teen kritiek van hul Godsdiens nie net soos dit nie ateïste teen kritiek bescherm nie. Dan het ons ’n teokrasie. Dit beskerm almal se reg om te glo wat hulle wil en om wat hulle glo te verkondig (sien Grondwetlike Hof-uitspraak in S v Lawrence). U is dus geregtig om te glo dat die essensie van menswees is om te glo. Ander van ons het die reg om te glo die stelling is absurd en om dit te sê. ’n Akademikus se plig is nie om hom of haarself te sensureer om te voldoen aan wat sommige ander as fatsoenlike gedrag en denke voorhoud nie, maar om sy of haar eerlike sienings te gee, ongeag wat ander mag glo.

Dit wil voorkom asof De Vos vir hom en Croucamp absolute vryheid van spraak met staatsubsidie opeis, want die grondwet sou dit toelaat. Geeneen van ons het ooit tot hierdie grondwet ingestem nie en daar was nooit ‘n referendum daaroor nie. Ek voel my hoegenaamd nie deur die grondwet gebind nie en weier byvoorbeeld om te aanvaar dat ek en my nageslag aan regstellende aksie onderworpe moet wees omdat een of ander NP-amptenaar iewers dertig of veertig jaar gelede iemand sou te nagekom het. Dat die grondwet daarom carte blanche verskaf aan sogenaamde “tenured radicals” om die res van ons te beledig en eintlik haatveldtogte teen ons te voer, maak ook allermins sin.

Ons het ‘n nuwe Verligting in Suid-Afrika nodig. Want die soort onverdraagsaamheid van die Spaanse Inkwisisie wat deur Van Wyk Louw in sy gedig “Die hond van God” beskryf word, leef tans voort by wat mens “die honde van Karl Marx” sou kon noem. Ons land het die ideologiese uitskot van ‘n totalitêre Oos-Europa geërf. Tot 100 miljoen mense is deur die kommuniste uitgemoor, vele ook omdat hulle Christene was. Die studente in Pretoria wat ná ‘n Bybelstudiesessie by haar meenthuis in Pretoria aangeval, verkrag, met ‘n mes geskend en vir dood agtergelaat is, is maar een van die duisende gevalle waar gelowige Christene deur “vryheidsvegters” of “honde van Karl Marx” aangeval is.

Nietzsche se kritiek op die humanisme is ook ter sake, want die sogenaamde ateïs plaas bloot die mens op die troon van God en daarmee saam word die hele siklus van sensuur, onverdraagsaamheid en vervolging wat die Kerk in sy donkerste jare gekenmerk het, herhaal. Croucamp en vele ander het al oor en oor bewys hoe onverdraagsaam hulle is deur byvoorbeeld dissidente akademici aan te kla, hul spraakvryheid – selfs in hul persoonlike hoedanigheid weg van die kampus af – aan bande te lê en letterlike heksejagte teen hulle te onderneem. Deur Christus met Mandela te vervang en daarmee diegene te vervolg wat oneerbiedig teenoor “Nelson van Qunu” (teenoor Jesus van Nasaret) is, is ewe seer Middeleeus.

Pakistan en Indië het twee lande geword omdat Moslems en Hindoes nie saam in dieselfde land kon aanbly nie. Solank as wat die honde van Karl Marx ons in Suid-Afrika vervolg, ons spraakvryheid skend en die universiteite slegs katedrale vir anti-Christelike vloekers is, sien ek nie hoe die stelsel volhoubaar is nie. Ek sou eerder in ‘n verdraagsame Christelike volkstaat wou woon wat soos in die 1983-grondwet godsdiensvryheid erken, as in ‘n fanatiese, dom, totalitêre, sekulêr-fundamentalistiese soort Demokratiese Kampoetsja (die republiek van Pol Pot wat tussen 17 April 1975 en 7 Januarie 1979 bestaan het) waarin “akademici” dit as hul taak sien om slegs Christene (maar geen ander gelowiges nie) te beledig.

Demokratiese Kampoetsja is net soos Demokratiese Suid-Afrika gekenmerk deur etniese vervolging, anti-Christelike onverdraagsaamheid en terreur:

Massacres of ethnic Vietnamese and of their sympathizers, as well as destruction of Vietnamese Catholic churches by the Khmer Rouge took place sporadically in Cambodia under the Democratic Kampuchea regime, especially in the Eastern Zone after May 1975. By early 1978, however, the Vietnamese leadership decided to support internal resistance to the Pol Pot regime and the Eastern Zone of Cambodia became a focus of insurrection. In the meantime, as 1978 wore on, Khmer Rouge bellicosity in the border areas surpassed Hanoi’s threshold of tolerance. War hysteria against Vietnam reached bizarre levels within Democratic Kampuchea as Pol Pot tried to distract attention from bloody inner purges. In May 1978, on the eve of So Phim’s Eastern Zone uprising, Radio Phnom Penh declared that if each Cambodian soldier killed thirty Vietnamese, only 2 million troops would be needed to eliminate the entire Vietnamese population of 50 million. (Uit: Wikipedia)

Wat my betref, kan al die fakulteite van geesteswetenskappe aan die universiteite maar afgeskaf word, want hulle verteenwoordig kultureel-marxistiese kloosters wat geen kennis of kritiese denke aan studente oordra nie en bloot bestaan om hul arme slagoffers met hul negentiende-eeuse dogma te indokrineer. Pleks van miljarde rande hierop te vermors, kan vryskutnavorsers bloot vergoed word vir publikasies in geakkrediteerde tydskrifte. Aangesien die gemiddelde akademikus slegs een artikel per jaar produseer, terwyl hulle veel meer aandag aan hul heksejagte op “afvalliges” bestee, sal die land ‘n groot intellektuele inspuiting kry en daar ook veel meer mededinging wees, pleks van die huidige baantjies-vir-boeties-stelsel.

Maar dis weer ‘n ander debat.

Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof

Volgens Westerse wetenskap, wiskunde en kosmologie, kan die “Big Bang” nou herdoop word na “The Big Babe”, soos in: bielie-van-‘n-Baba.

In die “Kwantumlig” van Stringteorie – ‘n soort Westerse musiekteorie – was die heelal-oerknal eintlik die geboorte van ‘n nuwe baba, na ‘n “bevrugtingsbotsing” tussen ‘n meerdimensionele “pappa” en “mamma”-braan in ‘n lewende Multiversum.

In die 21ste eeu is wetenskaplikes, kosmoloë en ingenieurs wêreldwyd besig om met behulp Kwantum-Meganika en Stringteorie sowel as Termo- en Vloeidinamika, ‘n nuwe wêreldbeeld te bou, die sogenaamde “Teorie-Van-Alles”.

Hierdie nuwe wordende wêreldbeeld is sedert die begindae van Kwantum-Meganika misterieus, en word nou met die byvoeging van meer-dimensies en die sisteemkonsep van “Emergence”, dit is die Holisme van Afrikaner Jan Smuts, nog meer sakraal.

Hierdie opkomende wêreldbeeld is op Wikipedia sigbaar vir almal wat letterlik die lig wil sien, gelowiges sowel as ongelowiges, want dit is ten diepste ‘n teorie van lig, eerder as van gravitasie wat in die opkomende paradigma nie meer ‘n fundamentele verskynsel vorm nie.

Die wereldbeeldrewolusie vanaf Aardgesentreerd na Songesentreerd het honderde jare geduur, en geweldige groot en negatiewe politieke gevolge vir die destydse invloedryke kerk – aanvanklik een gesagvolle globale liggaam – gehad.

Die huidige wêreldbeeldomwentelling, vanaf Albert Einstein se Gravitasie-gebasseerde en goedkoop gedagte-eksperiment, na een meer Ligstraling-gesentreerd, met regte egte plasma-eksperimente in laboratoriums met peperduur masjiene, sal analogies ook groot gevolge vir vandag se globale gesagstrukture inhou.

Vir die Afrikanernasie is enige verandering in globale gesagsverhoudings voordelig, en ‘n paradigma wat neig na meer geloof – soos die opkomende Teorie-Van-Alles wereldbeskouing inherent impliseer, kan makliker ressoneer met die Afrikaner se tradisionele religieuse Christelik-Nasionalisme.

Hoewel die Afrikanerkultuurorganisme se Afrika-identiteit in sy taal gesetel is, benodig kollektiewe politieke Afrikaneraksie een of ander gedeelde tradisie en geloof.  Oor die komende dekades sal die huidige verdelende kakafonie van vrye gedagtes deur die opkomende Westerse wêreldbeeld se terugkeer na geloof en gesag getemper word. Voeg daarby die unieke Voortrekkertipe-omstandighede van Afrika, en die Skeppervader beskik oor ‘n vrugbare natuurlike omgewing vir die verskyning van ‘n grondig hervormde Westers-wetenskaplik Christelike geloof en gesag. 

Volgens die nasionalistiese digkuns van ‘n groot Afrikanergees, GA Watermeyer in Die republiek van duisend jaar, en wat elke ware Afrikanerleier moet glo en bely:

In Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die wysheid herontdek.

Klein windgerukte Westerloot
wat in die Suide stam kom stoot,
jy brei tot boom wat vrugte dra
oor breër grond as Afrika…как понять что тебе врутtopcargo отзыв