België se einde?

Die jongste verwikkelinge in die Belgiese politiek dui daarop dat die skynbaar onvermydelike, die verdeling van België in onafhanklike state van Vlaandere en Wallonië nou ‘n werklikheid kan word. Pogings om ‘n kabinet vir die land saam te stel het na drie maande in ‘n grag versuip, soos ook in die naburige Nederland.

Hoewel die hoofstroomdenke in Vlaandere ‘n onafhanklike, republikeinse Vlaandere is, is dit ook nie so eenvoudig nie. Die grens tussen Vlaandere en Nederland is oorspronklik erg kunsmatig bepaal nadat die 80-jarige oorlog tussen Nederland en Spanje gesluit is. In wese het die Nederlanders destyds nog nie daarin geslaag om hulle hele land van die Spaanse juk te bevry nie, en is verskeie provinsies letterlik middeldeur gesny. Van hierdie provinsies het sterk eiesoortige streekdialekte, en in die geval van Brabants, kan moontlik selfs van ‘n eie taal gepraat word.

Destyds was daar wél ‘n verdelingsfaktor, naamlik die parallelle stryd tussen die Rooms-Katolieke en die Protestantisme, wat in die deel wat nou as Nederland bekend staan, in ‘n oorheersende gereformeerdheid uitgeloop het. Onlangse sensusgegewens dui egter daarop dat ook hierdie faktor nou afgewater is, met ook meer Nederlanders wat hulself as Rooms-Katoliek as Protestants beskou.

Tydens die jare van noue betrekkinge as die Benelux-lande, het talle huwelike oor die grens plaasgevind. Selfs die leier van die Vlaams-Nasionalistiese, en nou grootste party in Vlaandere, Bart de Wever is met ‘n Nederlandse vrou getroud. Hy self maak egter verenigingspraatjies af.

Die verskynsel wat nou waargeneem word, is ten dele toe te skryf aan sterker uitdrukking van volksnasionalisme terwyl daar op die oorhoofse vlak ‘n groter mate van staatsvorming plaasvind. In hierdie geval kan die Europese Unie reeds as ‘n konfederasie met sterk federale kenmerke beskou word. Aan die ander kant van die munt is die Walliese en Skotse parlemente heringestel, het die Baske en Kataloniërs in Spanje selfbestuur ontvang en streef na groter outonomie, en het die Friesiese kultuur ‘n sterk versuiweringsaksie deurgaan. ‘n Brabantse Bybelvertaling het enkele jare gelede die lig gesien en by die bekendstellingsgeleentheid, volgens die mediaberigte, was die Friesiese afvaardiging meer welkom as die Nederlandse.

In die proses waar middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte mekaar ontmoet bevind die staat België hom in ‘n posisie van nóg haring, nóg Franse brood. Waar die Franstalige Belge tradisioneel nie baie welkom laat voel is as moontlike toekomstige deel van Frankryk nie, het ‘n onlangse peiling aangedui dat die meerderheid Franse dit nou wel sal gedoog. Vir die Wale, wat nou op massiewe skaal deur die Vlaminge gesubsidieer word, sal ‘n onafhanklike Wallonië waarskynlik ‘n ramp wees.

Vir die Belgiese koningshuis sal ‘n verdeling waarskynlik rampspoedig wees. Die Vlaminge mik in dié stadium na ‘n republiek, en die Franse is ook sterk republikeins ingestel. Hoewel die koningshuis tradisioneel ook die hertog van Brabant-titel dra, word die monarge nie sterk met die Vlaamse deel van die land geassosieer nie.

Bitter baie water gaan nog in die see loop alvorens die staatkundige legkaart klaar gebou is.

трансформерылобановский политик

Maak 'n opvolg-bydrae